| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:55 - (SA)
Mbeki se glips vererger die ongeluk Lizel Steenkamp
Parlementêre Beriggewer Benewens sy finansiële treurmares staar nog ’n krisis die Padongelukkefonds (POF) nou in die gesig: sy raadslede en uitvoerende hoof is onwettig aangestel. Alle eise groter as R5 miljoen wat sedert 1 Augustus 2006 deur die raad goedgekeur is, is dan onwettig uitbetaal. Só ook die eise groter as R3 miljoen wat die uitvoerende hoof, mnr. Jacob Modise, goedgekeur het. Dié debakel spruit uit die administratiewe fout wat pres. Thabo Mbeki in 2006 begaan het toe hy die verkeerde klousules van die POF-wysigingswet gepromulgeer het. Pleks van om die klousules oor die POF se bestuur en funksionering in werking te stel, het Mbeki weens die departement van vervoer se onbeholpenheid die klousules gepromulgeer wat eisbedrae beperk. Mbeki het dié fout ’n paar dae later probeer regstel deur die proklamasie te wysig. Adv. Marius Kruger, ’n regsgeleerde van Kaapstad wat hom toespits op POF-eise, het dié wysiging egter beveg omdat hy meen Mbeki het nie die mag om dit te doen nie. Die Pretoriase hooggeregshof het in September verlede jaar in Kruger se guns beslis en bevind net die parlement het die mag om ’n wet te herroep. “Hoewel die president die mag het om ’n wet in werking te stel, het hy nie die mag om ’n proklamasie te wysig of te herroep nie. Selfs al sou die wet die president die mag gee om dít te doen, sou dit ongrondwetlik wees,” lui die uitspraak. “As dít die geval is beteken dit die president het die mag om enige wet van sy voorgangers deur ’n proklamasie te wysig. Mens kan jou skaars die gevolge van soveel mag indink.” Die minister van vervoer het die POF-raad aangestel ingevolge die POF-wysigingswet wat dus pas deur die hooggeregshof nietig verklaar is. Dié departement, Mbeki en die POF het hom nou tot die konstitusionele hof gewend om hieroor te beslis. As dié proklamasie inderdaad ongeldig is, “hou dit potensieel groot chaos vir die fonds in. Dit sal nie net die POF benadeel nie, maar ook die eisers en ander persone en maatskappye wat deur die POF gekontrakteer is,” lui Modise se eedverklaring aan die konstitusionele hof. Volgens Modise beteken dit al 93 resolusies wat die raad sedert 2006 aanvaar het, is ongeldig. Boonop het die POF op aanbeveling van die raad sowat R150 miljoen se stelsels aangekoop om die fonds se werksaamhede te verbeter. Die konstitusionele hof sal na verwagting in Mei hieroor beslis.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|