News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 21:55  - (SA)  
Só lei Mbeki-fout tot POF probleme
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Mbeki se glips vererger die ongeluk
  • SA paaie oud en pê gery

  • Parlementêre Beriggewer

    ’n Administratiewe foutjie wat pres. Thabo Mbeki begaan het in die promulgasie van ’n wysigingswet kos die Padongelukkefonds (POF) tot R10-miljoen per dag.

    Dié wysigings, wat onder meer moet voorkom dat buitelandse toeriste die POF met buitensporige eise leeg tap, sloer al byna twee jaar. Dit sal die bedrag wat geëis kan word weens verlies aan inkomste deur ’n padongeluk tot R160?000 per jaar beperk.

    Ook sal net mense wat “ernstige beserings” opgedoen het van die POF kan eis. Dié wysiging sal die POF jaarliks R2,3-miljard bespaar.

    Byna 60% van groot eise – dié hoër as R5?miljoen – wat teen die POF ingestel word, is deur buitelanders. Die eise is meestal meer as R10-miljoen elk weens die swak wisselkoers, sê mnr. André Gernandt, finansiële hoof van die POF.

    ’n Switserse miljoenêr het vier jaar gelede ’n eis van R2,2 miljard teen die POF ingestel ná ’n motorfietsongeluk in Kaapstad. Die POF en die eiser sal in September ná arbitrasie in Switserland skik. Agterstallige groot eise van buitelanders het verlede jaar R575-miljoen beloop en dié van Suid-Afrikaners maar R157-miljoen.

    Die Raad op Finansiële Dienste, waghond oor die korttermyn-versekeringsbedryf, het die afgelope week aan die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer gesê die POF is bankrot.

    Mnr. Jacob Modise, die POF se uitvoerende hoof, het teenoor parlementslede erken die fonds se geld het al in Desember opgedroog – drie maande voor die einde van die boekjaar.

    “Ons moet uitbetalings terughou omdat ons nie kontant het nie. Die POF is tussen die duiwel en die diep see. Ons moet die fort hou terwyl die wetlike aspekte nie gebeur soos dit moet nie.”

    Die POF-wysigingswet is in 2005 goedgekeur, maar Mbeki het weens die departement van vervoer se onbeholpenheid per abuis die verkeerde klousules op 19 Julie 2006 gepromulgeer.

    Mbeki het die aankondiging twee weke later herroep en ’n nuwe proklamasie uitgereik. Maar die Pretoriase hooggeregshof het bevind net die parlement kan ’n proklamasie herroep en verander. Die departement van vervoer en Mbeki beveg die uitspraak nou in die konstitusionele hof.

    Mnr. Stuart Farrow, DA-LP, sê ’n maklike oplossing is dat die parlement die promulgasie herroep en ’n nuwe wysigingswet voorgelê word.

    Die departement van vervoer dring egter daarop aan om op die konstitu-sionele hof se beslissing te wag.

    “Hopelik gebeur dit in Mei. Indien nie sal ons aangaan (met die opstel van ’n nuwe wysigingswet),” sê mnr. Jeremy Cronin, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
    Ja
    Nee
    Eskom is nie te vertrou nie

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo