News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 21:55  - (SA)  
Twee wat Nel arresteer glo onregverdig bevoordeel en bevorder
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Adv. Gerrie Nel


Pretoria

Die polisie het glo twee van sy lede wat begin vanjaar betrokke was by die omstrede arrestasie van adv. Gerrie Nel, hoof van die Skerpioene in Gauteng, “onregverdig bevoordeel” deur hulle skielik te bevorder.

Altesame 106 polisielede onder leiding van kapt. Lana Els van Klerksdorp het ’n kollektiewe grief teen die polisie ingedien. Dít kom nadat konst. Ishmail Dawood die rang van inspekteur oorgeslaan het en bevorder is tot kaptein.

In dié grief wat deur die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) aangevoor is, word beweer Dawood, van die eenheid teen georganiseerde misdaad in Noordwes, se pos is nie geadverteer nie en dat hy nie daarvoor in aanmerking gekom het nie. Komm. Jackie Selebi, geskorste polisiehoof, het Dawood se bevordering onderteken nadat dit aan hom gestuur is.

Sr. supt. Ntebo Mabula, ’n kollega van Dawood wat ook betrokke was by Nel se arrestasie, is intussen bevorder tot direkteur. Ook kapt. Tsietsi Mano se bevordering tot senior superintendent is glo in ’n gevorderde stadium.

Nel is in Januarie voor sy vrou en kinders by sy huis in Garsfontein in hegtenis geneem deur meer as 20 polisielede, onder wie die drie bogenoemde mans, sonder dat daar ’n prima facie-saak teen hom was. ’n Week later is die saak teen hom in die hof uitgegooi.

Sr. supt. Pieter du Plessis, provinsiale hoof van kommunikasie in Noordwes, sê Mabula is op 1 November as provinsiale hoof van die speurdiens aangestel nadat dié pos vakant geraak het. Volgens Du Plessis is Mabula se pos soos enige ander pos geadverteer. Hy kon nie bevestiging kry van die bewerings dat Mano ook bevorder gaan word nie.

“Dawood se bevordering is deur die minister (van veiligheid en sekuriteit) goedgekeur ingevolge dieselfde regulasie waardeur speurder Piet Byleveld van super-intendent tot die rang van direkteur bevorder is.

“Dawood se bevordering spruit uit unieke misdaadondersoekmetodiek wat nie openbaar gemaak kan word nie,” sê Du Plessis.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo