| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:55 - (SA)
Moordverhoor ‘soos ’n fliek’ Chris Karsten
Knysna Die moordverhoor van ’n eertydse platejoggie van Knysna speel hom “soos ’n fliek” in haar kop af, sê ’n ma wie se enigste kind grusaam vermoor is. Die lyk van Victoria Stadler (20) is met brandwonde in bosse ontdek ’n maand nadat die lyk van nog ’n jong vrou, die 19-jarige Jessica Wheeler, in Knysna se middedorp gekry is. Die flambojante mnr. Heinrich van Rooyen (25) word daarvan beskuldig dat hy albei vermoor het. Hy ontken skuld. Getuienis oor Van Rooyen se losbandige naglewe terwyl die ma van sy twee jong seuntjies snags met ’n bord kos tuis op hom wag, het ’n stampvol rondgaande hof in Knysna die afgelope twee weke soos ’n fliek geboei. Maar vir twee ma’s was dit nie aangenaam om te hoor wat in die laaste oomblikke van hul dogters se lewe met hulle gebeur het nie. Me. Dusty Wheeler en haar familie het uitgestap voordat ’n polisievideo in die hof vertoon is van haar dogter se lyk. Dis geneem die oggend van 13 Oktober 2005 in ’n kerktuin naby die Stones-nagklub, waar Van Rooyen ’n platejoggie was. Die kamera verskuif in stilte na Wheeler se stowwerige handsakkie by ’n vertrapte blombedding, na haar twee tekkies, en dan na die lyk. Sy lê op haar rug, haar lang, bruinrooi hare uitgesprei. Daar is beserings en grond aan haar gesig; ’n sokkie aan een voet, die ander een kaal. Sy het ’n swart truitjie aan, oor haar onderlyf is haar blou denimlangbroek gegooi. ’n Forensiese patoloog het vroeër getuig sy het versmoor toe haar gesig enkele ure tevore gewelddadig in ’n blombedding gedruk is. Sy is ook gesodomiseer. Van Rooyen het Maandag in besonderhede beskryf hoe hy en Wheeler in die nagure voor haar dood in ’n parkeerterrein seks gehad het. Hy sê dit was met haar toestemming en ontken dat hy haar gesodomiseer het. Hy weet nie hoe semen met sy DNS-profiel in haar anus gekom het nie. Vroeër is getuig dat DNS van sy velselle onder Wheeler se vingernaels daarop dui dat sy hom kon gekrap het om haar te verdedig. Van Rooyen sê sy het hom uit passie gekrap. Me. Nadia Nell (23), sy saamwoonvrou, het getuig van krapmerke wat sy die oggend van Wheeler se dood aan Van Rooyen se rug gesien het. Van die krapmerke was so erg dat dit sy vel geskeur het. Toe sy hom daaroor uitvra, het hy dit “afgemaak”, en sy het dit gelos, want hy was bekend om sy losbandigheid, het sy gesê. Dinsdag het Van Rooyen met ’n spoggerige das en goudkleurige dasknip ook in besonderhede vertel hoe hy en Stadler mekaar in die oggendure van 10 November 2005 in haar wit Citi Golf gemasturbeer het. Sy wou nie intieme seks met hom gehad het nie, het hy gesê. Sy het hom daarna naby sy woonplek in Hornlee gaan aflaai en dieselfde nag verdwyn. Haar uitgebrande Golf is vyf dae later in die Noetziebosse naby Hornlee gekry. Haar lyk was ’n paar honderd meter van die wrak af. Die polisie het haar ma, me. Hannetjie Stadler, op die toneel van haar dogter se ontbindende lyk weggekeer, maar mev. Stadler het aan Rapport gesê sy kon duidelike brandwonde aan haar dogter se voete sien. Weens die toestand van die oorskot kon die oorsaak van haar dood nie bepaal word nie, ook nie of sy on-sedelik aangerand is nie. ’n Semenvlek met Van Rooyen se DNS-profiel is op die sitvlak van haar langbroek gekry wat by haar gelê het. Stadler se wit Golf het die afgelope week herhaaldelik in die verhoor opgeduik. Van Rooyen het getuig daar was die aand van hul “vryery” soveel van haar klere op die agtersitplek dat hy nie sy rugleuning kon terugslaan nie. Sy sou blykbaar die volgende dag na haar ouma in Mosselbaai gery het. Victoria het op Sondag 6 November van Nature’s Valley in Knysna aangekom en sou die Vrydag Mosselbaai toe gery het. Vier dae ná haar aankoms in Knysna het sy verdwyn. Sy is vermoedelik dieselfde nag vermoor.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|