| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:55 - (SA)
Minder weelde vir Else ná hul emigrasie Gavin Prins
Johannesburg Suid-Afrika se bekend- ste egpaar in Nieu-See- land moes duidelik ’n paar luukses opoffer vir die voorreg om hulle in dié land te vestig. Foto’s in Rapport se besit wys dat die huis van die sanger Jurie Els en sy vrou, Hestrie, in Auckland op die oog af sleg afsteek by die luukse woning op ’n spoglandgoed wat die Else in Pretoria verlaat het. In Pretoria het Vungu Place, Hillside Estate, vir die Else eksklusiwiteit en privaatheid verseker en hulle was bure van bekendes, soos die sangers Ghapi, Jakkie Louw en Robbie Wessels. Dié Els-huis was in Oktober verlede jaar volgens die koerant Sondag vir R2,3 miljoen in die mark. Dit het drie slaapkamers, ’n babakamer, ’n swembad en ’n roostuin. Toe kry die egpaar Els in Januarie vanjaar saam met hul dogter, Chrizette, en Jurie se ma, me. Tiny Els, koers na Battenburg Place, Torbay, ’n buurt in Auckland. Hier is dinge meer beskeie en hul huis is in ’n oop buurt geleë. Dis onbekend hoeveel slaapkamers dié huis het. Volgens Rapport se inligting is dié huis in Els se naam geregistreer. • Els is verlede maand deur die jong sanger Robbie Klay van molestering beskuldig. Sedertdien lê Els laag, vermoedelik in Battenburg Place, en beantwoord glad nie medianavrae nie. Die afgelope weke het beskuldigings oor en weer tussen Els en Klay gevlieg en regstappe het gevolg. Klay het ’n strafregtelike klag ingedien en sy ma, me. Jenny Liebenberg, dagvaar Els vir naamskending. Mnr. John Michael, woordvoerder van die polisie in Nieu-Seeland, het aan Rapport gesê hulle is bewus van die klag teen Els nadat die Suid-Afrikaanse polisie dit onder hul aandag gebring het. “Ons is in regstreekse verbinding met ons kollegas in Suid-Afrika en dit sal voortduur. Al die agentskappe wat verantwoordelik is vir wetstoepassing is in kennis gestel van die identiteit van die beskuldigde en die beweerde slagoffer. “Die uitlewering van enige persoon is in die hande van ons immigrasie-owerheid,” het hy gesê. Die saak word nog plaaslik ondersoek voordat daar besluit word oor vervolging.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|