News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  17°C  26°C
Jhb  6°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 21:54  - (SA)  
Smith sê Langes het groot steun
Eduan Roos    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Norman Arendse, president van Krieket Suid-Afrika. (Foto: Gallo Images)


Johannesburg

Die Suid-Afrikaanse krieketbaas, adv. Norman Arendse, hou vol dat Charl Langeveldt se onttrekking aan die Suid-Afrikaanse kriekettoerspan na Indië nie ’n terugslag vir transformasie is nie.

Hy sê dat swak kommunikasie eerder die skuld vir die omstredenheid moet kry.

“Charl Langeveldt is Charl Langeveldt oor die transformasiebeleid in Suid-Afrikaanse krieket. Hoe durf hy nou skielik sy neus optrek ná dit hom gebring het waar hy vandag is?

“Hoeveel van sy 59 eendag-wedstryde vir die Proteas het hy gespeel bloot as gevolg van die transformasiebeleid?”

Arendse het eergister van ’n reeks vergaderings van die Internasionale Krieketraad (IKR) in Doebai na Suid-Afrika teruggekeer.

“Swak kommunikasie deur die spanbestuur het dié drama veroorsaak. Langeveldt moes op die televisie in sy hotelkamer in Bangladesj hoor van sy insluiting en dat dit weens kwotas was,” het Arendse gesê.

“Nel het kort daarna by sy kamer ingebars om te hoor wat aangaan, so ek kan verstaan dat hy ontsteld was.”

Arendse sê dié gebrek aan kommunikasie veroorsaak dat swart spelers as kwotas bestempel word.

“Hulle is moeg daarvoor om só gesien te word en dít is waarom Charl onttrek het.

“Ek het hom reeds gekontak en hy het gevra dat ek hom ’n paar dae gee om oor sy toekoms te besin.

“Ek beplan om in die komende week weer by hom uit te kom – en ek sou ook graag met Nel wou gesels.”

• Intussen het Graeme Smith, nasionale kaptein, ook sy stilte oor die kwota-herrie verbreek.

“Om te sê dat die span nie erg omgekrap is oor dié hele drama nie, sal ’n leuen wees,” het Smith Vrydag gesê kort voor die span na Indië vertrek het.

“Dit is bo-aan die lys van dinge wat ons as span moet bespreek voor die eerste toets Woensdag begin.”

Volgens Smith is hy vandeesweek oorval met lof vir Langeveldt oor sy onttrekking.

“Almal respekteer Langes se besluit, maar dit word ál hoe moeiliker om op krieket te konsentreer as ek en die afrigter om middernag, die aand voor ’n wedstryd, van een emosionele speler na ’n ander se kamer moet hardloop. Dat ons hoegenaamd nog wedstryde wen is merkwaardig.”

• Mnr. Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, het by navraag gesê Langeveldt se onttrekking is ’n wekroep vir die land se krieketbase.

“Dit het die spelers se erge ontevredenheid oor teikens opnuut onder ons aandag gebring en dit sal beslis ’n invloed hê op die transformasiebeleid wat reeds hersien word,” sê Majola.

’n Komitee, onder leiding van die Oos-Kaapse prokureur John Smith, sal in April aanbevelings aan die KSA-bestuur doen nadat 25 van die land se voorste spelers in September ’n memorandum onderteken het waarin hulle die afskaffing van die kwotastelsel én Arendse se vetoreg eis.

Volgens Arendse sal daar deur die algemene raad van KSA gestem word oor dié aanbevelings.

“As daar besluit word dat die teikenstelsel én my vetoreg afgeskaf moet word, sal ek my daarby berus,” sê hy.

• Nóg Langeveldt nóg Nel wou kommentaar lewer.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo