News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  25°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  17°C  26°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 21:54  - (SA)  
Krieketbaas looi Langeveldt
Eduan Roos    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Charl Langeveldt in aksie teen die Wes-Indiese Eilande in Januarie vanjaar op Nuweland. (Foto: Sharief Jaffer)

Verwante Berigte
  • Smith sê Langes het groot steun
  • Krieket: Vonke spat tuis, maar Graeme-hulle betree dié week ... Indiese leeukuil

  • Johannesburg

    Die Suid-Afrikaanse krieketbaas, adv. Norman Arendse, het Charl Langeveldt gister snedig bygekom ná die Suid-Afrikaanse bouler se onttrekking aan die Suid-Afrikaanse toerspan na Indië omdat hy as kwotaspeler gekies is.

    Arendse sê die die kwotastelsel het van Langeveldt die speler gemaak wat hy is.

    “Daarom durf hy nie sy neus optrek vir transformasie nie,” het die krieketbaas gister gesê in reaksie op die jongste krieketstorm wat die afgelope week losgebars het.

    Arendse, president van Krieket Suid-Afrika (KSA), het ’n striemende aanval op Langeveldt gedoen nadat dié 33-jarige swaaibouler hom Dinsdag weens kwotas aan die Protea-span onttrek het.

    Langeveldt is verlede week in die nasionale span ingesluit nadat Arendse geweier het om die keurders se aanvanklike span – met vyf gekleurde spelers én André Nel daarin – goed te keur.

    Nel het in die slag gebly toe die span gewysig moes word om KSA se beleid van ses swart spelers in ’n toergroep van veertien uit te voer.

    Langeveldt het hom, ná vergaderings met die Suid-Afrikaanse spelersvereniging Saca, aan dié span onttrek en gedreig om internasionale krieket vaarwel te sê.

    “As spelers het ons gewoonlik ’n goeie idee van of ons ’n kans het om gekies te word.

    “Jy hoef maar net André se vertoningslys in toetse met myne te vergelyk en te kyk na die feit dat hy deel van die toetsplanne is en ek twee jaar lank nie ’n toets gespeel het nie,” het Langeveldt vroeër in ’n persverklaring gesê.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo