| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:54 - (SA)
Alle paaie lei na KKNK in Oudtshoorn Karin Burger
Oudtshoorn Patricia Lewis sê Nádine hét haar huis gekry ... Nadine sê aikôna. Die twee sangeresse se stryery oor die huis van R1 miljoen is dalk die rede waarom Nádine Vrydagaand nie na Lewis se Supersterr e-konsert by die KKNK genooi is nie. Die twee Supersterre-wenners, Shaun Tait en Kobus Mulder, was op die verhoog. Die sanger Nicholis Louw, wat R250 000 gekry het omdat hy Kobus verlede jaar afgerig het, was daar. Maar Nádine, Shaun se afrigter, het geskitter in haar afwesigheid. “Ek is glad nie na die konsert genooi nie en ek maak nie deel uit van enige van Patricia se beplanning rakende Supersterre nie,” het die 26-jarige Nádine by navraag gesê. Maar Lewis hou vol Nádine se weglating het niks met die onenigheid oor die huis te make nie. “Ons het ’n beperkte begroting gehad en toe besluit om Nicholis te nooi omdat hy die onlangse wenner se afrigter was. Ek weet nie waaroor Nádine nog aangaan nie. Sy het haar huis gekry.” Nádine het die huis by die wildplaas Shumba’s Rest in November 2006 gewen toe haar “leerling” die wenner van Lewis se Supersterre op SABC2 was. Sy is egter later hof toe omdat sy nog nie haar prys ontvang het nie. “Ons prokureurs het ses weke gelede al bymekaar gekom om die saak by te lê. Ek was onder die indruk dis afgehandel,” het Lewis gister verduidelik. Mnr. Gerhard van Zyl, baas van Allegro Property Services, wat besig is om Shumba’s Rest te koop, het gesê Nádine se huis sou op 1 Maart reg gewees het as dit nie so baie gereën het nie. Sy het intussen gebruikreg van ’n chalet op die wildplaas. Die maatskappy het ook aangebied om huurgeld aan haar vir haar huis te betaal totdat dit voltooi is. Nádine hou egter vol geen eiendom is nog in haar naam geregistreer nie. Dié sangeres sê sy fokus nou net op haar loopbaan en droom van nog ’n miljoen wat sy hoop om te wen. Sy hou deesdae haar lyf “aktrise” in ’n nuwe reeks TV-advertensies vir ’n gewilde vrugtesap. “Ek was juis in Januarie in Mauritius om die advertensie te verfilm.” Die advertensie word reeds op televisie uitgesaai. As deel van die advertensieveldtog kan die publiek inskryf vir ’n kompetisie om in Mei saam met Nádine en nog nege bekendes aan ’n skattejag op Mauritius te gaan deelneem. En die wenspan stap met ? R1 miljoen weg! “Ten minste weet ek dié R1 miljoen is werklik,” sê sy. Dis vanjaar Nádine se agtste KKNK. “Dit gaan oor die gees van die fees,” sê sy. “Hier is soveel verskillende geleenthede vir kunstenaars.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|