News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 21:54  - (SA)  
Vlakplaas-oopvlekker en moordenaar dalk gou vry
Estelle Ellis    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Almond Nofomela en mnr. Dirk Coetzee, oudbevelvoerder van Vlakplaas. (Foto: Argief)


Kaapstad

Die oopvlekker van die berugte Vlakplaas-moordbende kan binnekort ’n vry man wees.

Twintig jaar nadat hy ter dood veroordeel is weens moord kan die gewese veiligheidspolisieman Almond Nofomela ’n vry man wees.

Sy doodsvonnis is destyds in tronkstraf omgeskep en sy vrylating op parool is op hande.

Rapport het betroubaar verneem die paroolraad het reeds die groen lig vir Nofomela se vrylating gegee.

Maar die minister van korrektiewe dienste, mnr. Ngconde Balfour, het tot dusver geweier om die beslissing te bekragting.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die paroolraad dat só ’n probleem ontstaan. Regskenners het gesê daar is geen meganisme in die wet om die probleem op te los nie.

Nofomela is vanjaar 50 jaar oud. Hy het in 1979 by die polisie aangesluit en is die volgende jaar na die hoofkwartier van die veiligheidspolisie bevorder. Die doodstraf is in 1988 aan hom opgelê weens die moord op ’n boer van Brits, mnr. Hansie Lourens.

Op 19 Oktober 1989, enkele ure voordat hy die volgende oggend opgehang sou word, het hy ’n dramatiese bekentenis afgelê. Dit was oor moordbendebedrywighede van die destydse veiligheidspolisie se eenheid wat toe by Vlakplaas gesetel was.

In die verklaring het hy sy werk onder bevel van die omstrede Vlakplaas-offisiere Eugene de Kock en Dirk Coetzee uitgestippel.

Die destydse minister van justisie, mnr. Kobie Coetsee, het ter elfder ure Nofomela se teregstelling gekeer. Sy bewerings is toe eers deur die destydse prokureur-generaal van KwaZulu-Natal, adv. Tim McNally, en toe deur regter Louis Harms ondersoek.

Nofomela is in 1994 amptelik deur pres. FW de Klerk begenadig en sy vonnis is in lewenslange tronkstraf verander.

Hy het ook by die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) amnestie gekry vir sy rol in ’n reeks moorde wat die veiligheidspolisie gepleeg het. Dít sluit in die moord op die Durbanse prokureur mnr. Griffiths Mxenge in November 1981.

Hy het ook aansoek gedoen om amnestie vir die moord op Lourens, maar dit is geweier omdat dit nie ’n politieke misdaad was nie.

Nofomela het getuig hy en ’n vriend, ene Johnny Mohani, het beplan om die plaas te beroof waar Lourens gewoon het. Mohani het glo gesê daar is baie geld in die huis.

In dié amnestie-aansoek het hy beweer dit het hom ontstel dat Lourens hom ’n k*****r genoem het terwyl hy hard gewerk het om “wit mense te beskerm wat swart mense onderdruk”.

“Hierdie soort geweld is wat ek by Vlakplaas geleer het. Dit was die eerste keer dat ’n wit man my in my gesig ’n k****r genoem het,” het hy voor die WVK gesê. Later het hy egter gesê hy het Lourens vermoor omdat hy ’n vuurwapen gehad het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo