| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:54 - (SA)
Zim op 'n mespunt Z.B. du Toit
Pasop vir ’n herhaling van die bloedvergieting wat op Kenia se verkiesing gevolg het. Só het kenners dié naweek gewaarsku terwyl Zimbabwe op ’n mespunt was van dreigende geweld aan die vooraand van ’n hoogs omstrede verkiesing komende Saterdag. Sterk aanduidings van hernieude pogings deur die Mugabe-regime om die uitslag vir die derde keer met bedrog in sy guns te beklink en gelyktydige verrassende sterk steun vir die opposisie het ’n hoogs plofbare toestand geskep. ’n Internasionale krisisgroep vrees nou geweld soos wat op Kenia se bekookte verkiesing gevolg het. Dié bedreiging word verder vergroot deur die moont- likheid dat geen kandidaat ’n volstrekte meerderheid sal verkry nie. Dit sal ’n tweede ronde binne drie weke noodsaak en die reeds gespanne situasie vererger. Die huidige gevaarlike situasie is pas deur die gesaghebbende International Crisis Group (ICG) beklemtoon met ’n aanbeveling dat die internasionale gemeenskap gebeurlikheidsplanne beraam. Die Afrika-unie moet ook, soos in Kenia, gereed staan om as bemiddelaar op te tree in geval van “ ’n verwagte chaotiese en moontlike gewelddadige” toestand. Die wye sprake van ’n uitbarsting het ’n beleërde pres. Robert Mugabe Vrydag genoop om te waarsku dat geweld soos ná die verkiesingsbedrog in Kenia nie in Zimbabwe sal plaasvind nie. Mugabe het gesê die land het genoegsame veiligheidsmagte en sulke “onsin” sal nie geduld word nie. Die land se weermag- en polisiehoofde het vroeër ’n opskudding veroorsaak toe hulle gesê het hulle sal geen ander wenner as Mugabe aanvaar nie. Suid-Afrika se ANC het hierop in ’n ongekende stap die Zimbabwiese veiligheidsmagte in die openbaar gemaan om nie in die politiek in te meng nie en onpartydig op te tree. Daarby het ’n prominente burgerregtegroep, die National Constitutional Assembly (NCA), ’n beroep op lede van die Zimbabwiese veiligheidsmagte gedoen om nie die bevele van hul bevelvoerders te gehoorsaam nie. Die MDC-leier, mnr. Morgan Tsvangirai, wat volgens peilings stewig voorloop – 28% teenoor 21% vir Mugabe en 8% vir dr. Simba Makoni – het intussen laat blyk dat sy party nie weer ’n bekookte uitslag gaan aanvaar nie. In ’n onheilspellende uitlating het die MDC-leier op ’n partysaamtrek gesê “as Mugabe weer die mense se oorwinning steel, sal hulle sal dit nie aanvaar nie. Die mense moet hul oorwinning verdedig,” het hy volgens die Britse Times gesê. Die MDC beweer minstens 90 000 “spookkiesers” kom op die kieserslys (wat haas onverkrygbaar is) voor en dat nie minder nie as ’n agterdogwekkende 9,6 miljoen stembriewe vir ’n geraamde 5,9 miljoen kiesers gedruk is. Die Britse en Amerikaanse regerings en die mense- regte-organisasie Human Right Watch het gesê die situasie in Zimbabwe maak ’n regverdige verkiesing onmoontlik. Volgens die ICG “bestaan daar geen moont- likheid van ’n werklik vrye en regverdige verkiesing op 29 Maart nie”.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|