| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:54 - (SA)
‘As Zuma self moes opdok, was regskoste veel laer’ Sonja Carstens
Pretoria Mnr. Jacob Zuma misbruik belastingbetalers se geld om tot in howe in die buiteland te probeer keer dat bewysstukke vir die korrupsieverhoor teen hom bekom word, het me. Patricia de Lille gister gesê. “As Zuma uit sy eie sak vir sy regskoste moes opdok, sou die rekening veel minder as R9 miljoen gewees het,” sê De Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate. Sy eis dat Zuma gedwing word om dié geld aan die staat terug te betaal as hy skuldig bevind sou word. Zuma en sy regspan het teen gister nog nie ’n uiteensetting gegee van die R9 miljoen wat bestee is nie. Die verhoor van enige ander beskuldigde wat vir regsverteenwoordiging van die Regshulpraad (RHR) kwalifiseer, kos die belastingbe-taler gemiddeld R3 000 per saak. “Die staatsprokureur weier om verdere regskoste van Zuma te betaal totdat ’n uiteensetting van die R9 miljoen ontvang is,” sê mnr. Zolile Nqayi, woordvoerder van me. Brigitte Mabandla, minister van justisie. “Ingevolge die bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA), moet die staatsprokureur verantwoording doen vir elke sent wat bestee word.” Volgens Nqayi sal Zuma se verdere regskoste betaal word sodra die bewyse gelewer is. Mnr. Barnabas Xulu, administrateur van die Vriende van Jacob Zuma-trust, sê te veel klem word gelê op hoeveel geld vir Zuma se regskoste betaal is. “Hoekom word daar nie gekyk na hoeveel geld die staat al bestee het om Zuma te vervolg nie? Dit is immers in die openbare belang,” sê Xulu. Hy weier om te sê hoeveel geld die trust vir Zuma se regskoste ingesamel het.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|