| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
29/03/2008 15:52 - (SA)
‘Swak prestasie dompel SA in ekonomiese krisis’ Sonja Carstens en Lizel Steenkamp Pretoria en Kaapstad
Eskom het glo begroot om sy raad van direkteure bonusse van R10,3 miljoen te betaal – kort op die hakke van ’n bohaai oor die bonusse van R8,2 miljoen wat hy sy bestuurders in die vorige boekjaar betaal het. Die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) beweer dié uitbetaling van die R10,3 miljoen is goed versteek in Eskom se begroting. “Geen direkteur of bestuurder van Eskom is geregtig op ’n bonus nie,” sê mnr. Dennis George, hoofsekretaris van Fedusa. Maar Eskom sê sy direkteurs se prestasie word eers aan die einde van die boekjaar beoordeel. Eskom se boekjaar eindig môre. “Eskom probeer wegskram van die feit dat daar begroot is daarvoor. Dit is geld wat beter aangewend kan word om kragstasies te bou,” sê George. Fedusa het Vrydag in ’n dringende brief aan mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, geëis dat ’n moratorium onmiddellik op die uitbetaling van bonusse aan Eskom se bestuur en direkteurs geplaas word. “Dit is bitter hartseer dat alle Suid-Afrikaners onder geweldige prysstygings gebuk gaan en werkers afdankings in die gesig staar weens die elektrisiteitstekort terwyl Eskom voortgaan om ’n klein groep elite op sy raad te bevoordeel,” sê George. In dié brief aan Erwin, waarvan Rapport ’n afskrif bekom het, skryf George dit is “ironies” dat dié bonusse as “prestasiebonusse” beskryf word terwyl dit juis swak prestasie en ’n gebrek aan behoorlike bestuur by Eskom is wat die Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n krisis gedompel het. Fedusa en die twee ander vakbondfederasies in Nedlac eis dat moratoriums ook geplaas word op verdere tariefverhogings vir Jan en alleman en op die afdanking van werkers weens die elektrisiteitstekort. Boonop het Eskom in die aanloop tot die huidige kragkrisis glo só uitsonderlik gepresteer dat sy senior bestuurders meer as R8,2?miljoen se bonusse ontvang het. En dié aardige bedrag sluit nie die R26,7?miljoen se salarisse in wat Eskom sy bestuur van 1 April 2006 tot 31 Maart 2007 betaal het nie. Eskom sê in sy jaarverslag die vergoedingspakkette van die uitvoerende hoof, finan-siële direkteur en besturende direkteure word bepaal deur hul vaardighede, bydrae tot die organisasie se prestasie en die sukses van die groep in die geheel. Eskom se aandeelhouer – die regering – het die reuse-salarisse en bonusse goedgekeur en was sekerlik doodtevrede met die rigting waarin die kragreus op pad was. Luidens die finansiële verslae vir 1 April 2006 tot 31 Maart 2007: ) Was mnr. Thulani Gcabashe, Eskom se vorige uitvoerende hoof, se totale vergoedingspakket R6,17?miljoen. Dit sluit in ’n salaris van R4,62?miljoen (wat 18,5% hoër is as in die vorige boekjaar) en ’n prestasiebonus van R1,54?miljoen (wat tot 62% hoër is as in die vorige boekjaar). Hy het ook ’n huislening van R689?000 ontvang. As verdere vergoeding word R3,9?miljoen se prestasie-aandele einde vandeesmaand aan hom oorgedra. ) Mnr. Bongani Nqwababa, finansiële direkteur, se totale salaris was R2,89?miljoen en sluit ’n prestasiebonus van R856?000 in. Hy het ’n huislening van R3,346?miljoen ontvang. Boonop word R1,4?miljoen se prestasie-aandele einde vandeesmaand aan Nqwababa oorgedra. ) Mnr. Jacob Maroga, wat Gcabashe in Mei verlede jaar as uitvoerende hoof vervang het, het ’n salaris van R2?mil- joen gekry, asook ’n bonus van R1,1?miljoen en ’n huislening van R3,1?miljoen. Nog R1,45?miljoen se prestasie-aandele sal einde vandeesmaand aan Maroga oorgedra word.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|