News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

08/04/2008 12:54  - (SA)  
Staat kan onbeperkte mag kry om te onteien

Lizel Steenkamp

Parlement    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die minister van openbare werke sal nie net grond nie, maar énige eiendom kan onteien teen ’n prys wat s? bepaal as die voorgestelde Wetsontwerp op Onteiening teen Julie in werking tree.

Min. Thoko Didiza het dié wetsontwerp, wat ingrypende gevolge vir eiendomsreg in Suid-Afrika inhou, Woensdag in Kaapstad aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke ter tafel gelê.

Hoewel die wetsontwerp daarop gemik is om grondhervorming drasties te versnel, gee dit die minister onbeperkte mag om grootskaalse onteienings uit te voer.

“Die minister mag enige eiendom in openbare belang of vir openbare doeleindes onteien. Die onteiening is onderhewig aan regverdige en billike kompensasie soos omskryf in die wet,” lui hoofstuk 3 van die wetsontwerp.

Belanghebbendes het die volgende brandpunte geïdentifiseer:

) “Eiendom” is nie beperk tot grond of plase nie. Daar is tans geen bepaling wat die minister verhinder om ondernemings, huise, roerende eiendom soos vee en voertuie “in openbare belang” te onteien nie.

) Die onteienings is nie tot die platteland beperk nie. Grond kan ook in stedelike gebiede onteien word om byvoorbeeld vir goedkoop huisvesting voorsiening te maak.

) Die beginsel gewillige koper/verkoper word afgeskaf, want eienaars kan hulle nie tot die howe wend om onteiening teen te staan nie. Ingevolge die wetsontwerp sal howe alleenlik kan beslis of die regte administratiewe prosedure in die onteieningsproses gevolg is.

) Eiendom sal nie meer teen markverwante pryse onteien word nie. “Markwaarde alleen sal nie voorrang geniet wanneer vergoeding bepaal word nie. Die vergoeding moet ’n billike balans reflekteer tussen openbare belang en dié van die eienaar,” het Didiza tydens die voorlegging gesê.

) Die minister het volmag om die prys van onteiende eiendom vas te stel. Luidens die wetsontwerp sal howe nie meer oor vergoeding mag beslis wanneer daar dispute tussen die regering en die eienaar is nie. Die hof sal die minister net kan dwing om die onteieningsproses te herhaal as dit nie aan die wetlike voorskrifte voldoen nie.

) Die wetsontwerp gee die minister onbeperkte mag. Sy besluit of ’n eiendom onteien moet word en sy bepaal die vergoeding. Voorts stel sy mense van haar keuse aan om te dien in die nasionale en landswye onteieningsrade wat haar moet adviseur.

Agri SA en die FW de Klerk-stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte sê die wetsontwerp is “gevaarlik” en ongrondwetlik omdat dit Suid-Afrikaners se reg op toegang tot die howe beperk en voorskryf waaroor howe mag uitspraak lewer.

“Soos die wetsontwerp nou lyk, beteken dit die minister kan ’n groot erf in Bishopscourt (in Kaapstad) onteien vir goedkoop behuising. want dis in openbare belang. Sy sal ook ondernemings kan onteien, want die herverdeling van rykdom is tog ook in openbare belang,” sê adv. Nikki de Havilland, adjunkdirekteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte.

Didiza se kantoor is dié teenkanting te wagte. “Ons weet dis ’n baie emosionele kwessie en dat die wet omstrede is. Dis hoekom ons regoor die land sal gaan om openbare verhore te hou,” sê mnr. Mandla Mabuza, hoofdirekteur van die departement van openbare werke.

Volgens hom het “openbare belang” grootliks betrekking op grondhervorming en om historiese ongeregtighede reg tes tel.

“As dit in openbare belang is, sal die minister inderdaad ’n onderneming kan onteien. Maar ek kan my nie ’n situasie voorstel dat die minister op ’n oggend sal wakker word en besluit om ’n winkelsentrum te onteien nie,” sê hy.

Mnr. Lourie Bosman, president van Agri SA, beskryf dié wetsontwerp as “helse ingryping van die regering in ’n vrye ekonomie”.

Volgens hom word tot 6% van Suid-Afrika se bewerkbare landbougrond jaarliks in die vrye mark verhandel. “As die regering dié grond tot 2014 opkoop, sal dit maklik wees om grondhervormingsteikens te behaal.”


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Oh dear!!, 02/04/2008, Seaflower64
Believe me, I will burn my house to the ground - if I can't keep what I have worked my butt off to own, nobody will have it!! Eugene, our boereseuns are waiting to fight with you... We are all sick of apologising for being white and working hard for what we have
Eiendom onteiening, 01/04/2008, ISABEL WHELAN
Wel ek is nie 'n politikus nie, maar ek bly op een plaas wat reeds deur die grondeise opgeeis is en huur 'n ander wat ook reeds geeis is, nie een van die eisers wil daarop woon nie, en verhuur dit terug aan my vir 'n belaglike lae prys. Ek en my man "score" al die pad. DIt lyk my dis net vir die naam op die titelakte waaroor hierdie bohaai gaan, want self wil hulle nie daar bly nie. Inteendeel hulle het gese dat ons vir 5 jaar kan huur en eerste opsie het om dit weer terug te koop!!!
01 APRIL ;-), 31/03/2008, Ron B.
Ek kan dit nie glo nie. Morgen is het 01 April. Als het nieuws op 02 april nog overeind staat, ga ik me pas werkelijk zorgen maken.
Grond onteiening, 31/03/2008, Melinda
Dit bewys net dit het tyd geword dat ons nou as 'n suid afrikaner nasie bymekaar moet staan en ophou om mekaar in die rug te steek. Kom ons neem hande en baklei saam terug vir dit wat wettiglik ons sin is.Wie anders as ons self het vir dit gewerk wat ons tot dusver bereik het? Baklei vir wat joune is.
Kla en Kla maar wat doen ons daaromtrent?, 31/03/2008, Corrie Hendriks
Ons Suid-Afrikaners is regtig 'n snaakse Nasie. Elke dag kla ons omdat ons so tena gekom word, maar wat doen ons daaromtrent? Niks, ons verwag als moet in ons skote val, jammer maar in die lewe het ek geleer niks is verniet nie. Ja ons is oppad om die tweede Zimbabwe te word, en ons almal weet dit dit is net 'n kwessie van tyd. Gaan ons sit en toekyk hoe dit gebeur of gaan ons man genoeg wees en opstaan vir dit wat ons glo. Een ding wat ons moet besef is dat as ons nie iets gaan doen omtrent die situasie op hand nie, gaan dit defnitief nie die einde tot ons "strugle" wees nie.Ons kan nie saamstaan en baklei vir dit wat ons toekom nie, ek se julle oom Paul draai om in sy graf. En daar is baie swart mense wat saam met ons sal stem, dit is nie net die "wit man" wat geraak word deur "rasisme, verkragting, moord,misdaad ens" nie, dit is ons almal! Suid-Afrika,doen iets en hou op KLA!!!! Want niks gaan verander tensy ons dit verander nie!
Comming home a thing of the past now., 31/03/2008, South African Child NOW in London
I am South African born, and love my country. I voted for a fair and free South Africa, one in which all races are equal. I would love to come home and help build a new South Africa, but the South Africa which exists now is not one which is fair and free. The "Apartheid" racism has just been replaced by ?Affirmative Action? racism; you can call it what you like racism is racism. I don?t mind that the wrongs of the past need to be adjusted, but do not do so at the expense of our beautiful country. Many South African such as myself sit abroad and watch to see when we can return home to a land of equal opportunity and help rebuild South Africa. Since there is no time limit on ?Affirmative Action? I can not answer that question, as long as laws allowing ?Affirmative Action? and now this ?reclaiming of land? law exist we will not return home. We can only hope and pray that South Africa will not become another Zimbabwe.
Eiendom onteining, 31/03/2008, Bekommerd
Hier kom ? lelike ding. Hoe lank nog voor die bom regtig gaan bars. My suster immigreer Australia toe, en ek begin dit sterk oorweeg om dieselfde te doen!!
Eiendom onteiening, 31/03/2008, Dawie Pretorius
Ja nee, as dit so aangaan, sit ons een van die dae met niks en die ministers en president met alles, nes Zimbabwe. ek weet nie waar is die "common sense" agter die hele ding nie!! word wakker suid afrika, word wakker!!!!!!!!!!!
Eiendom onteiening, 31/03/2008, Nico de wet
Belaglik!!!! Ons is sterk opad om 'n Tweede Zimbabwe te word, verskil is, dit gebeur net stadiger.
grond onteiening, 31/03/2008, Gert Jacob's
Dit wil voorkom of die radikales in die ANC regering nie wil, sal of kan luister nie en kan ook nie verder as die noordelike SA-grens "sien" nie (of is dit iets soos: ..sover as hulle neuse lank is - 3D persepsie probleme..)? Die radikales vergeet met eentonige reelmaat dat sosialisme (die laaste keer) ook nie in Zim gewerk het nie en, dat China en Vietnam ook nie meer 'n verouderde sosialistiese ideologie aanhang nie (soos sommige van die ANC-kaders steeds doen). China se vooruitgang is te danke aan die afskaffing van sosialisme of hoe? Behalwe vir Kuba, is sosialisme en kommunisme dood en hopelik begrawe. Wakker word (of bly in 'n diepe slaap soos Mugabe) en beduiwel alles..!! Voorstel: Gematigde ANC-lede, breek weg van die ridikales - hul planne stuur af op 'n ramp.
Diktator, 31/03/2008, Andre
Suid Afrika lei onder die diktatorskap en rasisme van die ANC. Afrika was nog altyd net 'n kontinent wat verniel en verwaarloos, en was in algemmen nie 'n skepende koninent nie. Die ANC gebruik apartheid vir hulle eie gewin en nie vir hulle ondersteuners nie. Insluitende die ANC, wys my eenige politiese party in Afrika wat nie 'n vorm van diktatorskap is nie en dat hulle enige stelsels in plek het of werklik omgee om uit te sien wat die beste vir hulle land en mense is. Die ANC het tot dusver net alles gevat wat hulle nog nooit voor gewerk het of verdien nie. Alles is geneem deur wette in te stel om die ANC die mag gee om dit te doen. Suid Afrika wys al die tekens van agteruit gaan en om 'n werklike derde wereld land te wees.
Eiendom onteiening, 31/03/2008, Danie Gerber
Waarom het die ANC regering 'n nuwe wet hiervoor nodig? Gaan haal net die ou Apartheidswetgewing uit die argief en stof dit af. Dis mos nou die era van omgekeerde Apartheid. Wat toe verkkerd was is nou mos reg want dis swart op wit. Viva Azsania.
Onbeperkte mag , 31/03/2008, Phil Grahn
Hier kom 'n ding. Suid Afrika is die enigste land in Afrika waar daar nog eiensdomreg is, maar dit word stelselmatig verwyder. Dit is asof mense soos padda's is wat in a groot drom water is en wat stadig warm gemaak word. Net nou is almal dood.
Kommunisme!, 30/03/2008, Henry
Hierdie is 'n kommunistiese idee wat nooit eens daglig moes sien nie. Wat die staat nou probeer doen is om gedwonge herverspreiding van rykdom toe te pas. Wel, ek het nuus vir hulle. Ek het vir alles wat ek het hard gewerk, en as hulle probeer om hulle hande op iets te le, sal ek dit eerder vernietig as wat hulle dit kry. Hierdie is niks anders as gewettigde diefstal nie!
grondonteiening, 30/03/2008, Dr Barbara Venter
Dit is maar net bewys oor hoe inhalig die regering is. Hulle is jaloers oor wat die witman in 3 eeue bereik het, wat die swartman nie kon doen nie. Nou vat hulle wat hulle nie voor gewerk het nie. In 14 jaar van regering, kon hulle niks tot stand bring nie; alles het verswak. Die spoorwee is swakker as 'n honderd jaar gelede. Hulle moet tog net vir Bill en Melanda Gates laat weet dat, as hulle in Suid-Afrika sou koop, hulle alles kan verloor. Want swart mense kan net vat vat vat vat vat vat vat vat vat
Fokus eerder op onderwys., 30/03/2008, Anelda Grove
Dit gaan my verstand te bowe om te dink dat die regering soveel tyd aan en publieke geld op grond hervorming kan spandeer en dit terwyl die onderwys in so n toestand is. Om nie eers the praat van misdaad nie. Kan ons nie die regering vra wat hulle planne is vir die vervallende onderwys stelsel nie? Kan hulle nie meer tyd spandeer aan kwessies wat van absolute belang is vir die land se toekoms nie? Wat is die punt van grond vir almal as niemand oor die kundigheid beskik om dit effektief te bestuur en te bewerk nie?
Eiendom onteiening, 30/03/2008, ben de swardt
Hallo , Zimbabwe hier kom ons.Ons vergeet gou,ons is eintlik deel van Afrika.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo