| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/04/2008 20:10 - (SA)
Greytown kreun Marthinus van Vuuren
Greytown Greytown kreun onder die grootste stormloop wat dié dorp tot nog toe beleef het. Maar teen gistermiddag het sakelui dankbaar verklaar hulle hou nog by. “Dit is soos die verhaal van Jesus wat die vis en die brood uitgedeel het, met niks wat opraak nie,” het mnr. Bryan Pool van die Greytown-apteek die toeloop van mans opgesom. Hy is oorval deur konferensiegangers wat hul medisyne by die huis vergeet het. “Baie van die goed moet bestel word. Ons het nie die tekorte voorsien nie. Maar die meeste mense het dan maar gevat wat hulle kon kry,” het hy gesê. Die meeste van die winkel-eienaars in Greytown, ’n KwaZulu-Natalse dorpie met net 12 000 inwoners, het voorsorg getref en hul rakke betyds met ekstra voorraad volgepak. Maar teen Vrydagmiddag kon niemand help om die grootste verkeersknoop in die distrik se geskiedenis uit te stryk nie. Dorpenaars sê die tou karre buite Shalom, Angus Buchan se plaas, was 22 km lank. Party van die mans het ses uur gery om die sowat 80 km van Pietermartizburg na Shalom af te lê. Konferensiegangers het bekommerde familielede per ketting-SMS’e gevra vir gebede: “Karre staan 30 tot 40 km toue van alle kante af. Kan glad nie op kampterrein uitkom nie. “Bid dat God iets bonatuurliks doen sodat daardie mans wat tot daar gekom het, by die Angus-kamp kan uitkom!” Ander SMS-gerugte, dat die dorp sonder brandstof en kosvoorraad sit, was ongegrond. Duisende konferensiegangers het by die Greytown Spar aangedoen – talle op soek na warm klere of ekstra kampeertoerusting. Volgens mnr. Essop Sayed, eienaar van die winkel, is hulle ook oorval deur konferensiegangers wat braaivleis, broodrolletjies en wegneemetes wou koop. “Hulle kom veral tussen die kerkdienste deur vinnig iets koop. Gelukkig het ons genoeg warm klere in voorraad.” Volgens Sayed is bykomende voorraad gister deur die dag by sy winkel afgelewer. Lowlands Gourmet Meats, die dorp se slaghuis, het teen gistermiddag oorgenoeg vleis en braaivleis op sy rakke gehad. Me. Tessa Coetzee, bestuurder van die dorp se Engen Quick Shop en Barcello’s-wegneemetes, vertel die mans het Vrydagaand tot in die middernagtelike ure nog haar winkels volgepak. “Die eetplek kon Saterdag eers omstreeks 01:00 sluit en die Quick Shop was dwarsdeur die dag besig.” Coetzee vertel die vulstasie het genoeg brandstof, met ekstra vragte wat Vrydag en gister afgelewer is. “Dit is ongelooflik. Verlede jaar was hier so 7 000 mense en ons het ons vanjaar voorberei vir 30 000. “Die verkeer is vir die inwoners ’n kopsorg, maar gelukkig gebeur dit net een keer per jaar.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|