| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/04/2008 20:10 - (SA)
‘God se werk is groot’ Gerhard de Bruin
Greytown ’n Kwarteeu gelede het Angus Buchan sy gesin en besittings opgepak en gevlug voor die politieke onrus in Zambië. As ’n boer het hy weer ’n lappie grond gekry in Greytown – die dorp waar hy gister 60 000 Christen-mans aangemoedig het om weer man te word. Om ’n nuwe begin vir sy gesin te laat werk, moes Buchan baie teëspoed en struikelblokke oorkom. Gefrustreerd, brandarm en moedeloos is sy lewe aangrypend verander deur God toe hy tot bekering gekom het. Buchan (57) het in 2006 oornag ’n Christen-held geword nadat Frans Cronjé, broer van Hansie Cronjé, die rolprent Faith like Pota-toes vervaardig het. Sy geloof is verweef met sy voorliefde vir aartappels. Dit was toe hy na “ ’n teken van Bo” gesoek het in een van die ergste droogtes in dié gebied dat sy lewe onherroeplik verander het. Hy het teen die boerderyreëls in die gebied aartappels begin plant. Soos in ’n Bybelverhaal is hy deur ander boere uitgelag. Buchan het bly glo en nog twee plase bygehuur en dié ook met aartappels beplant. Hy het aanhou bid vir reën en sy gebede is verhoor: hy het een van die grootste aartappeloeste in Greytown se geskiedenis behaal. Vandag boer hy steeds, maar hy is nou meer bekend as ’n passievolle prediker, met ’n kerk en weeshuis op sy plaas. In 2004 het Buchan die eerste Mighty Men-konferensie op sy plaas aangebied. Sowat 240 mans het opgedaag. “Ons wou ’n geleentheid bied waar manne uit alle dele van die samelewing oor hul daaglikse probleme en vrese in die gesin, by die werk, en die swartgalligheid oor die land kon praat. Hulle kon mekaar dan vanuit ’n Christelike oogpunt raad gee en saam bid tot God vir leiding.” Twee jaar later het meer as 1 000 die konferensie bygewoon. Verlede jaar was daar 7 400. “God se werk is groot.” Die meeste mans is van Suid-Afrika, maar sowat 130 het van Australië gekom. Nog sowat 400 is van ander Afrikalande, soos Zambië, Zimbabwe, Namibië en Botswana.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|