| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Staatsamptenare verwag 11% verhoging Sonja Carstens
Pretoria Staatsamptenare maak hulle reg vir salarisverhogings van 10% of meer wanneer die jaarlikse verhogings van staatsdienswerkers op 1 Julie in werking tree. Die meerjarige salarisooreenkoms wat verlede jaar tussen staatsdiensvakbonde en die regering aangegaan is, bepaal amptenare kry vanjaar ’n verhoging gelykstaande aan die geprojekteerde verbruikersprysinflasiekoers sonder inagneming van die rentekoers op huisverbande (VPIX) plus 1%. Die presiese verhoging sal einde vandeesmaand bereken word. Die verbruikersprysinflasiekoers het die afgelope week vir die eerste keer in vyf jaar die dubbelsyferkerf verbygesteek en dit is onvermydelik dat dié syfer in amptenare se verhogings weerspieël moet word, sê staatsdiensvakbonde. “Amptenare sal niks minder as 11% aanvaar nie in die lig van die skrikwekkende prysstygings wat ervaar word. “Die werklikheid is dat alle werkers nou slegter daaraan toe is as verlede jaar. “Mense verloor hul huise en hul motors omdat hulle nie meer die paaiemente kan bekostig nie en het nie geld om kos te koop wat elke dag duurder word nie,” sê mnr. Fikile Majola, hoofsekretaris van die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu). Mnr. Barries Machakela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu), sê dié vakbond is erg bekommerd oor polisielede wat “dieper en dieper” in ’n geldnood vasgevang word en nóg skuld aangaan net om te kan oorleef. “Die verbruikersprysinflasiekoers is nou ’n dubbelsyfer. Daarom het die regering geen ander keuse nie as om ’n dubbelsyferverhoging aan amptenare te betaal. Dit kan nie gou genoeg gedoen word nie,” sê Machakela. Volgens mnr. Jon Lewis, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), sal die vakbonde alles in hul vermoë doen om die regering by die bepalings van die huidige ooreenkoms te hou. “Alle werkers, amptenare inkluis, se geldnood is só erg dat nie eens ’n 10%-verhoging hul situasie sal verbeter nie. “Die stygende inflasiekoers maak werkers dood,” sê mnr. Success Mataitsane, hoofsekretaris van die National Union of Public Servants and Allied Workers (Nupsaw). Volgens Mataitsane maak die salarisooreenkoms daarvoor voorsiening dat óf die vakbonde óf me. Geraldine Fraser-Moleketi, minister van die staatsdiens en administrasie, kan vra dat die partye terugkeer na die onderhandelingstafel as daar ’n geskil is oor die verhoging wat toegestaan moet word. “Nie een van die partye het dit gevra nie, dus behoort ’n verhoging van 11% op 1 Julie aan amptenare toegestaan te word sonder dat ’n haan daaroor kraai,” sê Mataitsane. Mnr. Danny Adonis, hoofbestuurder van die Public Servants Association (PSA), sê die 7,5%-salarisverhoging wat ingevolge dieselfde ooreenkoms verlede jaar aan amptenare toegestaan is nadat duisende van hulle ’n maand lank aan ’n landwye staking deelgeneem het, is opgeslurp deur rentekoersverhogings wat daarop gevolg het. “Mense kry nou verskriklik swaar. Al die prysverhogings vreet hul geld op en hulle sukkel om te oorleef,” sê Adonis.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|