| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
SA rooiwyne se ‘gebrande-rubbersmaak’ onder vergrootglas Pieter Malan
Londen Kritiek van internasionale wynskrywers dat Suid-Afrikaanse rooiwyne soos gebrande rubber ruik en smaak, het die plaaslike bedryf genoop om wetenskaplikes te vra om dié smaak “te identifiseer” en te probeer vasstel waar dit vandaan kom. Die gewraakte “gebrande rubber”-etiket is iets waaronder Suid-Afrikaanse rooiwyne jare lank al ly, maar baie Suid-Afrikaanse wynmakers het tot dusver verkies om die kritiek te ignoreer of is skepties dat die smaak wel bestaan. Voor in die koor van kritici wat Kaapse rooiwyne as ondrinkbaar beskou, is die wynskrywer van die The Times in Londen, Jane MacQuitty. In ’n rubriek verlede maand beskryf sy die Kaap se top-rooiwyne – almal wyne wat 4½ sterre of meer in die Platter-gids verdien het – as cruddy, stomach-heaving and palate-crippling disappointment(s). Suid-Afrikaanse wynmakers, moeg vir haar genadelose aanslag, verwys na haar as “Calamity Jane”, maar MacQuitty is sonder berou. “Moenie al die pro-Kaapse twak lees wat jy in ander wynrubrieke lees nie,” waarsku sy – ’n klaarblyklike verwysing na ’n rubriek van die vermaarde wynskrywer Jancis Robinson wat in Maart in die Financial Times in Londen verskyn het. Hierin besing Robinson Kaapse witwyne as “die beste waarde vir geld ter wêreld” en wonder waarom die wyne so swak vaar teen hul mededingers van Kalifornië en Australië. Robinson kla egter ook oor Kaapse rooiwyne se earthy smaak, terwyl die Observer se Tim Atkin dié wyne beskryf as green, rubbery and jammy. Atkin sê deel van die probleem is dat die meeste mense in die Suid-Afrikaanse wynbedryf van die smaak hou en glo daar is niks verkeerd met hul rooiwyne nie, ’n verskynsel wat in die wynbedryf bekend staan as “kelder-palet”. Dié probleem word egter nou getakel met ’n wetenskaplike projek om die gebrande-rubbersmaak “te identifiseer” en te probeer agterkom wat dit veroorsaak, sê mnr. André Morgenthal van SA Wines, ’n organisasie wat verantwoordelik is vir die internasionale bemarking van die plaaslike produk. Morgenthal sê pleks van om te maak of die probleem nie bestaan nie of dit weg te wens, het die Suid-Afrikaanse bedryf tot die besef gekom dat kritiek soos dié van MacQuitty nie gaan verdwyn nie en dit op die lang duur baie skade kan aanrig. ’n Internasionale paneel wynproeërs is dus gevra om die Kaap se beste rooies te proe en dié met die gebrande-rubbersmaak uit te wys. Die wyne sal dan deur wetenskaplikes van die Universiteit van Stellenbosch se departe-ment wynkunde en deur laboratoriums in Duitsland ontleed word in ’n poging om die gewraakte rubber-aroma “te identifiseer”. “Uiteindelik wil ons weet waar dit vandaan kom en hoe ons ons wynmaakprosesse moet aanpas om dit in die toekoms te voorkom,” sê Morgenthal.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|