| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Britte maak prent oor apartheid-einde Pieter Malan
Londen Channel 4, Brittanje se grootste handelstelevisiekanaal, is besig met die vervaardiging van ’n televisie-rolprent oor die doodsnikke van apartheid. Die fokus in dié fliek, Endga me, is op die sonderlinge vriendskap tussen die Stellenbosse filosofie-professor Willie Esterhuyse en pres. Thabo Mbeki. Die rol van Esterhuyse, ’n voormalige Broederbonder wat in die 1980’s uit die Afrikaner-Broederbond bedank het, gaan gespeel word deur die Amerikaanse akteur William Hurt. Hurt het in 1985 ’n Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol in Kiss of the Spider Woman en is nóg drie keer vir Oscars benoem. Van sy ander bekende rolle was in The Big Chill en Children of a Lesser God. Esterhuyse (nou 71) en Hurt (58) trek effens na mekaar, maar Hurt is waarskynlik die ideale akteur vir die rol omdat hy dikwels intellektuele karakters in rolprente speel. Baie van die gewilde professor se oudstudente sal egter twyfel of enige akteur sy besonder swaar Afrikaanse Engelse aksent sal kan nadoen. ’n Woordvoerder vir Channel 4 het die afgelope week bevestig dat vervaardigers reeds besig is om tonele van Endgame in Kaapstad en Engeland te skiet. Endgame is geskryf deur Paula Milne, ’n bekende Engelse draaiboekskrywer wat reeds in Amerika en Brittanje bekroon is vir haar werk. Die regisseur is die Brit Pete Travis. Channel 4 hoop om die mini-drama van 90 minute in Februarie of Maart volgende jaar uit te saai. Die rolprent sal na verwagting fokus op die vriendskap tussen Mbeki en Esterhuyse en die rol wat die Afrikaner-professor gespeel het as boodskapper tussen die ANC en die regime van pres. P.W. Botha. Esterhuyse is in die verlede veral geloof vir die geheime ontmoetings wat hy in 1987 en daarna in Londen gehad het met Mbeki. Die fondamente is toe gelê vir die latere formele ontmoetings tussen die Nasionale Party en die ANC. Destyds het Esterhuyse, met die volle medewete van die ANC, ook aan dr. Niel Barnard, die destydse hoof van die Nasionale Intelligensiediens, oor hierdie ontmoetings verslag gedoen. Die rol van Mbeki (nou 65) in sy veertigs word gespeel deur Chiwetel Ejiofor (33), ’n Britse akteur van Nigeriese afkoms. In 2004 het Ejiofor een van die hoofrolle vertolk in Red Dust, wat ook ’n Suid-Afrikaanse tema het. Dit handel oor die gebeure met die Waarheids-en-versoeningskommissie en is gegrond op ’n gelyknamige roman deur Gillian Slovo, dogter van die ontslape SAKP-leier Joe Slovo.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|