| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Gesin gestrand in buurland ná kind in bakkie vashardloop, sterf Willem Pelser
Inhassoro (Mosambiek) ’n Gesin van Grobersdal in Mpumalanga sit al meer as ’n week gestrand in Mosambiek nadat ’n Mosambiekse meisie deur een van die gesinslede raak gery en in die ongeluk dood is. Mnr. Rudi Labuschagne (24) en sy ouers, Johan en Beatrix, was deel van ’n konvooi Suid-Afrikaanse voertuie wat na die sentrale deel van Mosambiek op pad was. Die ongeluk het verlede Vrydag omtreeks 22:00 plaasgevind toe ’n laerskoolkind in die bakkie vasgehardloop het net buite Maxixe, sowat 500 km noord van die Lebombo-grenspos. Rudi sê hy het 75 km/h in ’n 80 km/h-sone gery. Alles het so vinnig gebeur dat hy nie kans gehad het om uit te swaai nie. “Ek was geweldig geskok toe ek die kind raak ry,” sê hy. “Ek het dadelik stilgehou, maar ek wou nie uitklim nie omdat ek nie veilig gevoel het nie.” Nagenoeg 200 mense het om die bakkie saamgedrom. Sy pa was in ’n ander voertuig en het met die kind hospitaal toe gejaag waar sy kort ná hul aankoms dood is. Rudi en ’n ander Suid-Afrikaner het op die ongelukstoneel op die polisie gewag. Omstreeks middernag het ’n polisielid opgedaag en Rudi polisiekantoor toe geneem. Sy paspoort, rybewys en die voertuig se registrasiedokumente is gekonfiskeer. Rudi moes die volgende oggend weer by die polisiekantoor aanmeld en is verbied om die land te verlaat. Maar die volgende oggend het niemand by die polisiekantoor geweet wat om volgende te doen nie. Rudi is meegedeel daar gaan ’n hofsaak wees voordat hy die bakkie kan terugkry. Die gesin het intussen ’n Mosambiekse prokureur aangestel en wag sedertdien vergeefs dat iets gebeur. “Niemand weet wat om volgende te doen nie,” sê Rudi. • Die polisiehoofkantoor in Maputo het met druktyd nie gereageer op navrae oor die Labuschagne-gesin se lot nie. Rudi het intussen sy paspoort teruggekry, maar omdat hy amptelik aangesê is om nie die land te verlaat nie, wil hy dit nie sonder toestemming doen nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|