News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Lys van voorvalle voordat 2 op aanloopbaan sterf
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Verskeie gevaarligte het die afgelope twee maande vir Altech Netstar geflits voordat ’n vlieënier en ’n lugopspoorder verlede naweek op die Randse Lughawe in Germiston in die aanloopbaan vasgevlieg het.

Rapport is in besit van dokumente waarvolgens daar reeds op 2 Maart ’n beweerde voorval was waartydens een van die National Airways Corporation se vlieëniers wat vir Altech Netstar vlieg saam met ’n lugopspoorder in die Lanseria-lughawe se lugruim gevlieg het terwyl die sig swak was. “Dit is ’n onveilige praktyk wat die vlieënier en die lugopspoorder se lewe in gevaar stel,” lui ’n dokument.

Me. Jane Kekana, die vlieënier wat verlede naweek dood is, was op 9 Maart betrokke in ’n voorval by die Randse Lughawe toe sy na bewering amper ’n petrolpomp getref het nadat sy glo te laat spoed verminder het. Agterna het sy en ’n vroulike lugbeheerbeampte ’n woordewisseling gehad. Kekana het aan kollegas gesê die vrou het ’n vete teen haar. Ondanks ongelukkigheid onder die lugopspoorders wat saam met Kekana en haar kollegas moes vlieg, is hulle gevra om op te hou kla en eerder oplossings vir die probleem te vind omdat selfs senior vlieëniers soms “foute” begaan.

Op 10 Maart was daar wéér ’n voorval. Dié keer het ’n vlieënier van Altech Netstar in die lugruim van die O.R. Tambo-lughawe ingevlieg sonder om toestemming van die lugbeheertoring te vra. In dié dokumente word die vlieënier se naam nie genoem nie, maar wel verduidelik hoe die toring aanvanklik vergeefs probeer het om met die vlieënier kontak te maak. Toe sy uiteindelik opgespoor is, moes instruksies aan haar “vier tot vyf keer” herhaal word. “Haar radiowerk was uiters swak en sy het aanhoudend oos en wes met mekaar verwar,” lui die dokument.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo