News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  17°C  21°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Talle klagtes oor vlieënier se bevoegdheid voordat heli val
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Peter-John Winterbottom (29) is ook in die brandende wrak dood.

Verwante Berigte
  • Lys van voorvalle voordat 2 op aanloopbaan sterf

  • Pretoria

    “Ons lewe word in gevaar gestel.”

    Dit is een van verskeie waarskuwings wat lugopspoorders van Altech Netstar tot hul bestuur gerig het oor die vliegvernuf van me. Jane Kekana (21), wat verlede naweek in een van Netstar se helikopters verongeluk het.

    Mnr. Peter-John Winterbottom (29), ’n lugopspoorder van Netstar, is saam met haar dood in die wrak, wat aan die brand geslaan het.

    Rapport is in besit van dokumente waarin Kekane, ’n werknemer van National Airways Corporation (NAC), en twee van haar kollegas se beweerde onbevoegdheid herhaaldelik aangemeld is deur lugopspoorders van Altech Netstar wat saam met hulle moes vlieg.

    “Ons plaas ons lewe in die hande van vlieëniers wat ons nie vertrou nie,” lui een van dié dokumente.

    Winterbottom se swaer, mnr. James Miller, sê die familie is platgeslaan oor beweerde klagtes oor die vlieënier wat saam het Winterbottom dood is.

    “Alles moontlik moes gedoen gewees het om sy dood te voorkom,” sê Miller.

    Volgens hom het Winterbottom voor sy dood aan ’n familielid gesê die vlieëniers saam met wie hy moet vlieg, is bitter jonk. Hy het nie veilig gevoel nie.

    “Die familie wil nie vingers wys nie, maar ons verwag dat ’n behoorlike ondersoek ingestel word na al die faktore in die aanloop tot sy tragiese dood. Ons het geen verduideliking van Netstar oor die vliegongeluk gekry nie, maar is beloof om ’n afskrif te kry van die finale bevinding in die amptelike ondersoek,” sê Miller.

    In die dokumente in Rapport se besit is Altech Netstar deur ’n lugtoringbeheerder aangesê om die probleme met die vlieëniers dringend te pak omdat tyd ’n sensitiewe faktor is wanneer na voertuie gesoek word.

    “Daar kan nie toegelaat word dat ’n onbevoegde vlieënier die lugruim betree nie,” lui nóg ’n dokument waarin lugtoringbeheerders opdrag gegee is om nie vlieëniers van Altech Netstar in hul lugruim toe te laat as hul bevoegdheid betwyfel word om instruksies korrek uit te voer nie.

    Volgens dié dokumente het mnr. Dave Shipton, bedryfsbestuurder van Altech Netstar, klagtes oor die drie vlieëniers onder NAC se aandag gebring.

    Luidens mnr. Eric Elphick van NAC se antwoord op 3 Maart wat ook aan mnr. Joel Stransky, Altech Netstar se besturende direkteur, gestuur is, is al drie vlieëniers aan intensiewe bevoegdheidstoetse onderwerp.

    “As ons voorsien kan word van die kriteria wat die lugopspoorders gebruik het om hulle onbevoeg te verklaar, sal ons met graagte die probleem op ’n ernstige en professionele manier takel,” lui Elphick se antwoord.

    Kekana en Winterbottom is op 26 April op die Randse Lughawe dood toe sy glo ’n vliegtuigloods getref het terwyl die helikopter opgestyg het. Sy het vermoedelik beheer oor die helikopter verloor en die aanloopbaan getref. Die helikopter het met ’n vol tenk brandstof aan die brand geslaan.

    Shipton het aan Rapport gesê daar was aanvanklik klagtes oor onder meer die vlieëniers se swak radiowerk, wat in verdere opleiding gepak is.

    “As daar ’n voorval was waar Kekana amper ’n petrolpomp getref het, sou die lughawe ’n amptelike klag by die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ingedien het.

    “Sover ek weet, was daar nie nóg klagtes nie,” sê Shipton.

    Mnr. Moses Seate, woordvoerder van BLO, sê die voorval word ondersoek. “Daar sal eers bepaal kan word of daar nalatigheid was wanneer die ondersoek afgehandel is,” sê Seate.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Nie die eerste keer, 07/05/2008, Bekommerd
    Ek wil net bevestig dat hierdie die tweede fatale helikopter ongeluk in Netstar se geskiedenis is. Die eerste was in 1999, waarin 'n ervare helikopter vlienier 'n ongeluk gemaak het en Netstar se 'airtracker' Rudi Graaff oorlede is. Die vliernier het oorleef. Die feit dat niks gedoen word omtrent waarkuwings wat die 'airtrackers' aan hulle bestuur gee nie, is kommerwekkend. Dit is skrikwekkend om te dink dat hierdie ouens heeldag en aldag hulle lewens in gevaar stel om te help om misdaad in ons land te bekamp. Hulle is die ouens wat weet (van hulle het 14 jaar se vliegondervinding!!!) wat gevaarlik is en wat nie. Dis tyd dat hulle BAIE ernstig opgeneem word.
    All specualtion - lets get the facts, 07/05/2008, Keith Dodd
    PJ had been my best friend since high school, and the shocking news of his death has just hit home. None the less, should the contents of this news paper report be correct, the responsible parties should be held accountable for the death of two young people, as this accident was clearly avoidable. I do not think allocating blame to the Pilot (Miss Kekane) is fair in retrospect. Miss Kekane had made a human error, (which we all do from time to time) which ultimately cost her, her life and that of PJ. I do not believe that it was intentional, however, it might have been avoidable had she been given the correct coaching and necessary training. I believe that should the allegations be correct in saying that several members of staff had voiced their concerns regarding the competency of the pilots being used by Netstar, and that no action had been taken, then those people are ultimately liable for the death of these two people. However, having worked for Netstar myself for many years, I can honestly say that Netstar do have an excellent reputation in terms of safety, and I would like to believe that all such issues would be attended to accordingly. In light of the above, I would to believe that Management at Netstar had taken their responsibilities serious and took their staff?s concerns to heart, in tern trying to prevent such unnecessary accidents, but until such time that facts are made clear, everything is mere speculation. For those friends and family of both parties concerned, may they both rest in peace. They are gone but certainly not forgotten. In closing I would like to bring to everyone?s attention that at this stage everything is mere speculation, let?s get the facts before we start allocating blame. The fact of the matter is, no matter what happens, unfortunately it will never bring those loved ones back, moving forward lets ensure that the necessary steps are taken to prevent it happening again to others. PJ May you rest in peace my dear friend, your legacy will live forever. Thank you for touching the hearts of many, by being your flamboyant self. We love you eternally. Keith
    Vliegramp, 06/05/2008, Rika de Villiers
    Zim voer wapens in om sy mense te vermoor, ons stel hulle aan as vlie?ers in ons lugdienste. Man is ons nie die w?ld 1000 jaar vooruit nie?
    Standaarde, 06/05/2008, JMC
    Enige iemand insluitend myself kan 'n helikopter vlieg of 'n groot skip ens. beheer, maar slegs as die nodige aanleg daar is en aan alle opleidingstandaarde voldoen is. As hierdie vlie?er so onbekwaam was soos beweer word, moet die standaard van haar opleiding bevraagteken word. Ongelukkig is dit geen geheim dat standaarde vandag verlaag word as gevolg van beheptheid met polities korrektheid. Die mens is die enigste lewende wese op aarde wat nie net swakheid duld nie, maar dit ook kultiveer.
    vlie?er se bevoegdheid, 06/05/2008, Nico de Jager
    Vir dieselfde rede sal ek nooit weer SAL vlieg nie - my en my gesin se veiligheid is belangriker.
    Heli ongeluk, 05/05/2008, Meraai
    Ek persoonlik dink nie dat dit as gevolg van regstellende aksie is dat die heli geval het nie. Ek kan dit vergelyk om 'n leerlingsbestuurder agter die stuur van 'n SAP "flying squad" voertuig te sit en se hulle moet verdagtes teen 200km/h op die hoofweg agtervolg. Enige iemand met 'n halwe brein sal nie so iets doen nie!!! Dit gaan hier oor die onbevoegdheid van die vlieenier en nie haar kleur nie. Onthou ook dat Altech Netstar vlieg honderde ure in 'n maand landswyd en dit is die eerste noodlottige ongeluk waarvan ek weet. Dit is net jammer dat iemand hulle lewens moes verloor voordat aksie geneem sal word. Ek wonder net hoe lank die ondersoek van die BLO gaan neem??? Miskien moet daar nader ondersoek gestel word oor hoeveel insidente daar al was in die laaste paar jaar en of dit as gevolg van die onbevoegdhede van die vlieeniers was... En wat as die lugopspoorders weier om in die helikopter te klim as hulle voel die vlieenier is onbevoeg? Leer ons tog nie ons kinders om nie saam met enigiemand in die kar te klim nie? Net 'n paar interessante vrae...
    Dis wat gebeur as..., 05/05/2008, Dr Gerhard Weber
    Jammer dat die tragedie ooit plaasgevind het - maar dis wat gebeur as velkleur voor bekwaamheid ingespan word.
    Helikopter Tragedie: Die groot vraag?, 05/05/2008, Connie
    Die geval was maar net baie opsigtelik. Hoeveel ander mense het nie al gesterf weens 'fast tracking' van 'huidiglik bevoordeelde' groepe nie. Paramedici, dokters, verpleegsters e.a. wat eenvoudig nie hulle werk effektief kan doen nie, want hulle weet nie wat hulle weet nie. Ons sal onsself ook seker in brandende fakkels moet verander soos studente in Indie gedoen het uit protes teen RA...
    Beheer en verantwoordelikheid , 05/05/2008, pieter
    Dis n tragedie. Altech bestuur kan alle moontlike verskonings uitdink, een ding is baie seker, Altech moes sekerlik die firma aangestel het wat hulle personeel moet "vervoer". Al die verskonings soos "ons was nie daarvan bewus nie" of " iemand moet onbevoegdheid kan bewys". Altech kon deurlopend voorkomend opgetree het duer met sy eie mense, wat elke dag vlieg, gepraat het oor veilig (of onverskillig) die. Waarom sou Mr Elphick meer informasie nodig he om "ernstig en professioneel na die probleem te kyk". Die feit dat iemand mense dood is , is werklik genoeg om ernstig te wees.
    Ouderdom nie faktor - opleibaarheid en vermoe wel, 05/05/2008, J Claassens
    Ouderdom kan nie as 'n faktor gelys word as na oorsake van die ramp gekyk word nie. Ons het letterlik honderde jong manne en vroue van 21 jr wat helikopters asook vegvliegtuie soos F14; F16 en F18 hier vir ons lugmag - US Air Force vlieg. Bevoeghdheid en vermoe (opleibaarhied) is die probleem. Johann, USA
    Kundigheid, 04/05/2008, Francois
    Ek verstaan die vlieenier se radio-werk was ook swak. "Roger" is seker soms vervang met "Eish!"
    Regstellende aksie, 04/05/2008, Creedob
    My innige simpatie met die familie van die jongman in die tragiese ongeluk, maar mooi man ANC en julle simpel plannetjies, ek skaam my as n Suid Afrikaner wat vir n olie maatskappy in Angola werk om te hoor dat ons Australiese personeel op n SAL vlug in Luanda geland het, min wetende dat daar geen, nul, bagasie op die vlug was nie, nou 4 maande later soek al die passasiers nog na hul goed, sies watter skande, maar gelukkig kyk hulle ook nuus hier en sien watter piesang republiek dit word.
    Helikopter tragedie, 04/05/2008, Bekomerd
    Wel ja dis as gevolg van regstellende aksie dat mense moet sterf. Dis tog siek man. Waarom iemand laat vlieg wat nie kan nie maar nou ja, hulle mkoet mos alles doen wat hulle nie kan nie.!!!!!
    Peter John, 04/05/2008, Tony Dodd
    PJ was a good friend of mine and our families were close. I wish that the powers that be in both Altech/netstar , NAC & Eskom . Relise the devestation of this seemingly avoidable accident. I'm not racist yet I agree that if these YOUNG LADIES were pulled from service there would have been an outcry. I do believe that if a true and in depth investigation is launched the maybe the truth we be seen. AA/BEE/BBBEE is not all together wrong but if standards are drop protocol ignored then we are all in trouble. My question is why was Jane Kekana not accepted and trained by the airforce and was there any political interferance with her appointment. (I know this is an Afrikaans site so my appologies - I am proudly a first generation boer seun)
    Regstellende Tragedie, 04/05/2008, hennie van zyl
    Tragies soos wat die dood van die 2 mense is, net so kan ons juig dat die "regstellende" net haarself en een ander lewe geneem het - kon soveel erger gewees het! So draai die wiel maar stadig - op verskeie tereine kan jy weg kom met onbevoegdheid, maar met vlieg NIE!
    helikopter, 04/05/2008, gert jacobs
    Ons gesin se innige simpatie met die afsterwe van die jong man - wat 'n tragedie. Doodgewone mense soos ek kyk en luister met bewondering na mense soos die heli-loots wat hier geskryf het; hulle is skerp mense wat oor kundigheid, vaardigheid en algemene wetenskap / fisika beskik. Dit sit nie in elke ou se broek om 'n heli te vlieg nie - jare se ervaring is nodig ('n 21 jarige is waarskynlik te jonk en boonop te onervare om die stuur van so 'n duursame en groot apparaat te neem). Wanneer hierdie regstellendes betrag word dan sien 'n mens iets by hulle wat enige redelike mens bekommerd laat nl. byna alles is 'n grap en omtrent niks word ernstig opgeneem nie. (Ek wonner of Eskom se CEO - the prince of darkness - dit saam met haar in dieselfde vliegskip sou waag)?
    ongelik, 04/05/2008, Frank
    Vas byt, sorry maak mos alles reg.
    Kwaliteit vlieeniers, 04/05/2008, Johan
    Ek is seker sou die swak vlieeniers uitgeskop word sou hulle reguit koerante toe gehaldloop het met bewerings van rassisme. Ook die feit dat hulle lisensies kry sonder dat hulle kan vlieg, of selfs praat oor die radio, bewys dat hulle duergevorseer is deur die vliegskool. Swak!
    Eskom, 04/05/2008, Gideon Ebersohn
    Eskom kan nie eers die land van krag voorsien nie wat nog tese van heli vlieeniers.
    Skrikwekkend!!!!, 04/05/2008, Gobabis
    Nogmaals skrikwekkend!!!!!!!!!!!!
    Verlaagde standaarde oral., 04/05/2008, Johann Wehrmann
    Die gebeurtenis is 'n tragedie, maar dis ongelukkig die werklikheid in Suid-Afrika. Onbevoegdheid heers op alle terreine van die samelewing a.g.v. regstellende aksie, en dit veroorsaak dat onskuldige mense met hulle lewens boet. Deesdae is regstellende aangestelde vlieeniers, geneeshere, polisiemanne, landdroste en alle ander professies se kundigheid onder baie groot verdenking, want kundigheid is nie die maatstaf waaraan regstellende indiensnemings gemeet word nie.
    Helikopter ongeluk., 04/05/2008, anton
    Ek het nogal gewonder waarom die ongeluk gebeur het toe dit op die nuus was.Nadat ek die berig vandag in Rapport gelees het kan ek nou duidelik verstaan hoekom dit gebeur het!Onbevoegde mense in onbevoegde poste en plekke is wat S.A kelder!!!!en ongelukkig kos dit soms onskuldige lewens in die proses ook!Wanneer gaan S.A wakker skrik???
    Helikopter tragedie, 04/05/2008, Koos
    Dit wys ons net weer waarheen die lugv aart in SA oppad is. Burger lugvaart doen en voel in elk geval niks want doen jy navrae, dan is dit die mees onprofesionelle antwoord wat jy nog gehoor het. Maar daar moet mos eers iets gebeur voordat die instansie iets doen.
    Tragies, 04/05/2008, Gus
    Dis tragies dat so iets moet gebeur. Dit blyk na n blote geval van EE/AA te werke. Nou moes iemand met hul lewe boet te danke aan dit. Tragies.
    Gelykstellende Askie = Moord, 04/05/2008, Helo vlieenier
    Asof regstellende aksie nie erg genoeg is en nou miks meer as " omgekeerde apartheid" is nie, lei dit nou ook tot moord. Hierdie dame is een van 'n groep wat deur ESKOM geborg is vir opleiding. 'n Paar maande gelede is daar met groot propeganda in die media vertel van die swart dames ( die punt is deur ESKOM se P.R. beklemtoon ) wat nou vir Altech Netstar gaan vlieg totdat hulle hoog spannings kabel inspeksies gaan doen vir ESKOM. As 'n gekwalifiseerde Helikopter vlieenier weet ek wat verwag word vir die tipe van werk. Selfs met Lugmag opleiding en "aktiewe diens" is dit 'n uitdagende beroep. Dit is jammer dat 'n onskuldige persoon moes sterf, hoekom vlieg die ESKOM bestuur nie saam met hierdie produkte van hulle nie???. Net soos met ander poste in ESKOM word bestuur se onbekwaamheid, en strewe om B.E.E, toe te pas, ten koste van onskuldige belasting betalers aan die kaak gestel.
    Helikopter tragedie, 04/05/2008, Wally
    Net in Suid-Afrika??
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo