| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Ma van vyf eerste SA vrou wat kunsvliegspan lei René-Jean van der Berg
Johannesburg Sy’s die ma van vyf, ’n sakevrou en vlieënier – van helikopters en vliegtuie. En nou het die 39-jarige me. Annie Boon van Johannesburg die eerste vrou in die land geword wat ’n kunsvliegspan in formasie tydens ’n lugvertoning lei. Boon gesels onophoudelik en beduie met wilde handgebare as sy oor haar liefde vir vlieg praat. Sy het as helikoptervlieënier begin vlieg en het ’n paar jaar gelede vir die eerste keer die stuurstang van ’n ligte vliegtuig as leerling-vlieënier vasgehou. “Eintlik is ek ’n agent in eiendomsbeleggings en ook die finansiële bestuurder van my man se onderneming,” vertel sy. “Dit was vir my heel lekker agter die stuur van ’n helikopter, maar ’n paar jaar gelede het ek ’n vliegtuig en ’n vliegkursus gewen. “Dit was vir my aanvanklik nie vreeslik opwindend agter die stuur van ’n vliegtuig nie, maar toe begin ek met kunsvlieg.” Die gogga het gebyt en formasie- en aërobatiese vliegkuns is nou behoorlik in haar bloed. Verlede naweek het sy die span van drie in hul Russies vervaardigde Yaks op ’n lugskou in Welkom gelei. Sy en haar twee mede-vlieëniers is vandag op die lugskou by die Randse Lughawe in Germiston aksie. “Ek was aanvanklik baie senuagtig toe ek besef ek gaan die eerste vrou wees wat ’n formasie van Yak-vliegtuie lei. Alles het egter baie goed verloop.” Haar spanmaats, twee mans, vertrou haar ten volle, sê sy. “Hulle ken my manier van doen en hulle is gemaklik daarmee. Seker omdat ek ’n vrou is,” sê sy laggend. “Ons kan multi-task.” Boon het al teen gesoute vlieëniers in verskeie kompetisies meegeding. Verlede jaar het sy aan die nasionale aërobatiese kampioenskapstoernooi deelgeneem. As een van die min vroue wat die vliegkuns as stokperdjie beoefen, sê Boon sy voel selde dat sy haar moet bewys. “Ons vlieg almal vir die lekkerte, maar dit sal heerlik wees as meer vroue aan kunsvlieg deelneem.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|