News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  7°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Vrae nadat professor in kragpaal vasvlieg
Marlene Malan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Ana Bela Goncalves (links), vrou van een van die Jabiru SP se mede-eienaars, vertroos mev. Sue Lindsey, vrou van prof. George Lindsey, die vlieënier wat in die ongeluk gesterf het. (Foto: Sharief Jaffer)


Durbanville

Net meer as ’n week nadat ’n dosent aan die Universiteit van Kaapstad (UK) voor sy huis doodgeskiet is, het nóg ’n senior personeellid Vrydag gesterf toe sy ligte vliegtuig buite Durbanville neergestort het.

Prof. George Lindsey (57), hoof van die departement molekulêre en selbiologie, is op slag dood.

Sy splinternuwe Jabiru SP-vliegtuig het in ’n kragpaal op ’n plaas sowat 2 km van die Fisantekraal-lughawe vasgevlieg.

Sy dogter, Claire (22), wat vroegoggend saam op die plesiervlug van die Morningstar-lughawe by Melkbosstrand vertrek het, se linkerbeen en -heup is gebreek. Sy moes uit die wrak bevry word en is in ’n Kaapstadse hospitaal opgeneem.

Twee lede van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het die toneel Vrydag besoek. Lindsey is blykbaar deur die opkomende son verblind en het nie die kragdrade gesien toe hy ’n noodlanding wou uitvoer nadat sy brandstof opgeraak het nie.

Lindsey was mede-eienaar van dié tweesitplekvliegtuig. Een van die ander twee eienaars, mnr. Fernando Goncalves, en sy vrou, Ana Bela, het Lindsey se vrou, Sue, ondersteun toe sy Vrydagmiddag laat alleen by die ongelukstoneel opgedaag het.

Lindsey het sy vlieglisensie by die Cape Town Flight Training Centre gekry ná sowat 70 uur vliegervaring. Om te kwalifiseer, is minstens 45 uur vliegtyd nodig, het Goncalves aan Rapport gesê.

“Ons verstaan dit nie, want daar was volgens die logboek nog 2½ uur se brandstof in die tenk. George het dit geweet, maar die vreemdste is dat die brandstof ná 15 minute op was. Dis hoekom hy móés land.

“Twee amptenare van die BLO het gister op die toneel die logboek nagegaan. Ons almal kon sien die tenk was so te sê leeg, maar 2½ uur se brandstof was aangeteken. Dit duur 15 minute om van Morningstar na Fisantekraal te vlieg.”

Die eienaar van die plaas Buurmanskloof, mnr. Thinus Enting, het saam met ’n plaaswerker 300 m na die ongelukstoneel gehardloop en Claire, wie se been in die wrak vasgepen was, bevry.

Prof. Lindsey was reeds dood.

Mev. Phindiwe Gwebu, BLO-woordvoerder, het bevestig die ongeluk word ondersoek.

• Lindsey, van Rondebosch, Kaapstad, was die soveelste UK-personeellid wat die afgelope drie jaar onnatuurlik gesterf het. Verlede week is prof. Kevin Rockford (opvoedkunde) reg voor sy huis in Mowbray doodgeskiet. En einde verlede jaar is prof. Mike Larkin (handelsreg) op pad na sy huis in Nuweland met messe doodgesteek. In Julie verlede jaar is prof. Neefa van der Schyf (musiek) in sy huis in Rondebosch vermoor.

In 2005 is vier senior personeellede vermoor.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo