News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Vryheid ‘moenie ten koste van SA wittes wees nie’
Charles Smith    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Welile Nhlapo.


Washington

Die vryheid wat Suid-Afrikaners nou het, mag nie ten koste van die wit mense in die land geskied nie, het Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, mnr. Welile Nhlapo, hier gesê.

Nhlapo het met die bekendstelling van ’n nuwe netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland betrokke te kry by hul geboorteland, Global South Africans, ’n pleidooi vir wit mense gelewer.

“Ek praat namens myself. Dit is ’n baie belangrike kwessie vir my,” het hy in die ambassade gesê nadat hy geluister het hoe drie wit Suid-Afrikaners van drie verskillende instansies gevra het dat mense by hul land betrokke raak.

“Ek staan hier as ’n trotse Suid-Afrikaner en hoor hoe my medelandgenote so positief oor ons land is. Op ’n manier is daar die vals indruk dat die vryheid wat Suid-Afrikaners geniet, ten koste is van ons landgenote. Dit mag nie gebeur nie,” het Nhlapo gesê.

Dit sal ook “verkeerd en selfs gevaarlik” vir die ambassade wees om nie Suid-Afrikaners hier op te spoor en in ’n gesprek met hulle te tree nie. Suid-Afrikaners moet die eienaarskap van hul land soos ’n kleinood hanteer, want net een groep kan die land verwoes – Suid-Afrikaners self.

Mnr. Dondo Mogajane, senior adviseur in die kantoor van die Wêreldbank se direkteur vir Afrika, het by ’n bekendstellingsgeleentheid by die instansie gesê al Suid-Afrika se probleme kom neer op een ding: die begrotings van departemente word nie bestee nie, want daar is ’n tekort aan vaardighede en vermoë. Die uitdaging is om wit mense wat die land verlaat het en wie se vaardighede nooit vervang is nie, terug te lok.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
SA verlate, 04/05/2008, Willie Liebenberg
Ek huil en verlang elke dag Huis toe.As misdaad en korrupsie uitgeroei word keer ek more terug.Ek sal my nooit kan vergewe as een van familie lede vermoor of verkrag word nadat ons teruggekeer het nie.
Jaag wittes weg, 04/05/2008, Carlo Booyzen
Ons is nou twee jaar in Saudi Arabia , land sonder misdaad en as daar is word dit sommer dadelik reggestel die koppe waai as jy hier probeer smokkel, vroue word nie aangeval of geryp nie. Meeste van ons Suid Afrikaners wat hier is wil nie eers meer terug gaan SA toe nie, en meeste mense het al hul eiendomme daar verkoop en soek 'n veilige vesting. As ons terug gaan, alles is so duur mens kan amper nie meer bekostig om daar te bly nie, petrol, kos, voertuie, water en ligte is onbekostigbaar vir die gewone salaris mense, wit, swart, bruin of watter kleur ons okal is. Groete
Nhlapo, 04/05/2008, GB
Dit is verbasend dat ANC-segsmense steeds hierdie tipe van versoenende geluide op internasionale verho?wytraak maar hierby die huis is die realiteite van diskriminasie teen al wat 'n witmens is steeds aan die toeneem. Die ANC se agenda is niks anders as totale oorheersing en onderwerping van blankes nie, maar steeds staar oorsese media hulle blind teen hierdie realiteit en word die ANC steeds as die "onskuldige" gesien. Ian Smith se uitlating dat ons in die eeu van die leuen lewe, bly steeds waar.
VRYHEID, 04/05/2008, ANDR?r> WAT BELANGRIK IS IS DAT NHLAPO S?EK PRAAT NAMENS MYSELF". SO HIER MOET ABSOLUUT NIKS IN GELEES WORD NIE!!!
Vryheid ?moenie ten koste van SA wittes wees nie?, 04/05/2008, Willie
Hierdie bek moet baie "jam" kry. Bring hom ook sommer saam met al die Suid Afrikaanse vaardighede in die buiteland terug en gee hom 'n ministers pos. As dit moet maak hom presidnt.
Vryheid ten koste van Witmense, 04/05/2008, DJ Malan
Goed en wel om die uitsprake te maak en dit is bemoedigend maar die feit bly staan,misdaad en korrupsie moet uit geroei word ten einde SA n veilige land vir al sy burgers te maak.Slegs dan sal Suid Afrikaners terugkeer SA toe en betrokke raak.
Jaag wittes weg, 04/05/2008, Jon
Onder die Mbeki-regime is daar lustige vermaak geskep deur alles -- tot wie die afrigter van die provinsie se O13 spannetjie mog afrig -- te "transformeer". Witmense is mos nie "verteenwoordig" van die demografie van die bevolkingsmeerderheid nie en moes dus skoert. Nou dat alles in duie stort wil die regime skielik meer geneentheid teenoor wittes toon, maar dis uit nood eerder as oortuiging. Sodra dinge weer vlot loop sal die roepkreet maar weer uitgaan om alles te "transformeer" en die nuttige wittes sal maar weer moet tjaila. Nee wat, bly maar liewer weg van die hele insinking en laat die nuwe swart eienaars maar hul eie heil uitwerk.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo