News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Oud-minister gaan agteruit ná moord op sy vrou, sterf
Erna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Jac Rabie en sy vermoorde vrou, Sandra.


Johannesburg

Die dood van oudminister Jac Rabie die afgelope week is die einde van traumatiese 15 maande vir sy familie.

Alles het in Desember 2006 begin toe dié eertydse minister van bevolkingsontwikkeling in die driekamer-parlement se raad van verteenwoordigers se tweede vrou, Sandra Schofield-Rabie (47), in hul huis in Boksburg vermoor is.

’n Vyftienjarige familielid en nog twee mans is kort ná die moord in hegtenis geneem.

Rabie se seun, Brian, het die afgelope week vertel die skok en trauma van die moord en die gesloer van die hofsaak was vir sy pa ’n marteling.

“Die verhoor moes in Oktober plaasgevind het, maar dit is uitgestel tot April vanjaar.

“Sy moed het in sy skoene gesak en hy het skielik agteruit begin gaan.”

Die 69-jarige Rabie se gesondheid het verder verswak toe sy eerste vrou, Angelina Lius, met wie hy weer ’n goeie vriendskapsverhouding gehad het, op 29 Maart oorlede is.

“Hy is op dieselfde dag as wat die verhoor moes begin (14 April) in die hospitaal opgeneem.

“Die emosionele trauma en stres het sy gesondheid gekelder en hy is Dinsdagaand dood.”

Maar Brian sê ondanks alles wat gebeur het, het die tragedies daartoe bygedra dat die Rabie-familie die afgelope jaar hegter bande kon smee.

Hy weet nie wat nou met die verhoor van sy familielid gaan gebeur nie.

Rabie was die hoofgetuie en die verhoor moet in Oktober vanjaar begin.

“Ons het die jong man maar afgesny van die familie.

“Dis moeilik om te verstaan hoekom hy so iets gedoen het,” het Brian gesê.

Mnr. Pik Botha, oudminister van buitelandse sake, was van die politici wat die afgelope week hul medelye aan die Rabie-familie te betuig het.

Rabie het in 1969 die politiek betree en in 1978 by die Arbeidersparty aangesluit.

Later is hy na die Nasionale Party.

Hy was minister van bevolkingsontwikkeling tot sy uittrede uit die politiek in 1994.

• ’n Verassingsdiens vir Rabie word Saterdag in die Reigerpark-gemeenskapsaal in Boksburg gehou.

Die diens begin om 10:00.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo