| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Walgprent ontvou van man wat 7 babas by dogter verwek Pieter Malan
Londen Sy kennisse onthou Josef Fritzl as ’n joviale man wat lief was vir sy bier en skurwe grappe. Maar voormalige bure sê die 73-jarige Oostenryker wat daarvan beskuldig word dat hy sy dogter 24 jaar lank in ’n kelder aangehou het en sewe kinders by haar gehad het, het soos ’n tiran oor sy huishouding geheers. Sielkundiges is nou besig om Fritzl se erg getraumatiseerde dogter en sy bloedskandelike kinders te behandel. En die afgelope paar dae het ’n meer volledige prentjie vorm aangeneem van dié uitgeslape leuenaar en obsessiewe tiran wat vir die weersinwekkende wandade verantwoordelik was. “Hy was duidelik die absolute heerser in die huis. Selfs op die kampeerterrein (wat Fritzl in ’n stadium bestuur het) was daar baie streng reëls wat niemand durf verbreek het nie,” sê mnr. Anton Graf, wat eens op ’n tyd grond aan Fritzl langs die Mondsee-meer verhuur het. “Hy was onbuigsaam sonder enige sensitiewe sy. Daar was reëls en dit was dit.” By die werk was Fritzl, ’n elektriese ingenieur, baie gerespekteerd, in so ’n mate dat hulle hom weer aangestel het nadat hy in 1969 ’n vonnis van 18 maande uitgedien het weens die verkragting van ’n verpleegster. Hy is baie duidelik ’n baie intelligente man. Hy móés wees om soveel geheime bevallings te organiseer, vir elkeen ’n alibi te hê en ’n atmosfeer te skep waar niemand dit waag om enigiets te bevraagteken nie, sê dr. Reinhard Haller, ’n Oostenrykse sielkundige. Graf sê Fritzl het op ’n dag in 1984 aan hom gesê sy dogter Elizabeth het weggeloop en by ’n kultusgroep aangesluit. Hy sê Fritzl het die storie met soveel oortuiging vertel dat hy geen oomblik daaraan getwyfel het nie. Die waarheid is egter baie meer sinister. Op die nag van 27 en 28 Augustus 1984 het Fritzl sy dogter Elizabeth (die vierde van sewe kinders) bedwelm, haar geboei en na ’n kelder in sy tuin geneem. Hy moes die plan al baie lank gesmee het omdat hy reeds ses jaar tevore begin het met die bou van die kelder. ’n Dag later is Elizabeth as vermis aangegee. Vir die volgende 24 jaar het hy haar daar aangehou en mishandel. Sy het in hierdie tydperk die lewe geskenk aan sewe van sy kinders (van wie een van ’n tweeling in 1996, kort na geboorte, oorlede is). Die oudste twee, Kerstin en Stefan, is in die kelder aangehou en die volgende drie, Monika, Lisa en Alexander, is in die huis deur hul ouma grootgemaak (wat geglo het haar dogter het die kinders op hul drumpel kom los met ’n briefie). Die jongste, die vyfjarige Felix, het ook in die kelder agtergebly. Dié feite alleen is reeds genoeg om enige mens te walg, maar dit is die detail wat die maag laat draai. Soos die feit dat Fritzl vroedvrou moes speel tydens elkeen van die geboortes terwyl die ander kinders waarskynlik moes toekyk – bloot omdat daar nêrens was om heen te gaan nie. En is dieselfde waar vir die tye wanneer hy hul ma verkrag het? Die arme Kerstin, wat in 1989 gebore is, het amper al haar tande verloor weens ’n onvoldoende dieet en swak mediese sorg. Kerstin is in die hospitaal opgeneem weens ’n “ongeïdentifiseerde infeksie”, maar slegs nadat haar ma dae lank probeer het om haar te verpleeg met aspirien en hoesmedisyne. Sou sy sterf – en dit is ’n gewisse moontlikheid – sal daar nóg ’n aanklag gevoeg word by die lang lys van klagtes wat Josef Fritzl reeds in die gesig staar: dat hy sy eie dogter (en terselfdertyd ook kleindogter) vermoor het deur nalatigheid. – (Inligting van Sapa-AP bygewerk). • Kliek hier vir 'n grafiese voorstelling van Josef Fritzl se onderaardse sel.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|