| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Vrees nadat werk-koffie vergiftig is Maryna van Wyk
Warrenton ’n Egpaar van Warrenton leef in vrees nadat gif Dinsdagoggend in raaiselagtige omstandighede in ’n koffiehouer by die familie-onderneming beland het. Mnr. Tommie Burger (38) en sy vrou, Martinette (37), het erg siek geword nadat hulle koffie gedrink het waarby aartappelgif vermoedelik gevoeg is. Die gif is waarskynlik in die lang naweek verlede week in die houer met koffie gegooi. Dit gons onder inwoners in dié klein Noord-Kaapse dorpie oor wie die Burgers, die rykste familie in die dorp, sou wou vergiftig. Hulle besit ’n motorhandelsaak en ’n vulstasie. Die koffie word daagliks in die kantoor deur Burger, sy broer, Hannes, hul pa, Paul, en die ander personeellede gebruik. Nog vyf werkers het later die oggend siek geword en is in die hospitaal in die dorp behandel. Dit is egter Burger en sy vrou wat erge simptome van vergiftiging getoon het. Mev. Burger sê sy is oortuig daarvan dat iemand die familie skade wil aandoen. Sy het vroeg Dinsdagoggend by die werk aangekom en vir haar en haar man koffie gemaak. Drie polisielede het ook in die kantoor gestaan. “Ek het in die kombuis gesien daar is ’n witterige poeier in die koffieblik en vir die polisielede ’n ander blik koffie oopgemaak. Ek het vir my en my man van die ander koffie gemaak,” vertel sy. Van die ander personeellede het kort daarna ook koffie gemaak. Mnr. Hannes Burger was haastig op pad vir ’n afspraak en kon nie sy koffie drink nie. Een van die werktuigkundiges, mnr. Gert Reynecke, het s? koffiebeker geneem. Burger vertel sy het binne tien minute begin sleg voel en haar bewussyn verloor. Sy, haar man en Reynecke is na Kimberley gehaas vir mediese behandeling. Mnr. Tommie Burger het op pad die personeellede gewaarsku om nie nog van die koffie te drink nie. Burger sê bloed-, stoelgang- en vomeerseltoetse is gedoen. Dit dui daarop dat die koffie met organofosfaat vergiftig is. “Dit is maklik om aartappelgif in die hande te kry,” sê hy. Burger sê hy en die ander personeellede wat van die vergiftigde koffie gedrink het, het gebraak. Dit het gehelp dat hulle nie so siek geword het nie. “Ek gaan ’n deeglike ondersoek laat instel wat leuenverklikkertoetse vir die personeellede insluit. Mens weet nou nie wat om te verwag nie en die veiligheidsmaatreëls sal dus aansienlik verbeter word,” sê hy. Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ’n klag van poging tot moord.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|