News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  7°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Pistorius 23ste tussen 100 invloedrykstes op aarde
Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Verwante Berigte
  • Baie 'gewalg', ANC trots op Zuma se agste plek

  • Johannesburg

    Die wêreldberoemde Paralimpiese atleet van Suid-Afrika Oscar Pistorius het met sy kunsbene vir hom ’n plek tussen die tydskrif Time se honderd invloedrykste mense ter wêreld losgenael.

    Volgens Time word hy beskou as die 23ste invloedrykste persoon ter wêreld in 2008 en die invloedrykste sportpersoon.

    Pistorius, wat pas terug is in die land nadat hy Dinsdag en Woensdag in Lausanne, Switserland, by die appèlsaak teen die IAAF voor die hof vir arbitrasie in sport (CAS) was, sê hy was eers geskok oor die nuus dat hy Time se lys van invloedrykes gehaal het.

    “Ek kon dit amper nie glo toe my bestuurder, Peet van Zyl, my in Lausanne vertel Time beskou my as die 23ste invloedrykste persoon. Ek het nooit in my wildste drome só iets verwag nie.”

    Time het Van Zyl per e-pos laat weet.

    “Dit is vir my ’n fantastiese voorreg en eer,” sê Pistorius.

    Mnr. Erik Weihenmayer, die enigste blinde persoon wat Everest uitgeklim het en Pistorius voorgestel het, skryf Pistorius het die hart van ’n ware kampioen en dat hy daarin geslaag het om die nadeel van gestremdheid in ’n voordeel om te swaai.

    “Ons moenie vergeet wat ’n atleet gróót maak nie.

    “Dit is te maklik om Pistorius se sukses aan tegnologie toe te skryf. Sommige mense kry sekere talente deur geboorte en omstandighede, maar dit is wat jy daarmee doen, die ure se toegewyde oefening, die strewe om die beste te wees, wat in die hart van ’n ware kampioen is.”

    Pistorius beklee ook die derde plek op Time se lys van helde en pioniers.

    Slegs Brad Pitt en Angelina Jolie en Oprah Winfrey word op dié lys as meer invloedryk beskou.

    Ander sportmanne wat die lys gehaal het, is die tennisster André Agassi, die wenner van sewe Tour de France-fietswedrenne, Lance Armstrong, en die AC Milan-sokkerspeler Kaka.

    Pistorius, wat tans nog in ’n stryd gewikkel is om aan vanjaar se Olimpiese Spele (vir nie-gestremde atlete) deel te neem, is verlede jaar benoem vir ’n eerbewys in die Laureus-wêreldsportakademie se kategorie deurbraak van die jaar.

    • Ander voorste Suid-Afrikaners wat die lys gehaal het sedert dit in 2004 uitgereik word, is oudpres. Nelson Mandela (2004 en 2005); pres. Thabo Mbeki (2005); die medikus Jacques Rossouw (2006); die sakeman Cyril Ramaphosa (2007); en die president van die ANC, mnr. Jacob Zuma (2008).



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
    Ja
    Nee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo