| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Baie ‘gewalg’, ANC trots op Zuma se agste plek Johan Eybers
Johannesburg Die ANC is baie trots dat die wêreld so kort nadat mnr. Jacob Zuma as ANC-president aangewys is, nes Suid-Afrikaners sy leiers-eienskappe raaksien en hom as een van die invloedrykste mense ter wêreld beskou, sê me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder. “Hy is ’n pragmatiese leier met ’n positiewe invloed op almal met wie hy te doen kry.” Zuma is vanjaar die invloedrykste man in Afrika en die agtste invloedrykste mens ter wêreld, volgens die gesaghebbende nuustydskrif Time. Net die Dalai Lama, pres. Wladimir Poetin van Rusland, die drie Amerikaanse presidentskandidate, senators Barack Obama, Hillary Clinton en John McCain, pres. Hu Jintao van China en pres. George W. Bush word as meer invloedryk as Zuma geag. Die Afrikaanse skrywer, joernalis en sanger Rian Malan, wat Zuma voorgestel het, skryf die korrupsieklagte wat steeds teen hom ondersoek word, is al wat tussen Zuma en die Suid-Afrikaanse presidentskap staan wanneer pres. Thabo Mbeki se termyn verstryk. Die polemiek wat ontstaan het toe Mbeki hom in 2005 as adjunkpresident ontslaan het en hy aangekla is van verkragting en korrupsie, het geen verskil gemaak nie aan die “onbeskaamde populis wat hom verlustig in tradisionele Afrika-veelwywery” se beeld onder gewone Suid-Afrikaners, skryf Malan. “Sy retoriek vir die armes het baie Suid-Afrikaners meegesleur wat nie voordeel getrek het uit Mbeki se sakevriendelike beleid nie. “Dit verklaar hoekom hy Mbeki maklik geklop het om die nuwe ANC-leier te word en hom op koers plaas om die volgende president van Suid-Afrika te word.” Malan skryf verder: “Baie ringkoppe in die ANC is gewalg deur die feit dat só ’n man (oudpres.) Nelson Mandela se skoene moet vol staan, maar hulle kan nie ontken dat hy iets reggekry het wat skaars in Afrika is nie: om ’n magtige ampsbekleder vreedsaam tot ’n val te bring.” Mbeki is in 2005 saam met nog 22 wêreldleiers in die leierskategorie aangewys as een van die invloedrykstes, terwyl Mandela toe een van die 17 mense was wat in die kategorie ikone en helde genoem is.
|
||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|