News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Tory-‘hanswors’ slaan slag in Londen
Pieter Malan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Boris Johnson kort nadat die verkiesinguitslag bekend gemaak is. Agter staan Ken Livingstone, wat deur Johnson verslaan is. (Foto: AP/Matt Dunham)


Londen

Baie mense dink hy is die hanswors in die Britse politiek, maar Boris Johnson lag laaste nadat hy Vrydag tot burgemeester van Londen verkies is.

Dié blondekop se oorwinning oor Ken Livingstone, die Arbeider-burgemeester van die afgelope agt jaar, was die finale vernedering van ’n dag wat die Britse pers “bloedige Vrydag” noem.

Ná die munisipale verkiesing is die steun vir die regerende Arbeidersparty nou die laagste in veertig jaar. Met net 24% van die totale steun landwyd het die party nou selfs minder steun as die Liberaal-Demokrate (op 25%).

Mnr. David Cameron se Konserwatiewe Party het 44% van die steun landwyd.

“Die Arbeiders se son het gesak,” het The Guardian gister geskryf. Dis ’n verwysing na mnr. Tony Blair se beroemde “a new dawn has broken”-toespraak elf jaar gelede ná die Arbeiders se geskiedkundige oorwinning oor die Konserwatiewe Party van mnr. John Major.

Hoewel die volgende Britse algemene verkiesing nie voor die 2010 hoef plaas te vind nie, meen die meeste kommentators die Arbeiders gaan sukkel om van die afgelope week se vernedering te herstel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo