News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 20:08  - (SA)  
Ouers en versorger keelaf gesny, ouma veg om haar lewe
Earl Ryan Coetzee    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Hiltje Bakersma (regs) en haar suster Anneke. Hiltje het Vrydagoggend op haar vermoorde ouers in hul huis in Florida afgekom. (Foto: Brendan Croft)


Johannesburg

Haar ouers is eergister in hul huis keelaf gesny tydens ’n driedubbele moord, maar nogtans wil Anneke Bakersma hê mense moet positief bly oor Suid-Afrika.

“Almal is altyd te negatief. Ek weet daar is probleme soos hierdie, maar ons kan nie net altyd op die slegte fokus nie,” het sy gister dapper gesê by die Flora-kliniek, waar haar ouma steeds ná die gru-aanval om haar lewe veg.

Anneke se suster, Hiltje (29), haar verloofde mnr. Shannon Kriel, en hul broer mnr. Douwe Bakersma (25), het Vrydagoggend afgekom op die lyke van hul ouers, mev. Hettie Bakersma en mnr. Douwe Bakersma sr., en op dié van me. Elsje Wouda, mev. Bakersma se versorger.

Wouda is óók keel afgesny.

Me. Jopie Durieux (83), mev. Bakersma se ma, is ernstig beseer in die aanval in hul huis in Florida aan die Wes-Rand.

Mev. Bakersma is al jare in ’n rolstoel nadat haar been weens kanker geamputeer is.

Die Bakersma-kinders se ouma aan vaderskant is vroeër die week aan kanker dood. Sy word Maandag begrawe.

Volgens kapt. Siphiwe Ndlovu, polisiewoordvoerder, is daar nog geen leidrade of verdagtes in die saak nie.

“Daar is geen teken dat die vermoordes hulle teen hul aanvallers verset het nie en ons kan ook nie sê of enigiets uit die huis vermis word nie.”

Vroeëre berigte dat die aanvaller moontlik ’n voormalige tuinier kon gewees het, is volgens sowel die polisie as Hiltje blote bespiegeling.

“Ons wil niemand valslik beskuldig nie. Ons hoop net dat die persoon wat dit gedoen het, gekry word sodat dit nie met iemand anders ook gebeur nie,” het Hiltje gesê.

Sy sê die tuinier was ongelukkig toe haar ouers hom ontslaan het, maar dit was reeds meer as ’n jaar gelede.

Durieux is gisteroggend geopereer en was laat gistermiddag nog onder verdowing. Volgens die susters kon sy slegs sê die aanval het omstreeks seweuur Donderdagoggend gebeur. Sy is in ’n kritieke, maar stabiele toestand.

Volgens Anneke, die Bakersma’s se oudste dogter, sal hul ouma se begrafnis Maandag voortgaan.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Misdaad, 06/05/2008, Antoinette Venter
Dis van positief bly en simpatie teenoor moorddadige wesens (hulle is nie menslik nie)dat die geweld in SA dag na dag eskaleer. Niemand lig 'n wenkbrou daaroor nie maar as mense kry waarvoor hulle gestem het, of as daardie selfde mense honge ly omdat hulle produsente soos honde weggejaag is en nou die konsekwensies daarvan smaak, is dit vreeslik en moet almal aan hulle dink en help. Wie dink en help SA se misdaadeslagoffers?? Nie eers meer die herinstelling van die doodstraf sal die hel se gemors oplos nie - dis half amper te laat daarvoor. Die feit van die saak is steeds dat MOORDENAARS EN VERKRAGTERS GEEN REGTE HET NIE - OOK NIE DIE REG OM 'N MINUUT LANGER ASEM TE HAAL NIE !!
Geweld, 05/05/2008, Francois du Toit
As daar iemand bekend iets aan gedoen word, word daar vinnig gespring en die moordenaars gevang, maar met gewone mense soos ek is daar altyd iets fout of dinge word net stadig gedoen. Ek wonder of as een van die president of hoof van die SAP se naastes vermoor word wat dan sal gebeur??? As ons president se daar is niks fout in Zimbabwe nie, hoekom sal hy dink daar's iets fout by ons??? Sterkte vir almal wat iemand aan geweld verloor.
Hiltje & Gesin, 05/05/2008, Elane De Nysschen ( Coetzee)
Baie jammer ,weet julle is in ons gebede en gedagtes. Elane , Mariette , Maralinda & Jeanne
misdaad vs rassiste, 05/05/2008, Donald Burns
die regte rassiste in suid afrika is die regering, as jy nie misdaad teenstaan nie, is jy vir dit.Thabo mbeki is nie werd om n president genoem te word nie.
Anneke , 05/05/2008, Karia Martin
Anneke lief, ek dink vreeslik aan julle, sterkte vir vandag.. Ek kan my nie jul pyn indink nie, ek bid vir vertroosting & glo dat die Here julle hierdeur sal bystaan & Hom oor julle ontferm. Julle moet sterk wees vriendin, moenie moed verloor nie & hou net aan glo. Ek is hier vir jou, jy weet dit..
Vriende Vermoor, 05/05/2008, Linda Coetzee
As ons kyk na die kommentaar van die dogter kan almal sien watter ongelooflike mense Douwe en Hettie Bijkerma was. Sulke onodige geweld aan onskuldige mense
Suid afrika, 04/05/2008, David
MMMMMMMM,dit is snaaks hoe mense feite met positief en negatief wil verbloem. Feite is nie negatief of positief nie. Dit is tyd dat Boere mense wakker word en die weklikheid begin besef,dat daar niks sal regkom in Suid Afrika nie. Dat daar baie groot dinge moet gebeur om die boere nasie weer bymekaar te laat staan.Keer terug na ons vader in die hemel,en hou op om maniere te vind om die probleme op te los,julle weet almal wat die oplossing sal moet wees,WORD WAKKER,WORD WAKKER.
Bakersma, 04/05/2008, Tia Bosua Grunenfelder
Mens lees daagliks van geweld in Suid Afrika. Die penarie waarin ons land hom bevind word nog meer tasbaar (indien moontlik) as jou familie (nefie en vrou)barbaars vermoor word.
Geweld, 04/05/2008, loggi
Dit is aaklig om weereeens so tragedie te hoor. Almal is altyd te negatief. Ek weet daar is probleme soos hierdie, maar ons kan nie net altyd op die slegte fokus nie,? Die aanmerking skok my egter nog meer. Patriotism is the last resort of a fool. Dit is lank nie meer julle land nie. Los julle behepthied met julle materiele besitings en kom daar weg. Dit sal erger word.
bly positief, 04/05/2008, christina
te dik vir 'n daalder, geen positiewe denke kan spruit uit wat tans in SA gebeur. Ek sluit my strykyster in my kar toe in die aande, my ketel se koord word op 'n ander plek weggesteek, ek is moeg vir die vrees elke dag.. ek spaar laat dit bars om die land te verlaat... as ons nie welkom is nie stig 'n fonds vir die wat wil gaan!
Bakersma Familie, 04/05/2008, Anthea & Johann Botha Suiderland volkspele laer
Ons innige meegevoel. Ons sal julle pa opreg mis by die volkspele!!!!! Mag ons Hemelse Vader julle die krag van Bo gee!!!!!!!!!
Word wakker SA, 04/05/2008, Lara
Wat van 'n SA-rewolusie -- iets soortgelyks aan die Franse-rewolusie -- waar die magtige oorheersers in styl geboet het vir hul wandade? Ons durf nie langer handjies gevou sit en wag om uitgedelg te word nie! Die slapendes moet tot verantwoording gedwing word. Mag God ons nasie red; onthou egter "God helps those who help themselves".
Bakersma familie, 04/05/2008, SAD
Alweer!! Aan julle as familie, ons is baie jammer en mag God jul baie krag gee. Na my mening is hier iets drasties in ons land aan die gang om mense te vermoor en die nuutste metode is om onskuldige mense se kele af te sny. Ek is seker die moordenaars word opgeruie en aanbeveel om hierdie verwoesting te saai deur een of ander groep soos in die verlede wat hul gepraat het van die "Third Force". Hier is nou net 'n "Fourth Force" aan die werk, en hul doel is om blankes te laat pad gee uit die land met moordtaktieke. Aan elke moordenaar in hierdie land: God slaap nie, maar ons goed besoldigde president en sy assistente is of in 'n diep slaap of hul is almal 'n spul alkoliste wat voete stamp en boude swaai as hul van nog so 'n spesifieke moord hoor. Wakker word regering, doen iets, ons is die mense wat jul salarisse betaal en jul werk vir Suid-Afrika nie vir jul eie gewin nie. SA se mense se veiligheid kom eerste, dit is prioriteit nommer een. Doodstraf terug, asb.
Inspired "Crime" - Hate vs Racism?, 04/05/2008, Tony Benade
Ek bewonder die durf en positiwiteit van Me. Hiltje Bakersma en haar suster Anneke deur hul voortgaande vertroue in ons land. Mag God hul ondersteun in hierdie tyd. Almal praat oor die onaanvaarbare vlakke van misdaad en geweld in hierdie land. Egter wonder ek of mens werklik hierdie insident (of soortgelykes) aan die kapstok van slegs basiese woord "kriminaliteit" kan plaas? "Kriminaliteit" is die verontagsaming van die "Reg". Dus val hierdie insident ook daaronder. Egter - vrouens word met strykysters gebrand ander word gesodomiseer, hierdie bejaarde egpaar en hul versorger word "keelaf gesny"!. Die vlak van geweld wat met sommige van hierdie insidente gepaartgaan dui vir my op iets anders. Wanneer is dit haat of selfs rassisties geinspireerde kriminaliteit? Volgens berigte was geen besittings tydens hierdie insident opsigtelik vermis nie? Die vraag? Is dit "kriminaliteit" soos ons dit ken of is dit haat of selfs rassisties geinspireerde kriminaliteit?
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo