03/05/2008 20:08 - (SA)
Ja, Steve, die wittebrood is verby
Karin Burger
Kaapstad
Die vermaaklikheidsbedryf se “wittebrood” is verby.
En dís nie net die mening van die sanger Steve Hofmeyr op sy blog nie.
Talle musiekpromotors beaam dat ’n donker tyd die land se vermaaklikheidsbedryf, veral die Afrikaanse kunstenaars, in die gesig staar.
Tog, meen hulle, is dit nie noodwendig sleg vir die bedryf nie.
Volgens mnr. Louis van Wyk van Music Profile Management “kry die musiekbedryf vir seker swaar. Dis nie ’n staatsgeheim dat Suid-Afrika op die randjie van ’n resessie is nie. Die eerste ding waarop mense besnoei, is tierlantyntjies, soos flieks, vertonings en CD-aankope. Hulle gee nou geld uit op petrol, kos en veiligheid.
“Ek wil so ver gaan om te sê ons sit met ’n oorvol musiekbedryf. Elke ou wil sing, ’n CD maak en by ’n fees optree. Daar’s hopeloos te veel feeste, en dít knou die bedryf. Feesgangers sien 20 kunstenaars vir R100. Hoekom sal hulle dan R80 betaal om net één sanger te sien?”
Van Wyk sê die kunstenaars wat R40 000 en meer per vertoning vra “se wittebrood is verby. Daai ouens moet goedkoper optree om die mark aan die lewe te hou.”
Volgens die Afrikaanse Idols-beoordelaar Deon Maas sal kuns-tenaars wakker moet skrik en “harder moet werk as hulle in die game wil bly”.
“Mense dink deesdae twee keer waar hulle hul vermaaklikheidsgeld wil bestee. Baie kuns-tenaars het vet en gemaklik geraak en lewer keer op keer dieselfde vertoning. Hulle moet meer inisiatief aan die dag lê omdat hulle teen soveel ander kunstenaars meeding.”
“Die Afrikaanse musiekbedryf het deur ’n vinnige groeityd gegaan. ’n Mens hoef net na feeste te gaan om te sien hoeveel onbekende sangers ry met duur 4x4-voertuie. Die deure gaan egter nou stadig maar seker toe, want die koring word van die kaf geskei.
“Dat die publiek nou ook Afrikaanse musiek van die internet kan aflaai, beïnvloed CD-verkope.”
Me. Anelia Marais van Voetprint Produksies stem ook saam met Hofmeyr. “In die huidige ekonomiese situasie is vermaak ’n luukse vir die gewone mens. As ’n gesin na ’n kunstenaar gaan luister, kos dit hulle niks minder nie as R500 vir die aand se vermaak, kos en ’n glasie wyn.”
Marais is die besprekingsagent van kunstenaars soos Danie Niehaus, Mathys Roets, Kevin Leo en André Swiegers.
“Die dae is verby dat ’n sanger net in sy jean en met backtracks opdaag, ’n vol saal trek en R30 000 ’n aand verdien.”
Mnr. Doepie du Plessis, bestuurder en man van die sangeres Juanita du Plessis, sê sy het “geen besprekingsprobleem” nie.
“Juanita is al ’n jaar vooruit vol bespreek. Waar ons wel kan agterkom mense het nie meer soveel geld om uit te gee nie, is by CD-verkope ná die vertonings. Eers sou hulle ’n hele reeks koop; nou koop hulle net die nuutste CD.”
Volgens me. Theresa du Preez van The Sixth Sense “gaan dit daaroor of ’n kunstenaar vir die feesorganiseerder geld inbring of nie”.
“Die jonger outjies sukkel maar om besprekings te kry, maar dan kyk ek weer na ’n groep soos Eden. Hulle is die res van die jaar vol bespreek en hul nuwe album het binne die eerste maand van uitreiking amper platinumstatus (’n verkoopsyfer van 40 000 eenhede) behaal.”
|
| |
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
|
 |
Steve Steve Steve, 06/05/2008, Cecile
Persoonlik verveel die ou my, maar ek wil graag 'n guns vra: hou asb die man in Suid-Afrika waar sy histeriese aanhangers hom kan aanbid. Australie is nie groot genoeg vir Steve en sy ego nie! |
SA Musiek, 05/05/2008, Antoinette
Ai kan persoonlik nie glo die "wittebrood" het so lank aangehou nie, as kind was ek mal oor afrikaans, kon nie genoeg luister na Groep Twee, Carike en sommer al die ou afrikaanse musiek waaraan ons in die 70's en 80's blootgestel was nie, maar helaas, dit wat aan ons opgedis word vandag is meestal sommer plein twak, hoeveel songs gaan daar nog wees oor "meisie", "bokkie" en liefde, en die seriously wannabee's wat kastig afrikaanse rock speel, sommer pure stront, geen mens kan dit musiek noem nie, wanneer gaan ons plaaslike sangers besef daar kan net een Theuns Jordaan wees, een Steve, een Dozi, maar persoonlik is Dozi se afrikaans musiek erg swak maar van sy engels is heel aanvaarbaar, nee wat, as jy jouself nie uniek kon maak en hou nie, bly jy maar 'n wannabee, maak nie saak hoeveel cd's jy maak nie of hoeveel pappa se geld kan spent nie. Soms as ek so kyk en luister kan van vandag se kunstenaars is dit meer 'n geval van spring op die bandwagon en skep jou deel, niks mee verkeerd nie net jammer dit wat ons mee opgeskeep sit is so eentonig en vervelig. Geen wonder unieke kunstenaars hou vir ewig. Nee wat, die wittebrood het in my opinie heeltemal te lank aangehou nou bly daar nie veel oor nie. |
Wittebrood in SA-musiek, 05/05/2008, Koos
Die afrikaanse musiek bedryf het die laaste hoop geword vir baie van ons tieners wat nie beried is om hulle tasse te pak en ander wei velde te gaan soek nie. Die vermaklikheids bedryf het n form van werksskepping geword. Dan vir baie het dit ook n form van vreiheid van spraak geword. Hoopelik vind almal n plekkie in die son. |
Steve is vals, 05/05/2008, Lynni
Steve hou so baie van afrikaans, maar sy vrou kan of wil nie afrikaans praat nie. Sy 2 jongste kinders is engels. Sy hele "image" is vals en gebaseer op geld. Ek kan nie glo dat daar nog mense is wat val vir sy stories nie. |
Werk, werk, werk, 05/05/2008, Bollie
wie de hel kry in elk geval R40 000 vir een aand se optrede, wat nog te se van die R250 000 wat Steve en Anton gekry het met hulle Brugbou konsert? Belaglik, laat hulle vir gewone geld werk soos ander mense .. Elke Tom Dick en Harry sing deesdae, een aand op 7de laan of No Deal en jy is 'n SANGER, wow. |
Grumpee "boelie", 04/05/2008, Alle Amanda
Ai, is dit tog nou nie die geel baadjie wat ek hier bespeur.?? Mmm boelie??
Wil jy ook graag in die nuus te wees?? Word 'n hoge boompie dan gesels ons weer. Jy is 'n geel "appeltjie" en "koningrosedoring" gaan jou verban uit feetjie land!! Ja man droom aan!!
Los die man uit. Gewoonlik het 'n saak twee kante of moontlik bly jy in 'n huisie van glas?Kom by jy ken nie eens die man!Hoe kan jy oordeel?? |
Steve, 04/05/2008, Marissa
Ag, ek wens mense wil dieper inkyk na die redes hoekom Steve Hofmeyr die duiwel in raak vir die media. Kry die ware storie, lees bietjie wat gebeur, en verstaan hoekom, hoe en waar joernaliste na hul feite gaan soek, as hulle die dag feite gebruik in stories. Dink jouself in dat jou familie, inkomste en loopbaan op die spel is wanneer mense nou kamstig "jou gewildheid" as sensasionele joernalistiek gebruik om hul produk aan die nasie te verkoop, en sirkulasie figure hoog te hou. Die media weet Steve duld nie hul nonsens, maar sy gesig op die voorblad verkoop vir hulle koerante. En dat hy die media nog die guns doen om hul website links op sy blog te plaas gaan my verstand te bowe. Ek is 'n Steve fan, bloot omdat hy nie bang is om sy se te se, maak nie saak wat dit aan sy reputasie doen nie. Hy is roekeloos in daardie opsig, maar hy weet hy het duisende lojale fans wat nie Rapport of Huisgenoot se nonsens lees nie. Los die man uit, en kry iets anders om oor te praat. Wat van ons fokus op misdaad en hou ons land positief. |
SA musiek, 04/05/2008, gert jacobs
Ek het 'n paar konserte by Carnival City en een by die Dome bygewoon (Mark Knopfler, Jethro Tull, Pat Metheny by Carnival en Sting by die Dome) en die ounes was daar-bo! Hoewel daar no-doubt, puik ouens in SA is wat moderne musiek ken en verstaan - hats-off vir hulle - reken ek dis redelik om te "verklaar" dat die grootste persentasie of deel van Afrikaanse musiek, doer-onner is. (Vir baie klink Steve soos Neil Diamond, maar dis eintlik nie so nie; ou Stevie mis die fyner "nuances" van die Amerikaanse aksent. Ek dink ewenwel Steve is okay vir SA, maar hy is beslis nie wereldklas nie; so ook die meeste ander Afrikaanse sangers ook nie). Van die ernstige musiek optredes wat ek ooit aanskou het, was die een van Pat Metheny by Carnival way-up-there. (Ja, soos andere die aand moes ek ook my tong hard byt om deur die SA-propoganda toespraak-ding te sit om uiteindelik Pat se trio te sien en te hoor). Hierdie aanbieding van Pat was op 'n ander vlak. Dis moeilik om na lokale kunstenaars te gaan kyk en luister as jy eers die top-dogs gesien en gehoor het. (Jammer Jaunita hou nie van Jazz en Blues nie - as musikant of musiek liefhebber groei 'n ou sterk daardeur; ek hou van die Afrikaanse country-goed wat sy doen). Die ouens wat Afrikaanse digkuns mag sing is o.a. Jannie, Jannie, Anton, Danie, Randal en Koos natuurlik en nog 'n paar ander spesiale sangers..? (Afrikaanse sangers sukkel gereeld met die Engelse uitspraak en aksent - dink maar mooi SA-sangers voor julle die pad stap). Klink ook of Andre heel goed met "phantom.." gevaar het afgesien van die res van die goed wat 'n man van 'n ander "man" afsit. Groetnis en sterkte met Afrikaanse en ander musiek in SA. (O, ja pasop gerus vir SA-nuwe-reklame van "jazz-concerts" - dis glad nie jazz nie..). |
Wittebrood is verby, 04/05/2008, Loraine
As mede burger bied ek my simpatie aan die kunstenaars wat nes die res, die riempies styf moet trek.Net oor een ding is ek baie gelukkig. Hopelik beteken dit dat ek voorlank nie meer gepynig gaan word met die swak, vet & olierige ou man met sy vulg? bewegings rondom jong meisies wat geen ordentelike opvoeding gehad het nie. Die refleksie wat die advertensie bied weerspieel uiters swak op Afrikaans sprekendes. Viva minder Afrikaanse boudjie skud! |
Wittebrood is verby, 04/05/2008, Elsa Kruger
Ja, ek is bevrees dit het vir te lank te lekker gegaan en dit sluit almal in wat kon spandeer. Ons moet mekaar ondersteun in hierdie omstandighede. Die belangrikste is om vir mekaar te bid, bid ook vir ons wat in bitter klein besighede is. Sterkte
Elsa & Stoffel Kruger |
Wittebrood in Aus, 04/05/2008, Coenie
Siestog Johan, mis julle vir Steve? Is julle wittebrood dalk verby in Aus? Leer Waltzing Matilda en nooi vir Jurie en Hestrie om die aande so bietjie op te warm...
|
Wittebrood verby., 04/05/2008, wendy
Ek stem saam met Johan. Ons hier in Aus. smag na "live" afrikaanse musiek. Vra net vir Dozi hoe kan ons hier bymekaar kom. |
Grumpy ou boelie, 04/05/2008, Jan Boland
Steve is 'n pateet ...
Hy kan net vloek en skel op enige wat durf om hom te kritiseer.
Ons is moeg vir hom, laat die man tog net in die niet verdwyn ... |
SA Musiekbedryf, 04/05/2008, Ida
Die SA. musiekbedryf is sekerlik van die eerste wat mens op sal besnoei in die tyd, maar ek kan in alle eerlikheid s?at Steve se shows baie goed is en nog steeds uitverkoop oral waar hy optree, was self by sy show gewees in Natal twee aande was uitverkoop, maar sekerlik sal al die sangers maar suffer onder die omstandighede in die land huidiglik. |
Ja, Steve, die wittebrood is verby, 04/05/2008, Dinky
Ek dink ons Afrikaanse musiek word nie genoeg op die radio's gespeel nie, bv, op RSG word daar heeldag en nag net "talk" shows aangebied. Radio Jacaranda speel wel afrikaans, maar nie genoeg nie (ek praat tans van Gauteng) 94.7, wel hulle speel glad nie afrikaans nie en maak van afrikaans 'n spottery, miskien moet ons Bloemfontein radio stasies probeer opvang dan sal ons meer afrikaans kan luister. Verder wat die afrikaanse mark betref, ja, Steve en Kurt Darren is die "beste" sangers ooit!!!! Daar is wel ander kunstenaars wat goed is. Verder afrikaanse musiek sal nooit kan werklik bo uitkom nie, agv van die radio-stasies wat nie hulle musiek genoeg speel nie, en die kunstenaars moet maar nood gedwonge gaan "shows" re? |
SA wittebrood is verby, 04/05/2008, Frank
Die "bottom line" is dat die gemiddelde suid afrikaner se besteebare inkomste al kleiner word a.g.v stygende kostes. Persoonlike vermaak, ontspanning en ander luukses bly altyd eerste in die slag. Dit word vir baie 'n stryd om basiese oorlewing. |
Wittebrood in SA-musiek, 04/05/2008, Bernhard
Ek dink die mark is oorvloed met mense wat regtig nie moet sing nie! Daar is gans te veel van die mense wat dink as hul n kitaar kan tokkel en rympies daarby kan ops?dit musiek is. Die ander probleem is dat almal soos Theuns of Dozi probeer klink. Die publiek is nie idiote nie! Dis veral van die jong mense wat so "alternative" probeer wees, wat dink dus kuns, maar eintlik maak hul idiote van hulself en die Afrikaner op straat. Wens ek kon n paar name noem.....maar ek dink die wat nie goed doen nie, moet weet hul is op die lys wat ek nie kan noem nie. |
Ja, Steve, die wittebrood is verby, 04/05/2008, frikkie botes
is dit feite dat die musiekbedryf agteruitgaan ,of is dit maar net Steve wat aansien verloor,en sy "fans" onttrek ? |
Wittebrood in Aus, 04/05/2008, Johan
Hi daar al julle sangers, as julle dit nie in SA kan maak nie kom sing vir ons hier in Perth Australie. Julle sal darem veilig wees hier en ons Suid Afrikaners sal na julle shows gaan kyk, ons belowe en ons kan betaal. gelukkig is daar genoeg krag hier om die show aan die gang te hou. Kom nou, volg Nadine se voorbeeld. Wat is dit dan nou met jou ou Steve of is jy bang. Die joernaliste sal jou nie so erg hier pla nie, kom gee vir ons n Neil Diamond Tribute asseblief man.
Groete vir julle almal in Suid Afrika. |
'n Goeie ding., 04/05/2008, Daan
Persoonlik dink ek dis 'n goeie ding. In die afrikaanse musiek mark veral, is daar 'n geweldige klomp kunstenaars en bitter min van hulle is goed. Die afrikaanse mark is baie ver agter die res van die wereld. Net goeie kompetisie kan dit herstel. |
 |
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
 |
|