| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 20:08 - (SA)
Khampepe-verslag bevind Skerpioene moet nie ontbind Jackie Mapiloko, Dumisane Lubisi & Sonja Carstens
Johannesburg Die bestaan van die Skerpioene is nie strydig met die Grondwet nie. Dít is die bevinding van regter Sisi Khampepe, wie se veelbesproke verslag oor die toekoms van die direktoraat vir spesiale ondersoeke (DSO) – die Skerpioene – môre bekend gemaak word. Die inhoud van die verslag het die naweek uitgelek aan Rapport se susterskoerant City Press. Volgens City Press se inligting tik Khampepe pres. Thabo Mbeki in die verslag op die vingers omdat hy nie ingegryp het in die onmin tussen die Skerpioene en die polisie nie. Khampepe sê Mbeki moes self teen die amptenare in beheer van die twee wetstoepassingeenhede opgetree en hulle persoonlik tereggewys het. Sy sê die persoonlike twis tussen die geskorste nasionale polisiehoof, komm. Jackie Selebi, en adv. Leonard Mc-Carthy, hoof van die Sker-pioene, het meegebring dat hulle nie hul wettige pligte nagekom het nie. Die Khampepe-verslag van 144 bladsye is twee jaar gelede al aan Mbeki voorgelê. Die regter maak dit ook daarin duidelik dat sy nie saamstem dat die Skerpioene ontbind moet word nie. Khampepe het voorheen daarop aangedring dat die verslag bekend gemaak word omdat sy meen die ANC se nuwe leierskorps onder leiding van mnr. Jacob Zuma verdraai haar bevindings om hul eie agenda te pas. Die president se kantoor in Pretoria moet môre die verslag in die Staatskoerant publiseer nadat ’n aansoek deur die DA ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting geslaag het. Daarmee kom ’n einde aan die bespiegeling oor wat die kommissie oor die toekoms van die Skerpioene bevind het. Die bekendmaking van die verslag is egter straks te laat om die Skerpioene te red. Die kabinet het die afgelope week ’n wysigingswet goedgekeur om die eenheid te ontbind. • In nóg ’n verwikkeling het dit aan die lig gekom dat ’n dag nadat adv. Menzi Simelane, direkteur-generaal van justisie, die Pretoriase hooggeregshof verseker het die kabinet het nié besluit om die Skerpioene te ontbind nie, is dié besluit wél geneem. Simelane sê in sy eedsverklaring mnr. Hugh Glenister, ’n sakeman, se dringende hof-aansoek om te keer dat die elite-ondersoekeenheid van die nasionale vervolgingsgesag (NV) ontbind word, is voortydig. “Geen besluit is deur die kabinet geneem om die direktoraat vir spesiale operasies (die Skerpioene se amptelike naam) te ontbind nie,” lui Simelane se verklaring, wat op 29 April onderteken is. ’n Dag later het die kabinet die wysigingswet goedgekeur wat die einde van die Skerpioene sal beteken. Dié voorgestelde Wysigings aan die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag moet nou aan die parlement voorgelê word vir oorweging. Die kabinet se besluit die afgelope week is in pas met die ANC se besluit in Desember verlede jaar om die Skerpioene teen 1 Junie te ontbind.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|