| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 21:02 - (SA)
Dag van drama toe lugdiens val Estelle Ellis & Erna van Wyk
Kaapstad en Johannesburg Verlede Vrydag het Nationwide se laaste vlug na Londen vertrek met minstens een Porsche, ’n groot klomp vliegtuigonderdele en die logboeke van verskeie vliegtuie aan boord. Mnr. Vernon Bricknell, Nationwide se flambojante baas, het tóé al geweet sy lugdiens is gedoem. En Rapport kan vandag onthul hoe Nationwide tot op die laaste oomblik die skyn bewaar het: • Dinsdagmiddag om twaalfuur is een van Nationwide se eerste offisiere nog bevorder tot kaptein; • Twee Kaapse bemanningslede is gestuur vir ’n opleidingskursus in Johannesburg; • Hul kollegas het volledige vliegroosters vir die week gekry; en • Niksvermoedende passasiers het kaartjies gekoop en bagasie ingedien. ’n Driekwartier later was alles verby. Die 737-hoofvlieënier, kapt. Robbie Rautenbach, het sy spanlede omstreeks eenuur begin bel met die slegte nuus. Hy was nog besig daarmee toe word die telefone al afgesny. By Nationwide se kantore landwyd is die deure summier gesluit. Honderde passasiers het verward op lughawens gewag op antwoorde. Later sou sommige personeel-lede uitvind hul siekefondslidmaatskap het verlede maand al verval. Eerste offisier Daniel Perry, een van die helde wat agter die stuur was toe ’n Nationwide-Boeing se enjin in November verlede jaar afgeval het, het die nuus in Kaapstad gekry. Hy en sy medevlieënier, kapt. Hadri Lombaard, het vir oulaas opgestyg – om die vliegtuig terug te bring Johannesburg toe. Dit sou in elk geval een van hul laaste Nationwide-vlugte gewees het. Albei het vroeër bedank. Om vieruur het hulle met hul Boeing 737 met 40 passasiers aan boord ’n laaste verbyvlug by die Kaapstadse Lughawe gedoen – op ’n hoogte van net 6 m. Teen seweuur Dinsdagaand het die sjeik wat die Emirates-lugdiens besit, ’n boodskap gestuur aan Nationwide se vlieëniers. Dit was ’n uitnodiging om vir hom te kom werk. Ervare Boeing-vlieëniers is wêreldwyd skaars. Dieselfde aand is Bricknell se aansoek om voorlopige vrywillige likwidasie in die Johannesburgse hooggeregshof toegestaan. In hofstukke blameer hy die vliegverbod wat die Burgerlugvaartowerheid in November verlede jaar op Nationwide-vliegtuie geplaas het, ’n koopaanbod deur die swartbemagtigingsgroep African General Equity wat verlede week deur die mat geval het en hoër brandstofkoste. Bricknell het verlede naweek besef hy sal nie aan die einde van die maand sy krediteure kan betaal nie. Nationwide se skuld beloop R217 miljoen en sy bates R48 miljoen. Die skuld sluit in R71 miljoen se voorafbetaalde vliegtuigkaartjies van passasiers en ’n eis van R60 miljoen deur Nationwide Air Charters, wat ook aan Bricknell behoort en wat vliegtuie aan die lugdiens verhuur het. Voormalige Nationwide-werknemers bestempel Bricknell as ’n moeilike man. Hy moes die skool in st. 8 (nou gr. 10) verlaat toe sy pa dood is en het toe ’n motorwerktuigkundige geword. Die feit dat hy hom opgewerk het tot skatryk lugdiensbaas, getuig van wat ’n kennis van hom beskryf as sy “bloeddorstige ambisie om eerste te wees”. Hy en sy seun, Warren, is bekende gesigte op die Kyalami-renbaan, waar hulle naweke in hul Nationwide-geborgde Porsches aan die Pro-Tour-renreeks deelneem. Bricknell het deur die jare hardnekkig vasgeklou aan die lugdiens wat hy 13 jaar gelede op die been gebring het. Selfs toe sir Richard Branson, Britse grootbaas van Virgin Atlantic, jare gelede daarin belang gestel het om Nationwide te koop, wou Bricknell nie sy beherende aandeel prysgee nie. “Hy is en was nog altyd ’n beheervraat. Hy kon dit maar net nie laat gaan nie,” het ’n sakekennis gesê. Nou lyk dit of Nationwide nie gou weer sal vlieg nie. Daar is vier aanbiedinge om die lugdiens te koop, maar selfs as ’n koper Na-tionwide uit sy kontantverknorsing red, kan die oordrag na ’n nuwe eienaar maande duur.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|