News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Hof troef dalk "stille diplomasie"
Z.B. du Toit    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Crawford von Abo. Hy kan regsgeskiedenis maak as sy aansoek oor sy plase in Zimbabwe slaag. (Foto: Lisa Hnatowicz)

Verwante Berigte
  • MDC gaan Mugabe pak in tweede presidentsverkiesing
  • Suid-Afrika sal nié soos Zimbabwe word

  • Pretoria

    ’n Suid-Afrikaanse hof kan pres. Thabo Mbeki dalk binnekort dwing om ten minste gedeeltelik van sy omstrede beleid van “stille diplomasie” af te sien.

    Buitengewone belangstelling heers in sowel regs- as politieke kringe oor die komende uitspraak van regter Bill Prinsloo in die geding die afgelope week in die Pretoriase hooggeregshof waarin ’n Vrystaatse boer, mnr. Crawford von Abo, diplomatieke beskerming ingevolge die Grondwet probeer opdwing.

    Pres. Thabo Mbeki en ’n aantal senior regeringslui is die respondente in die saak.

    Ter sprake is 14 plase wat Von Abo oor ’n halfeeu in Zimbabwe opgebou, maar wat hy ingevolge pres. Robert Mugabe se grondbeleid kwyt is.

    Volgens Von Abo was die plase reeds in 1997 meer as R100 miljoen werd. Al die plase het intussen in onbruik en verwaarlosing verval.

    Von Abo se regspan onder leiding van adv. Peter Hodes, SC, het aanvanklik gevra die hof moet die regering aansê om ’n internasionale verdrag te onderteken ingevolge waarvan Von Abo se eis aan arbitrasie onderwerp kon word. Dit sou beteken dat ’n liggaam van die Wêreldbank, die Internasionale Sentrum vir die Skikking van Beleggingsdispute, ook bekend as Icsid, die saak kon aanhoor.

    In sy slotbetoog het Hodes egter gevra die hof moet die Suid-Afrikaanse regering opdrag gee om binne 30 dae verslag te doen oor alle noodsaaklike stappe wat gedoen is om die skending van Von Abo se regte te herstel.

    Prinsloo sal regsgeskiedenis maak as hy hieraan voldoen. Hoewel Suid-Afrikaners ingevolge die Grondwet geregtig is op diplomatieke beskerming, word buitelandse sake gewoonlik as die uitsluitlike terrein van die regering beskou – maar dis ’n siening wat sterk deur Von Abo se regspan teengestaan is.

    Prinsloo het self na die uniekheid van die aansoek verwys toe hy gesê het dit is ’n “sentrale vraag” of ’n hof die regering kan beveel om die Icsid-verdrag te onderteken.

    Die 75-jarige Von Abo, wat oor drie dae heen stil na die verrigtinge geluister het, het hom tot die hof gewend ná jare lange pogings om die Suid-Afrikaanse regering tot optrede te oorreed. Hy is selfs by geleentheid op een van sy plase in hegtenis geneem en moes herhaaldelik na Zimbabwe reis vir hofverskynings – totdat die aanklag uiteindelik laat vaar is.

    Von Abo se pogings is veral gegrond op ’n versekering deur die minister van buitelandse sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, op 27 Maart 2002 dat “die Suid-Afrikaanse regering sal voortgaan om die veiligheid en sekuriteit van al sy burgers, hul eiendom, asook Suid-Afrikaanse maatskappye wat in die buiteland sake doen, te verseker.”

    Dlamini-Zuma het selfs in Junie 2004 gesê Suid-Afrika en Zimbabwe het ’n ooreenkoms gesluit om die eiendomsreg van Suid-Afrikaners te beskerm. Die ooreenkoms is egter nooit onderteken nie.

    Hodes het in sy betoog juis klem gelê op Von Abo se uitgerekte, maar mislukte pogings. “Die regering het hoflike briewe aan Von Abo geskryf – en dan niks gedoen nie … Die regering se pogings tot diplomatieke beskerming het op niks uitgeloop nie.”

    Hy het ook beklemtoon dat ’n aantal ander buitelandse boere, onder wie Nederlanders, wel steun van hul regerings gekry het.

    Hy het die Suid-Afrikaanse regering se versuim as “skandelik” bestempel.

    Adv. Patric Mtshaulana, SC, namens die respondente, het toegegee dat die staat se optrede in reaksie op Von Abo se versoeke ’n “gemors” was. Hy het nogtans aangevoer dat die regering alles in sy vermoë gedoen het om diplomatieke beskerming aan Von Abo te verleen.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Hof troef dalk, stille diplomasie, 11/05/2008, estelle
    Ons sit almal in daai bootjie, ons plase le daar .. verwoes ..., nadat ons almal weggejaag is ditis nou tyd vir die regering om op te staan. Dankie Crawford dat jyop jou regte staan.
    Von Abu, 11/05/2008, Jakkie
    Sterkte mnr von Abo, as mbeki en kie so maklik sy korupte polisie vriend uit die tronk kan hou en openlik vir mugaap steun in sy moordtogte teen sy eie landsburgers, dink jy hy sal omgee wat van n witman se grond in Zim word? mbeki kan nie vertrou word nie! ook nie een van sy ministers nie. Veral nie beet en knoffel en die een van buitelandse sake nie. Mnr von Abo ons hou die pers dop,gaan asb aan met jou saak tot by die Icid.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
        Stem
    Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
    Ja, beslis!
    Nee, beslis nie!
    Ja, maar...

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo