News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Nuwe herrie oor vigs op sertifikaat van dood
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Leon Wagner, gewese hoofpatoloog van die Vrystaat wat tans privaat praktiseer. (Foto: Brendan Croft)


Bloemfontein

’n Omstrede patoloog hou voet by stuk ’n pasiënt is dood weens vigs, al weier amptenare van die departement van binnelandse sake glo om die vrou se dood só te registreer.

Dr. Leon Wagner, gewese hoofpatoloog van die Vrystaat wat nou privaat praktiseer, glo dit is niks anders as bedrog as hy nie die ware oorsaak van dood op ’n doodsertifikaat mag aanbring nie.

Die nuutste herrie omdat hy vigs as oorsaak van dood op doodsertifikate skryf, het gekom skaars ’n maand nadat die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) hul jare lange pogings om Wagner daaroor aan te kla, laat vaar het.

Die RGB moes verlede maand tugstappe teen Wagner laat vaar omdat daar geen “prima facie-getuienis” was dat hy onprofessioneel opgetree het toe hy vier jaar gelede vigs as oorsaak van dood op ’n jong vrou se doodsertifikaat geskryf het nie.

Die afgelope week het Wagner dit wéér gedoen, onder meer omdat hy glo vigs behoort ’n aanmeldbare siekte te wees en dat Suid-Afrika akkurate vigsstatistieke moet byhou.

Wagner het vigs as oorsaak van dood geskryf op die doodsertifikaat van ’n jong vrou wat in ’n tehuis vir vigslyers gesterf het.

Maar mnr. Ian Young, die begrafnisondernemer wat die lyk moet begrawe, sê amptenare van die departement van binnelandse sake het aan sy personeel gesê hulle mag nie Wagner se doodsertifikaat waarop vigs staan registreer nie omdat hulle dan tugstappe in die gesig sal staar.

“Ek het vir ’n amptenaar van binnelandse sake gesê sy moet hul weiering vir my op skrif stel en ek wag nog daarvoor. Ek kan die lyk nie begrawe voordat die doodsertifikaat nie geregistreer is nie,” sê Young.

Volgens Young is daar geen twyfel oor waaraan die vrou dood is nie. “Sy was MIV-positief en moes in ’n vigstehuis versorg word tot haar dood,” sê hy.

Wagner sê hy weier om die sertifikaat te wysig, al sê die departement wat.

Mnr. Mantshele wa ga Tau, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, sê dit is die eerste keer dat hy hoor dat amptenare van die departement weier om vigs as oorsaak van dood te aanvaar.

“Die departement het niks te doen met die bepaling van die oorsaak van dood nie, ongeag die oorledene se vigstatus. As vigs as oorsaak van dood aangedui word, sal die departement dit as sodanig registreer,” sê hy.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Doodsertifikate, 12/05/2008, Debbie Botha
Ek stem met Dr Wagner. Vigs is 'n oorsaak van dood.Ek self is 'n begrafnisondernemer en voel die oorsaak van dood moet wees wat dit regtig is. Ons kry gevalle waar dokters net skryf Natuurlik. Baie oorsake is Natuurlik maar wat is die regte rede. Ek ondersteun Dr Wagner 100%.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo