| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Die koppe draai as die langste limo in Afrika draai Karin Burger
Kaapstad Die langste limousine in Afrika is van neus tot stert 12,5 m lank, staan drie parkeerplekke vol en is nie gemaak vir ’n Kaapse draai nie. Mnr. Searl Derman van Kaapstad is die eienaar van die langste limousine in Afrika. Dié Ford F250 met sy 4 F -, sessilinder-enjin is so lank soos 3½ Mini Coopers en kan 23 passasiers in groot swierigheid vervoer. Die voertuig, waarvoor Derman R1 miljoen opgedok het, is in Johannesburg gemonteer en dit het ongeveer ’n jaar geneem om dit te omskep in die luukse voertuig wat dit is. Dit is die vlagskip-vervoermiddel in die nuwe Kaapse maatskappy Limotique se vloot van vier limousines. “Ons beplan nou al aan die toerisme-ontploffing wat in 2010 tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan kom,” sê Derman. Die limousine spog met ses televisieskerms, waarvan een ’n 32 duim-skerm is, ’n groot versameling musiek-DVD’s, ’n klankstelsel, lugversorging, volstruisleer-afwerking, optiesevesel-beligting en ’n ten volle toegeruste kroeg. Die toppunt van luuksheid op wiele is egter die jacuzzi wat Derman op die agterste deel van die limo laat inbou het. As groot rugby-ondersteuner hoop Derman om met die Stormers-meisies in die jacuzzi rond te ry en só ondersteuning vir die span te werf. Op ’n rit deur die Moederstad het die limousine die koppe laat draai. Die limo is baie gewild as bruidskar vir troues of as taxi vir ’n aandjie uit. ’n Pa het dit ook onlangs vir sy dogter en haar maats se Barbie-partytjie gehuur. Maatskappye staan boonop tou om die voertuig vir korporatiewe bemarking te gebruik of om hul kliënte daarin rond te karwei. Enigeen kan die limousine huur vir R2 500 per uur vir die eerste uur en daarna vir R2 000 per uur. Jy moet dit vir minstens 2 uur huur. Sjampanje en sjokolade is by die prys ingesluit. Op die koop toe kry die huurder ’n chauffeur vir die aand, aangesien jy ’n kode 10-lisensie nodig het om agter die stuur in te skuif. Die lang limo kan op enige openbare pad ry, maar die chauffeurs probeer sirkels sover moontlik vermy, veral dié by die V&A Waterfront in die Moederstad wat besonder klein is.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|