News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  13°C  32°C
Kpstd  15°C  23°C
Dbn  18°C  22°C
Jhb  16°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
‘God se lorriedrywer’ help gryses in Zim
Gerhard de Bruin    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Hannes Botha van Malelane wat elke maand vir die bejaardes in 'n Zimbabwiese ouetehuis kospakkies vat.


Durban

Vir sowat 650 arm en verhongerde bejaardes in vyftien aftreeoorde in Zimbabwe maak ’n Suid-Afrikaner se goedhartigheid die verskil tussen lewe en dood.

Dié groep verstote bejaardes se enigste ligpunt is dat die groen-en-wit vragmotor van mnr. Hannes Botha (55) elke maand vir hulle kospakkies bring. En dis kospakkies bestaande uit net die noodsaaklikste basiese produkte om hulle aan die lewe te hou.

Botha, van Malelane in Limpopo, sorg sedert 2002 feitlik eiehandig vir dié bejaardes in Zimbabwe.

Met ’n afgeleefde vierton-vragmotor en ’n sleepwa ry hy elke maand byna 3 500 km ver om sowat ses ton kospakkies by vyftien ouetehuise in Zimbabwe te gaan aflaai.

In Zimbabwe noem hulle hom glo “God se lorriedrywer”.

Botha, wat self in 1980 uit dié land padgegee het, sê nederig hy doen maar net wat hy glo reg is.

“Ek glo nie mense het enige benul van hoe swaar bejaardes daar kry nie. Van hulle is al letterlik dood van die honger. En baie ly aan wanvoeding of is sterwend.

“Die oudste is ’n ou tannie van 102 jaar, ander is in die sewentig en ouer.

“Hulle lot is tragies. Jare se swaarverdiende pensioene en uitbetaalde polisse kan vandag nie eens ’n brood vir hulle koop nie, en die meeste se familie is dood of weg.

“Hulle is ook te arm of te oud om te trek. En glo my, die regering van Robert Mugabe voel vir hulle niks nie.

“Die mense is aan die genade van ander se gawes oorgelaat. Ek het net besluit ek moet probeer help.”

Botha sê hy het aanvanklik self kos bymekaar gemaak. Hy het dan op eie koste maandeliks na die ouetehuise gery om kospakkies te gaan aflaai.

Hy sê dit is hartroerend om te sien hoe die mense vir sy lorrie wag.

“Hulle staan daar soos opgewonde kinders. Daarna loop die trane as ek elkeen se pakkie met sy naam daarop uitdeel.

“Dinge soos ’n bietjie toiletpapier, kookolie, rys, meel, vars groente, koffie, kerse en tandepasta beteken vir hulle alles.

“Een ou oom, wat batterye vir sy flits gekry het, het later soos ’n kleuter daaraan vasgeklou. Dit is werklik hartseer.”

Botha sê die werk het egter gou te veel vir hom geraak.

Hy het intussen nog vrywilligers bymekaar gekry en ook kerke en andere welsynsorganisasies betrek.

Uiteindelik het hy die Zimbabwe Pensioners Support Fund, ’n artikel 21-maatskappy, wat nie op wins ingestel is nie, gestig.

Hy sê tot dusver was daar nie probleme met die Zimbabwiese regering oor sy pogings nie.

Hy sê die organisasie is dringend op soek na ’n ander voertuig omdat syne al baie oud is.

Mense wat wil help, kan hom bel by 013 900 934 of 084 589 3221.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo