News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Reserviste rand man glo aan, beskadig sy Porsche
René-Jean van der Berg    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Rico Bernert by sy Porsche wat beskadig is. (Foto: Lauren Mulligan)


Johannesburg

’n Johannesburgse sakeman eis dat die polisie betaal vir duisende rande se skade aan sy Porsche nadat hulle hom glo sonder rede in die tronk gestop en toe in sy duur kar rondgery het.

Mnr. Rico Bernert (44) word aangekla van aanranding, maar hy sê hy weet tot vandag toe nie wie hy “aangerand” het nie.

Al wat hy weet, is dat hy ’n nag in die selle moes deurbring en dat daar R25 000 se skade aan sy Porsche was toe die polisie hom die volgende dag vrygelaat het.

Volgens Bernert was hy verlede Donderdag by ’n kuierplek in Johannesburg toe dit begin reën. Hy het buitentoe gegaan om sy motor se ruite en sondak te gaan toemaak.

“ ’n Ongemerkte voertuig met vier polisiereserviste het stilgehou. Een van die reserviste het op my geskree en my uit die kar geboender.

“Hulle het my begin aanrand en een het ook twee keer pepersproei in my oë en mond gespuit.

“Hulle het my selfoon, my beursie en my kar se sleutels gevat,” sê hy in ’n beëdigde verklaring.

Toe is hulle met hom na die Douglasdale-polisiekantoor toe.

Die silwer Porsche het op die parkeerterrein agtergebly – of só het Bernert gedink.

Die volgende oggend was die Porsche langs die polisiekantoor geparkeer.

Daar was skade aan die onderstel, die bakwerk, ’n kantspieëltjie is afgebreek en die motor se binneruim was natgereën.

Bernert beweer dit is die werk van polisielede wat sonder sy toestemming daarin rondgery het.

Hy het sy prokureur reeds opdrag gegee om ’n skadevergoedingseis in te stel.

Bernert moet op 30 Mei weer in die hof verskyn op die klag van aanranding.

Supt. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het gesê Bernert se bewerings sal ondersoek word.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo