News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Drank, dwelms verswelg SA
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementêre Beriggewer

Meer as drie uit elke tien kinders (35%) op hoër skool is “probleemdrinkers” wat weekliks minstens nege-eenhede sterk drank, 1 liter wyn of 2 liter bier wegslaan.

Dit is nie bekend hoeveel van dié leerlinge aan alkohol verslaaf is nie, maar statistieke toon Suid-Afrika se jong mense gebruik meer alkohol of dwelms as tot nog toe.

Prof. Charles Parry, direkteur van alkohol- en dwelmmisbruik by die Mediese Navorsingsraad, sê twaalf jaar gelede was 2% van pasiënte in rehabilitasiesentrums vir dwelmverslaafdes jonger as twintig jaar. Nou is dit 20%, of een uit elke vyf pasiënte. Die meerderheid is verslaaf aan tik, dagga of heroïen.

“Dwelmverslawing is ’n enorme probleem. Enige jong mens wat aan tik of heroïen verslaaf is, sal herhaaldelike rehabilitasieprogramme moet voltooi om dit te oorkom.”

Parry sê drankmisbruik onder die jeug is ook op ’n onrusbarende vlak.

Luidens navorsing van die Sentrale Dwelm-owerheid (CDA) het 20% van veertienjarige seuns en byna die helfte van sewentienjarige seuns die afgelope maand gedrink.

Meisies is nie ver agter nie: tot 18% van veertienjariges en sowat 35% van sewentienjariges het die afgelope maand alkohol gedrink.

Die CDA sê leerlinge wat dwelms gebruik en drank misbruik, is tot drie keer meer betrokke by geweldvoorvalle.

Voorts tel Suid-Afrika se 10,1 miljoen drinkers se alkohol-inname onder die tien hoogstes ter wêreld. Volgens die CDA kom dit neer op “20 liter suiwer alkohol” per individu per jaar. Dit is gelykstaande aan:

• 1 176 biere;

• 62 bottels sterk drank;

• 220 bottels wyn; of

• 666 kartonne sorghumbier.

Dié voorliefde vir alkohol kos die land meer as R17 miljard per jaar as die nagevolge van ongelukke en mediese koste by die koopprys van die drank ingereken word. Dronkbestuur lei jaarliks tot 7?000 padsterftes met 37% van drinkers wat hulle aan drank vergryp en 10% wat Maandagoggende dronk by die werk aankom.

Voorts gebruik 2,7 miljoen mense gereeld dwelms en ’n kwartmiljoen van hulle is verslaaf daaraan. Dit kos die land jaarliks nog R10 miljard.

Die CDA is ingevolge wetgewing verantwoordelik vir ’n nasionale strategie om drankmismisbruik en dwelmgebruik te voorkom en het die afgelope week ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor maatskaplike ontwikkeling gedoen.

Dr. Ray Eberlein van die CDA het statistieke van die World Drug Report aan die komitee voorgehou. Hiervolgens gebruik Suid-Afrikaners twee keer soveel dagga, kokaïen en chemiese middels soos tik as die wêreldnorm.

Hy het gesê Suid-Afrika het byna 2 miljoen alkoholiste en ’n kwartmiljoen dwelmverslaafdes, maar rehabilitasiesentrums kan jaarliks net 17?500 pasiënte behandel.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Swak voorbeeld., 11/05/2008, Deon
Hierdie kinders doen dit eenvoudig omdat hulle ouers dit toelaat. Meeste van hulle volg ook slegs die voorbeeld wat deur hulle ouers gestel word. Totdat ouers se opvoeding en voorbeeld verbeter, sal die tipe van afwykende gedrag al hoe erger en meer word.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo