10/05/2008 21:09 - (SA)
Waterkloof-4 se ‘verklikkers’ betaal duur vir hul eerlikheid
Sonja Carstens
Pretoria
Reinard von Landsberg en sy broer, Heinrich, is deur jare van hel oor hul besluit om die waarheid te praat toe die Waterkloof-vier ’n hawelose man in ’n park in Pretoria vermoor het.
Eers is hulle gevra om Woodhill College, die private skool waarin hulle was, te verlaat weens mnr. Clive Watson, destyds direkteur van die skool, se vrees dat sy spogskool aan “slegte publisiteit” blootgestel sou nadat die broers die moord by die direkteur van openbare vervolging aangemeld het.
En terwyl Christoff Becker, Gert van Schalkwyk, Reinard Tiedt en Frikkie du Preez se verhoor die laaste paar jaar voortgesleep het, is die broers, wat albei vir die staat teen hul eerstydse maats moes getuig, herhaal- delik gedreig, geviktimiseer en beledig.
Mnr. Hein von Landsberg, die seuns se pa, sê geen ouer wil sy kind in die tronk sien nie.
“Tog maak almal foute. Daardie nag was die seuns dom en uiters onverantwoordelik.
“ ’n Kind van sestien het nie genoeg verstand om die implikasies van wat hy doen, te besef nie.
“Maar die daad móét veroordeel word. Dit is die duurste les wat my seuns ooit sal leer.
“Ek voel bitter jammer oor die lot wat die ander vier kinders nou in die gesig staar. Dit kon net sowel my seuns gewees het.
“Ek dink die kinders is verkeerd geadviseer oor hoe om die saak te hanteer. Die mense wat hulle gelei het, moet met hul gewete saamleef,” sê Von Landsberg.
Volgens hom was die polisie en adv. Johan Kruger, SC, die aanklaer, aanvanklik inskiklik en daar is gevra dat al die seuns na vore kom en die waarheid praat.
“Ek glo as hulle dit almal van meet af aan gedoen het, sou hulle hoogstens aan strafbare manslag skuldig bevind kon word. Hulle het verkies om dit nie te doen nie en dra nou die gevolge daarvan,” sê Von Landsberg.
Hy het self ook deurgeloop onder ouers wat hom slegsê omdat die Waterkloof-vier tot 12 jaar tronkstraf gevonnis is oor wat in Desember 2001 gebeur het.
“Mense dink óns is die oorsaak dat hulle tronk toe moet gaan. Min mense besef die vier jong mans het net soveel kans as my seuns gehad om die waarheid te praat en die regte ding te doen.
“Hulle het besluit om dit nie te doen nie,” sê Von Landsberg.
Vir hom was die moeilikste keuse as ouer die besluit of hy sy seuns moet laat praat en die risiko loop dat hulle ook tronk toe gestuur kan word weens hul rol daardie nag en of hy hulle moes laat stilbly terwyl die gebeure aan hul gewete vreet.
Von Landsberg se hart gaan uit na die veroordeeldes se ouers, wat honderdduisende rande se regskoste aangaan in hul pogings om hul kinders uit die tronk te probeer hou.
Die Waterkloof-vier sal na verwagting vandeesweek die Pretoriase hooggeregshof vra om verlof om in die appèlhof in Bloemfontein te appelleer.
|
| |
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
|
 |
As julle maar net geweet het..., 14/05/2008, Anonymys
Niemand van julle kan enige opini lewer as julle nie weet wat regtig gebeur het nie!Daar is altyd 2 kante aan n storie. Ek gaan nie name noem nie, maar een of 2 van hulle is arrogant en ja ek dink hulle verdien tronkstraf want dit was nie die enigste keer nie, MAAR daar is 2 wat glad nie sulke goed doen nie en net onder groepsdruk geval het. Ek weet persoonlik dat die persoon nooit sulke goed gedoen het nie en daardie nag net onder druk geval het omdat hy altyd moeilikheid gekry het omdat hy nie help nie en gespot was. Hy was geasosieer as n pissy wat nooit vir sy vriende sal opstaan nie. Op 16 weet jy wat is reg en wat is verkeerd maar jy dink nie aan die nagevolge nie en groepsdruk en om cool te lyk is baie belangriker op daardie stadium want jy dink hulle sal anyway nooit weet jyt die ou geslaan nie. Die man was nie opsetlik dood gemaak nie en nes meeste mans in die ou dae ook uit gegaan het in die aand en swart mans gaan slaan het die klomp dit ook gedoen maar die man het dood gegaan. Dis nie reg nie ek weet. Maar op 16 dink mens nie aan tronkstraf nie, jy dink aan of jy aanvaar gaan word in jou vriendegroep. Daardie druk op kinders is baie erg as jy in die "cool groep" wil wees. |
Ouers se skuld?, 13/05/2008, Michelle Rabie
Martie, jou kommentaar op Maria se brief is ongelooflik! Weer eens vra ek die vraag: hoe kan jy dink dat jy al die feite het as jy slaafs navolg en glo wat die pers s?Ek kan nie glo dat jy die vermetelheid het om jou uit te spreek oor Maria se bevoegdheid as 'n ouer nie, en dit net omdat sy durf anders dink as die res van die mediaslawe. Ek dink, die belangrikste les wat jy jou kinders leer, is: veroordeel mense en dinge so gretig as wat jy moontlik kan; moet niemand ooit die voordeel van die twyfel gee nie; as iemand dit durf waag om teen die stroom in te gaan - haal hom uit met alles wat jy het. Doen jouself 'n guns, en lees weer Maria se brief. En moenie selektief lees nie - lees alles. Dan gaan google jy die W4 en kyk wat jy kry. As jy deur al daardie artikels gelees het en die ooreenkomste sien, maak jou mind so kleine ou bietjie oop en erken dat daar die skraal moontlikheid is jy dalk nie alles weet nie. |
Sulke arrogansie!, 13/05/2008, Angie
Ek is jammer, maar sulke arrogante mansmense het ek nou lanklaas gesien. Hulle wys geen berou oor wat hulle gedoen het nie. Ek gee nie om of hulle 16 was nie. Daar word geen berou getoon nie en dus moes hulle eintlik lewenslank gekry het. Maar pappa se geld het seker gemaak dat hulle net 12 jaar kry. Hulle behoort dankbaar te wees - en jammer. |
Reinach Tiedt, 13/05/2008, Michelle Rabie
Ja, Vanessa, ek ken een van die W4 persoonlik dat ek so vir hulle opkom. Ek het Reinach Tiedt nege maande geken voordat ek vroeg in 2008 uitgevind het dat hy een van die W4 is. Die outjie wat ek leer ken het, is beslis nie arrogant of dink dat hy 'n hero is nie. Hoeveel leeswerk het jy gaan doen voordat jy jouself bevoeg genoeg verklaar het om 'n opinie oor hierdie outjies se lewens in die openbaar uit te spreek? Ek het die W4 net so luidkeels veroordeel ? spoilt brats wat agter pappa se beursie wegkruip. Maar om Reinach te leer ken, meeste dae van die week saam met hom te spandeer (hy is my en my man se giminstrukteur) en so veel van hom te hou, en dan uit te vind dat hy een van die moordenaars is wat jy nog die heeltyd oor teem en raas, haal nogal die wind uit jou seile. Ek het vir ?n week lank kontak met Reinach verbreek (ek wil nie myself met ?n rassistiese moordenaar vereenselwig nie!) en self begin oplees (nie net koerantberigte nie, maar ook van die hofdokumente) voordat ek my mening hersien het. Hulle het ?n man aangerand. Punt. Hulle erken dit, die staatsgetuies erken dit, die bewysstukke beaam dit. Of die man wat hulle aangerand het, dood is, is daar baie teenstrydige weergawes. Jy vra my, soos ander voor jou ook, wat ek sou ges?et as dit my kind was wat hulle aangerand het. My antwoord aan julle almal: wat ?n uiters stupid argument! As hierdie ?n rassistiese aanval is, waarom sou hulle my wit-soos-sneeu kind wil vermoor? As dit jou kind kon gewees het wat dalk aangerand kon gewees het, wat de hel soek jou kind 02:00 in die oggend saam met die vermeende moordenaars in ?n park? Dan is jy mos net so good-for-nothing ouer soos die W4 ouers. Die W4 het geen vorige rekord van geweld of misdaad nie. En my dogterjie ken vir Reinach, ons spandeer baie tyd saam met hom en sy gesin. En raai wat, nog nie een keer het Reinach my kind probeer vermoor nie. Toeval? Nou, my vraag aan jou (as jy my daar op jou high horse kan hoor): wat as dit jou kind was wat iemand aangerand het? Maar dit sal mos nooit met jou gebeur nie, n?. |
Waar is die balans?, 13/05/2008, Charles Scheepers
Al wat ek soek is 'n bietjie balans. Gesonde debat. Die probleem is egter dat ons 'n nasie is wat deur emosie gedryf word en nie veel tyd het vir gebalanseerde denke nie. Die ironie van die saak is dat ek meeste mense se bekommernisse verstaan, maar die oordrewe emosie maak julle belaglik en ongeloofwaardig. Vir die mense wat uit 'n Christelike oogpunt skryf: onthou om nie te oordeel nie en haal tog asseblief die balk uit jou eie oog uit en onthou vergifnis is Goddelikheid. Vir die ander wil ek graag 'n uitdaging stel: reageer asseblief op die uitsprake soos gestel deur Regter Willie Seriti?
Indien die vier skuldig is, is dit te veel gevra dat hulle skuld bo 'n redelike twyfel bewys word? Dit sal nie snaaks wees indien dit my kind is wat vermoor is nie, maar dit sal ook nie pret wees indien dit my kind is wat sonder soliede bewyse skuldig bevind is nie. Elke saak het twee kante en ek is bevrees julle weier om die ander kant te ondersoek. Fanatasisme is inherent problematies. Dit sluit redenasie uit.
Is daar iemand daar buite wat 'n begrip van die feite het? Ek sal graag met jou wou praat ongeag jou opinie. |
Waterkloof 4 "voorbeeld", 13/05/2008, Ingrid Rabie
Aan al die "regters" wat so maklik oordeel op hierdie onderwerp. Aangesien ons deesdae mag "God" speel, ek hoop daar word ook eendag 'n "voorbeeld" van jou kind gemaak wanneer hy 'n maatjie by die skool boelie, of iemand in 'n motorongeluk seermaak na 'n paar drankies, of toegesluit word omdat hy "vergeet" het om vir die item in die winkel te betaal. Of selfs omdat hy te veel gedrink het en iemand langs die pad geslaan het om "cool" te wees vir sy maats. Jy wat so maklik oordeel. Jy sal veroordeel wees. Ek hoop jy en jou naasbestaandes gaan ook eendag deur wat hierdie vier mans en hulle gesinne deurgaan. Wie is jy? Was jy daar? Waar is die bewyse? Was jy jonk? Is jy 'n ouer? Is jy God? |
Ontsnapt aan de inquisitie?, 13/05/2008, Johan Van Vlaams
Vermits mijn vorige bijdrage NIET werd weergegeven, zal ik proberen dezelfde idee?op een andere manier te formuleren.
Die schooier die vermoord werd had dezelfde rechten als iedereen. Daarop letten is de opdracht van het Zuid-Afrikaanse rechtsysteem. De vier moeten dus veroordeeld worden. Hopelijk is er geen politieke inmenging zoals met het zogenaamde ?Boeremag? proces.
Vergeet echter niet dat een groter onheil komende is. Om redenen waarover ik hier niet verder zal uitweiden (anders wordt mogelijk mijn bijdrage opnieuw geschrapt) bestaat de kans op een volledige elektrische black-out. Als dan de goud- en platinamijnen gesloten worden en de export stilvalt, zal de waarde van de Rand instorten. Daardoor zal de voedselprijs (kos) zozeer stijgen dat het wellicht tot grote sociale beroeringen zal komen. Hopelijk komt het dan niet tot een grote humanitaire crisis, waarbij dit individuele geval van de Waterkloof vier in het niet verzinkt.
Als jullie dit lezen zijn jullie niet voor niets gevlucht naar de andere kant van de wereld om te ontsnappen aan de inquisitie.
Groeten uit Vlaanderen.
|
SKULDIGE WATERKLOOF 4, 13/05/2008, Martie
AAN: Maria Botha 11/5/2008. (Waterkloof 4 ONREGVERDIG SKULDIG BEVIND)Jy is beslis een van die skuldiges se meisie? suster? of dalk ma?, dis hoekom jy so GLO aan hul kamtige onskuld. Indien jy ook 'n ma is, wil ek jou waarsku dat jou "onregverdige skuldigbevinding" jou kinders dieselfde paadjie gaan loop. Ouers soos julle (indien nie ouer "take note" as jy een word) wat glo in hul kinders se onskuld en die kinders laat glo in hul onskuld, se paadjies loop maar ongelukkig na die tronk toe. My grootste voorbeeld aan my kind sedert die saak begin het van die skuldige 4 is : ERKEN JY HET GEFOUTEER EN NEEM DIE KONSEKWENSIES DAARVOOR ANDERS LOOP JY DIE PAD VAN DIE WATERKLOOF VIER!!!. |
4 Moordenaars, 12/05/2008, Vanessa
Michelle Rabie - ken jy die 4 outjies persoonlik die dat jy so vir hulle op kom? Ek wonder wat sou jy ges?et as dit jou kind was wat hulle dood geslaan het - seker nogsteeds iets goeds gesoek het??? |
Waterkloof 4, 12/05/2008, ria coetzee
Bogenoemde reaksie is tog so tipies van die ou volkie. Kom ons oordeel en vergruis mekaar en onthou tog net om sondag weer kerk toe te gaan want dan word ons sondes vergewe - dan gaan ons huis toe om die koerant te lees en ons weer verder te verlekker in ander se probleme. Sela |
Waterkloof 4, 12/05/2008, Anoniem
Ek wil graag sien of hulle nog net so arrogant gaan glimlag vir die kameras na 12 jaar in 'n SA tronk - julle verdien alles wat julle toekom - en meer. |
Waterkloof Vier, 12/05/2008, Miekie Devine
Baie geluk Mnr Von Landberg. Jou seuns kan hulle koppe hoog hou. Die arrogansie van die ander vier is 'n skandvlek op ons afrikaans sprekende mense.Daar is geen teken van berou.
Hulle is skuldig en so is hulle OUERS wat van beter moet weet om dit te probeer toe smeer of met baie duur prokureurs die wet probeer omseil.
Ek kan nie glo ouers kan so dom wees om te glo hulle help hulle kinders nie. (of miskien is dit juis daarom dat die Vier so lelik optree omdat hulle Pappie sal sorg dat hulle skotvry kan afkom, hoe daardie ouers met hulle gewete kan saamleef is onverstaanbaar). |
Waterkloof 4, 12/05/2008, Antoinette Venter
As die arme bloedjies dan so jonk was dat hulle eintlik nie kan, of instaat is om verantoording doen vir hulle daad nie, STRAF DAN DIE OUERS !!!Waarom het die ouers nie geweet waar hulle minderjarige kinders is en wat hulle aanvang nie? Elke keer as ek van die jong bulletjies sien rugby speel dink ek aan 4 pragtige en talentvolle lewens wat verwoes is en weet julle wat, ek blameer werklik hulle ouers daarvoor. Sterkte aan die von Landsberg seuns. Die ander 4 het presies die selfde geleenthied gehad as julle om die waarheid te praat - weer die ouers se verkeerde of selfsugtige advies? Buitendien, watter soort "reg en geregtigheid" is dit as "skuldige" persdone "onskuldig" bevind word? |
WK 4, 12/05/2008, Louise
As jy weet om te moor dan moet jy die gevolge dra. Of jy nou 16 of 20 is, as 'n mens moor dan weet jy mos dit is verkeerd ek kan nie glo mense is so naief is. Die 4 het gemoor geen genade vir die peroon wat hulle gemoor het nie, hoekom moet daar genade vir hulle wees. Dis hoekom ons land is waar hy is kom ons moor maar dit okay. Moenie worry oor die moorde wat gepleeg word nie dis mos okay!!! WORD WAKKER!!!!!!!!!!! |
Waterkloof 4, 12/05/2008, Kotie Wagner
Ek haal my hoed af vir mnr Von Landsberg en sy seuns. Dit wys jou net watter "soort" mense is die wat verkies het om stil te bly en die Von Landsbergs viktimiseer. Hoop ons kan die fotos sien nadat die 4 bedorwe bedorwe brokke in die tronk agtergekom het die w?ld skuld hulle niks. Hulle verdien geen genade nie. Vir hulle het ek geen greintjie respek nie. Die Von Landsberg kinders is die manne wat die waarheid gepraat het,jammer is en respek verdien. |
Keuses, 12/05/2008, Lola
Ek voel jammer vir die W4, maar God gee vir elkeen van ons 'n vrye wil en keuse. Op 16 kan almal al onderskei tussen reg en verkeerd. Ongelukkig het hierdie 4 verkeerde keuse geneem en nou moet hulle die gevolge daarvoor dra. Ek bid en hoop dat hulle met opregte berou by God vergifnis sal vra - sodat God se genade ook oor hulle uitgestort mag word en Hy hulle kan vergewe. Aan die W4 - net God gaan julle hierdeur dra. Gaan op julle knie?n begin vandag om jul verhouding met God te herstel en kyk hoe wonderlik God julle deur die moeilike tye in julle lewe gaan help. Sterkte - ek bid nie net vir julle nie, maar vir elkeen wat deur hierdie saak geraak word. |
Waterkloof 4, 12/05/2008, Magda
Mnr.Von Landberg wees trots op die opvoeding en standaarde wat jy aan jou kinders gegee het.Gelukkig weet jou kinders wat die verskil tussen reg en verkeerd is,ek glo nie die ander 4 weet regtig wat beteken dit om waardes van enige aard te h?ie.Sterke en wees trots op jou seuns,hulle het nou al julle liefde en ondersteuning nodig.Simpatie gaan die ander 4 nie van my kry nie! |
Ek soek, maar sien dit nie., 12/05/2008, Elizabeth
Toe ek nou weer 'n slag na die sogenaamde 'arrogante' foto van die vier seuns kyk, waarvan so baie s?rrogansie uitstraal, kan ek dit dan nou nie sien nie. Ek sien vier jong manne wat effens ongemaklik is, en hard probeer om ware gevoelens weg te steek. "But for the Grace of God, there go I . . ." Ek bid vir julle en julle ouers, ouens. |
Ouers se skuld, 12/05/2008, ABC
Dit is vir my skokkend om te sien hoe baie mense die ouers in die storie veroordeel. As n ouer myself glo ek dat geen ouer hulle kind sal grootmaak met die idee dat jy mense kan aanrand en doodslaan nie. Jy kan jou kind al die regte dinge in die lewe leer, maar hulle is nog steeds individue en maak nog steeds hulle eie keuses.
My kleintjie het vandag met n pen op vriende se bank geskryf, nog nooit van tevore so iets gedoen nie. Ek het haar nog nooit so geleer nie. Is ek ook nou n slegte ouer?
Die grootste probleem hoekom al die eeuwels gebeur is omdat daar nie meer respek en dissipliene in die samelewing is nie. Mense is nie meer bang om tronk toe te gaan of doodstraf (wat ons nie het nie) te kry nie. Kinders is nie meer bang vir n goeie loesing nie. So hoekom moet hulle luister. Ek was skyt bang as ek iets verkeerd gedoen het, want ek het geweet my pa gaan my velle af trek. Daar was ook monder moorde in die verlede omdat daar die moontlikheid van doodstraf was. |
Suidafrikaner, 11/05/2008, Michelle Rabie
Suidafrikaner, ek is 'n ondersteuner en simpatieseerder van ten minste een van die W4. Ek is toevallig ook 'n ondersteuner en simpatieseerder van slagoffers van geweld en misdaad. Ek ondersteun ook reg en geregtigheid. Is dit nie aanmatigend van jou om te s?ie jy in "julle" land nodig het nie? En waar is "julle" land? Daar waar die media (altyd objektief...) regeer? Waar die lot van julle in glashuise bly? Waar geen mens julle simpatie verdien nie? In daardie geval kan jy maar "julle" land hou. Ek stel nie belang om daar te bly nie. |
foto's, 11/05/2008, Michelle Rabie
Jy sien foto's van vier grynslaggende seuns in die koerante. Jy lees dat hulle spoggerig aangetrek is en arrogant daarby. Maar hel, dan moet dit tog waar wees? As die koerante s?ulle is arrogant, wie is jy om te stry? Verlekker jy jou in die moontlikheid dat daai smaail van hulle bakkies afgevee gaan word as hulle in die tronk deur 'n groot swart man verkrag gaan word? Jy grond jou opinie op 'n foto wat 'n paar sekondes in hierdie outjies se lewens weergee. Van die res sien jy niks. En jy wil ook nie. Jou maaind is vir jou opgemaak. Hulle is skuldig, hulle ouers is skuldig, hulle skoene, hare, selfone en glimlagte is skuldig. Hang die lot van hulle en laat hierdie ding nou end kry. Hoe durf hulle en hulle ouers nog publisiteit steel deur weer vir app?aansoek te doen? Te hel met die feite, solank ons politiek net reg is. Hierdie sirkus het nou lank genoeg aangehou. Rapport, gee vir ons nou bietjie iemand anders om te skop terwyl hulle l?En o ja, hou die berig asseblief so eensydig en partydig soos wat julle kan - ek wil graag 'n lawaai maak, maar ek wil nie vir myself hoef te dink nie. |
WATERKLOOF 4 ONREGVERDIG SKULDIGBEVIND, 11/05/2008, Maria Botha
8 Mei 2008
More
Vanoggend is die Waterkloof 4 weer voorblad nuus nadat hulle appel van die hand gewys was. Aangeheg is 'n brief wat ek geskryf het en wat in Beeld verskyn het kort nadat hulle skuldig bevind was.
Nadat die brief (aangehegde) 2 Februarie 2007 in die beeld verskyn het, het die landdros 'n brief in die Rapport geplaas waarin hy gese het dat hy hulle dalk onskuldig sou bevind het as hulle net berou betoon het en dat die arrogansie van die seuns (Christof Becker was die enigste een wat getuig het) hom nie aangestaan het nie. Die vraag is moet mens berou betoon as jy nie skuldig is nie, die seuns erken dat hulle 'n man aangerand het omdat hulle hom aangesien het as 'n inbreker, maar nie dat hulle hom vermoor het of bedoeling gehad het om hom te vermoor nie. Die vraag is dus, moet die reg nie onpartydig wees en na die feite kyk nie. Die misdaad het in 2001 plaasgevind. Tweejaar later gaan die staatsgetuies, twee broers Heinrich en Reinacht von Lansberg, na die owerhede en le 'n klag. Dit nadat von Lansberg gedruip het en die pa von Langsberg Dr Becker vra om sy kind deur te sit en toe Becker dit nie wou doen nie, toe se die pa dat hy dan die saak openbaar gaan maak. (vergelding?). Die staat gaan lykshuis toe en vind 'n lyk in die lykshuis wat die aand dood is. Die von Lansberg seuns is die enigste staatsgetuies en die saak word gevoer op bloot die twee getuies se getuienisse. Die getuies getuig dat die persoon so erg aangerand was dat die een ou, Du Preez, se skoen ingeduik het nadat hy hom in die gesig geskop het, maar die lyk het GEEN kopbeserings nie.
In die nuusberig vanoggend van Beeld (bl 4) se regter Seretti dat die staatsgetuies 'n fout kon maak oor die omvang van die aanranding, maar desnieteenstaande aanvaar hy hulle getuienis. Hoe kon 'n fout begaan word as aangetoon word dat die lyk in die kop geskop was maar daar is nie een enkele skrapie aan sy kop nie. Die staatsgetuie getuig immers onder eed.
Daarbenewens maak die regter die getuienis van Becker dat die persoon groter as hulle was, terwyl die lyk aansienlik kleiner is, af as fabrikasie, terwyl die staatsgetuie alhoewel hy dat foutiewelike getuienis kon lewer, se getuienis aanvaar word vir die waarheid. Kon die staatgetuie nie dalk ook inligting frabiseer nie? Hulle immers rede gehad om inligting te fabriseer, gegewe dat hulle kwaad was vir Dr Becker wat hom nie wou deur sit nie.
Seretti se voorts, aldus die koerant berig dat Becker se getuienis, in soverre dit nie ooreenstem met die staats se weergawe (sekerlik volgens die enkele twee staatsgetuies wat broers is?) onwaarskynlik is sodat hy (Seretti) dit verwerp. Dit klink nie vir my logies nie. As jy nie getuig wat ek wil hoor nie, verwerp ek jou getuienis (al is die getuienis onder eed?). Ek aanvaar net wat ek wil aanvaar
Ek het altyd gedink die regbank is onafhanklik en dat dit suiwer na die feite moet kyk. Ek het ook altyd geglo mens is onskuldig totdat jou skuld bewys is. Die staat het nie bo alle twyfel bewys dat die lyk wat gevind was en waaroor die patoloog getuig het, die persoon was wat deur die W4 aangerand was nie. Hoe kan hulle dan skuldig bevind word. Die seuns was in die media skuldig bevind lank voordat die saak behoorlik sy loop geneem het. Het dit asook die politiek nie dalk 'n uiters groot rol hier gespeel nie? Dit is immers 'n swartman wat deur sogenaamde ryk wit kinders aangerand was.
Hoekom moet die seuns se vriende die voorblad van die Beeld haal ? Is hulle ook nou skuldig ? Waaraan ? Omdat hulle met die Waterkloof 4 bevriend is?
By all means, die reg moet sy loop neem en reg en geregtigheid moet seevier, maar dan moet hulle bo alle twyfel skuldig wees.
Die die seuns se toekoms hang aan 'n draaitjie. As hulle eers in die tronk was, gaan hulle nooit weer dieselfde wees nie, veral nie as dit nog 'n rasse saak ook is nie. Hierdie is 4 goeie seuns, hulle is nie die brats waarvoor die media hulle uitgemaak het nie. Ek dink met hierdie uitgerekte en uitmergelende saak wat nou al meer as 4 jaar duur het die seuns asook hulle ouers en vriende almal 'n duur prys betaal. Hulle het al hulle straf weg.
Kom ons bid vir hulle!!
Brief wat verskyn het in Beeld gedurende Februarie 2007
Die koerante was die afgelope week vol van nuusberigte oor die sogenaamde Waterkloof 4 wat skuldig bevind was aan moord en aanranding. Die laaste word oor hierdie saak sal nog lank nie gespreek word nie. Die publiek en media het die kinders skuldig bevind lank voordat die landdros uitspraak gelewer het. Radio Tuks se aanbieder het gese hy hoop hulle sit baie lank. Om die braaivleis vure ken elke Jan- Rap en sy maat klaarblyklik die gesinne en elkeen het ?n stuiwer in die aambeurs te gooi oor hoe arrogant, ongedissiplineerd en sleg hierdie kinders is en hoe hulle, (die braaivleis gangers se) kinders nooit so ?n misdaad sal pleeg nie. Hoe kan enigiemand ooit seker wees sy kind sal homself nooit aan ?n misdryf skuldig maak?
Ek wil egter daarop wys dat alles gebeur binne konteks en hoe ek die konteks verstaan is dat :
? Hierdie kinders baie jonk was toe hulle die misdrywe gepleeg het;
? Hulle blootgestel was aan portuurgroepdruk en binne ?n groep anders opgetree het as wanneer hulle alleen sou wees;
? Hulle en hulle verdediging oortuig is daarvan dat hulle opgetree het deurdat hulle ?n inbreker wou vastrek.
? Hulle erken dat hulle die swartman aangerand het, maar dat hulle hom nie wou vermoor nie;
? Adv Celliers voer bv in die appelaansoek aan dat die beserings op die lyk strook nie met die getuienis van die staatgetuie nie.
? As daar nie ?n lyk is wat ooreenstem met die beskrywing van die moord nie, hoe kan hulle dan aan moord skuldig wees ? ( kom ons wag vir die uitspraak van die Appel)
? Celliers se voorts ook dat daar nie ?n greintjie getuienis is dat Becker en van Schalkwyk die man met ?n steakmes gesteek het nie.
? Ons leef in ?n misdaad land wat ook ons kinders ten sterkste beinvloed. Kom ons veronderstel dat die seuns wel, soos vermeld was, gereageer het op ?n inbreker waarop hulle afgekom het. Dat hulle dus in weerwil opgetree het en by implikasie hulle eie lewens in gevaar gestel het om ander mense se besittings en lewens te beskerm . Sou die pers hulle dan ge-identifiseer het as hero?s ?
Ek wil hiermee nie hulle optrede goed praat nie, en glo te alle tye dat reg en geregtigheid moet geskied maar ons moet immers hulle optrede binne ?n bepaalde konteks verstaan.
Wat my by my by ?n volgende vraag bring :
Hoekom juis het die ?staatsgetuies? veral die stergetuie, von Lansberg , juis eers na twee jaar na die misdryf gepleeg is ?n gewete openbaar , dit terwyl die seuns ?n ouderdom van 18 jaar bereik het, en in die tyd dat hulle juis rekord eksamens geskryf het? Is die timming hier nie so effe uit nie ? Hoekom het hy, von Lansberg, nie die aand van die moord die polisie verwittig en sodoende die man se lewe dalk gered nie ? Nee hy wag eers twee jaar en nadat sy pa Dr Becker nader om sy seun deur te sit nadat hy gedruip het, gaan hy polisie toe. As staatsgetuie is hy ?n soort hero, maar was sy optrede die van ?n hero? Het hy nie ook meegemaak aan die gebeure die aand nie?
Beteken die blote feit dat hierdie onbekende man se lyk nie opge? was nie, dat hy dalk ?n onwettige immigrant in die land was?
Wat dr Becker en die ander ouers betref, tree hulle op soos enige pa en /of skoolhoof in hulle omstandighede sou optree nl om in belang van sy kind en skoliere in sy skool standpunt in te neem. Hoekom moet hy, omdat hy die hoof van ?n baie prominente skool is, soveel onregverdige en negatiewe media dekking verduur. As ?n ouer kan ek my net indink deur watter hel die gesinne moet gaan en my hart breek vir hulle. Die ouers van die Waterkloof 4 is vuisvoos betaal, finansieel en emosioneel, vir die onbesonne dade van hulle seuns een aand toe dinge handuitgeruk het.
Ek plaas steeds my hoop op die uitkoms van die appel dat die saak heroorweeg sal word en dat die onafhanklike regbank finaal uitspraak sal lewer. Tot dan wil ek ?n beroep doen op die publiek om nie so giftig te teenoor die mense nie. Die ouers en ander gesinslede het nie enige misdryf gepleeg nie, en hulle ly saam met hulle kinders. Ongeag die finale uitslag van die verhoor, het hierdie mense reeds ?n duur prys betaal.
Wat as dit jou kind was ?
Besorgde ouer
|
Ouers, selfone en skoene van W4, 11/05/2008, Michelle Rabie
Hoe is jy, wat so woedend en verontwaardig in hoofletters en uitroeptekens die W4 veroordeel, beter as hulle? Jy, met jou opinie wat van selftevredenheid drup, het die verwaandheid om selfs die W4 ouers in die tronk te wil h?en (die hemel weet hoekom) hulle selfone weg te gooi. Julle vra wat is fout met ons samelewing? Mense wat weier om vir hulleself te dink. Jy lees 'n eensydige berig met 'n uitlokkende foto daarby, en dink dit gee jou die reg om links en regs te beledig en jou uit te laat oor iets waaroor jy eintlik net mooi b?ggerol weet nie. As jy so bekommerd is oor die verval van ons samelewing, hoekom klim jy nie van jou bas af en gaan die feite na voordat jy jou (nie-so-beskeie) opinie in die openbaar lig nie? Ek waarborg jou dat jy nie al die feite het as jy op die koerant staatmaak om jou ingelig te hou nie. Jou onkunde gil selfs harder as jy, as jy dink dat die W4 hulle sogenaamde "roem" geniet. Jy sit heerlik in die gemak van jou huis en dink dat jy die samelewing 'n hengse guns doen deur jou emosies oor ryk, wit mense aan die publiek uit te basuin. Maar jy, met jou blinde bewondering vir die Von Landsbergs, het hulle tien teen een nog nooit ontmoet nie (ek ook nie). En dit is onwaarskynlik dat jy, met jou wense dat die W4 moet hang, hulle of hulle ouers al ooit ontmoet het. En ek dink, jy wat agter skuilname uit skel en vervloek, sal nie die moed h?m een van hierdie mense in die o?e kyk en jou kwetsende woorde te herhaal nie. Ek wil jou ontnugtering sien as jy jouself in hulle raaksien. Nie ryk rassistiese monsters wat dink hulle kan hulle kinders se pad oop koop nie. Maar gewone mense, wat lief is vir hulle kinders, wat seerkry met elke liewe ondeurdenkte sin wat jy so bitter uitspoeg. En as die feit dat hulle meer gegoed is as jy jou grief, troos jou hieraan: hulle het nie noodwendig meer geld as jy nie, hulle is net meer kredietwaardig. |
W4, 11/05/2008, Cornel
As ons roep vir die doodstraf en tronkstraf vir plaasmoordenaars en ander misdadigers, sluit dit ongelukkig hierdie ouens in. Is hulle lede van 'n boyband? |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Brentie
As die jongmanne geweet het wat werklik
in ons tronke aangaan sou hul tweekeer
gedink het voordat hulle die onbesonne
daad gepleeg het. |
Simpatie?, 11/05/2008, Nelus
Ek sou dalk simpatie vir hierdie ouens kon gehad het as hulle hele verhoor nie een lang vertoning van arrogansie, minagting en "ek-voel-'n-veer" was nie. Ek dink hulle het tot kort gelede nog aanvaar hulle is onantasbaar. Toe nie. Ek hoop daar word 'n voorbeeld van hierdie vier windgat moordenaars gemaak. |
Von Landsberg-engeltjies, 11/05/2008, Michelle Rabie
Het iemand al die omstandighede ondersoek waarin Reinard en Heinrich von Landsberg staatsgetuies geword het? Doen dit en jy mag dalk ?n paar nare verrassings kry. (Gaan soek sommer ook die werklike rede hoekom hulle uit Woodhill geskop is...)
Ek dink nie hulle verdien om ?herhaaldelik gedreig, geviktimiseer en beledig? te word nie. Maar so ook nie die ander 4 nie. Ek was een van die mense wat die hardste gegil het dat die Waterkloof-4 se koppe moes rol. My opinie het egter in die laaste nege maande drasties verander. Die saak het ?n sterk klankie van vrot politiek, en daar is reuse gate in die staat se saak. Maar wat maak dit saak? Die staat het immers twee ster-getuies en ons kan die w?ld wys (wit) rassisme word uitgeroei, en Hein von Landsberg het d?rondte teen Dr. Becker gewen. Welgedaan, 4 jong vliegies met een klap.
|
Waterkloof 4, 11/05/2008, Lucius Van der Merwe
Moord bly moord, hulle moet so gou as moontlik uit die samelewing verwyder word,kyk na alle foto's waarop hulle "pose" hulle toon geen berou oor hul dade nie, vir hulle is dit 'n helse grap. So sluit hulle toe dat ons kan lag. |
Waar,s die army?, 11/05/2008, Dr. Kobus Roux
Sulke dinge gebeur vandat daar nie meer diensplig is nie. Hoe het Schuster ges?Hier word ? laity ? man. Sterkte ouens as sielkundige weet ek wat daar binne aangaan. Julle GAAN tronk toe. Niks gaan julle daar uit hou nie. Kry dit agter die rug hoe gouer hoe beter. |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Milly
Hulle sal definitief nie met sulke glimlagte op hul gesigte die tronk in gaan nie. Hulle verdien hulle straf. |
Gelyke wette, 11/05/2008, abc
Ek is jammer vir die 4 ouens. hulle moet ongelukkig boed vir wat hulle gedoen het. Die lewe bestaan uit keuses en hulle het verkeerde een gemaak en moet die gevolge dra.Net jammer hulle het al die geleenthede in die werels gehad en dit gaan opvoeter. Een ding wat ek nie verstaan nie, hulle was jeugdiges toe die daad gepleeg is, hoekom word hulle as volwasse persone vehoor. |
WIE SE GEWETE EINTLIK???, 11/05/2008, Akker
Dit blyk dat die meerderheid se mening is dat die 4 seuns die nodige en gepaste tronkstraf moet uitdien. In gevalle waar die jeug, en in die geval wat blyk te wees, jong opgevoede seuns is, is dit seker menslik om te soek na moontlike "versagtende" omstandighede. Die eerste sou wees om na vore te kom en eerlik te wees. Maar die blote feit dat die betrokke partye verkies het om NIE die waarheid te praat nie, is tog 'n bewys dat hulle al te deeglik bewus was dat dit wat gebeur het, verkeerd is? Tweedens moet hulle tog opregte spyt betoon oor dit wat gebeur het. Ongelukkig straal (uitdagende?)arrogansie uit fotos!
Nou vir die klip in die bos: Is dit wat gebeur het nie 'n jammerlike simptoom van dit wat eintlik in die SA samelewing verkeerd is nie? Ja, ouers, ons het almal 'n verantwoordelikheid teenoor die SA van more. Hierdie verantwoordelikheid is gefundeer in die bou van 'n gesonde gesin, die primere bron van die vasle van waardes en norme. Vergeet van juffrou by die skool,die sondagskool onderwyseres, ens. Hulle rol is veronderstel om as steunstelsel daar te wees. Tog word die rolle dikwels omgeruil.
Tyd het 'n luukse geword, ons weet mos al:"time is money" en "money makes the world go round".
Die ironie is dat geen geld in die wereld tyd met jou kind kan terugkoop nie. My vraag: wie se skuld word nou eintlik losgekoop tydens die Waterkloof 4 regsgeding? Die ouers of die beskuldigdes? |
Wees eerder trots , 11/05/2008, Suidafrikaner
Mnr Von Landberg, moenie jammer wees oor wat vir die Waterkloof 4 wag nie, wees eerder trots op jou eie 2 seuns en jouself vir hoe julle gekies het om die saak te hanteer het!!! Mense soos die Watekloof 4 en hul ondersteuners en simpatiseerders het ons regtig nie in ons land nodig nie!!! Kinders weet op n vroeere ouderdom as 16 al om ander mense met respek te behandel, moenie vir my se hulle het op 16 dit nie geweet nie! |
Waterkloof vier, 11/05/2008, Suzette Westhof
Dit bly vir my jammer dat ons as mense, en baie belydende Christene, so wreed kan wees om aan te hou om die ouers in die regbank te plaas en dit sonder dat ons werklike kennis van hul, hul geld, hul opvoedingsmetodes ens. ens. het. Alles berus op persepsies. Wat die beskuldigdes aanbetref het van die ouers in die openbaar hul onderwerp daaraan dat die reg sy loop moet neem. Die vier jong mans het net netjiese klere aan en die koerant maak meer daarvan. As hul jeans gedra het, sou dit ook "verkeerd" gewees het. Oor dit wat jy op 'n foto van enige mens kan "lees" moet nie vertrou word nie. Foto's word spesifiek gekies en nie alle foto's word gepubliseer nie. Baie mense dra "maskers" juis om die ware emosies te verbloem. Kom ons bid liewer vir al die mense wat deur hierdie saak erge trauma beleef. Die na aan die beskuldigdes, die na aan die slagoffer, die na aan die wat gepraat het en ja, ook vir die beskuldigdes en die wat gepraat het. Ons almal is brose mense en as ons val, kry ons seer...of ons ons eie val veroorsaak het of nie! En ja, maak in die openbaar of die seer nie erg is nie, maar die mure van ons kamer weet van beter. Dankie aan almal wat in hierdie tye vir AL hierdie mense wat deur die gebeure geraak is, en geraak word, Jesus se hande en voete is. |
waterkloof-4, 11/05/2008, n porkaloi
moordenaars verdien die doodstraf - om gehang te word! hulle het iemand koelbloedig vermoor. waarom is hulle nie verhoorafwagtend in die selle nie? |
die 4 , 11/05/2008, Bianca
My diepste medelye met die ouers van die 4. Dit moet hel wees om so 'n front voor te hou en dit terwyl jy weet dat jou kind, ten spyte van die helse onkoste wat jy aangaan, nogtans sy straf sal moet uitdien. Ongelukkig sal daar van die arrogante skepsels 'n voorbeeld gemaak moet word. Sulke barbaarse optrede mag nie ongestaf bly nie. My raad sou wees dat hulle nou onverwyld aanmeld vir hul gratis staatslosies en nie verdere geld verkwis op app?ake nie. Hulle vergeet blykbaar van die moontlikheid dat die app?of die straf te lig mag bevind en dit met 'n paar jaar kan verleng. Dis tyd om die snyerspakke te verruil vir hul nuwe uniforms en die storie agter die rug te kry.Hierdie sirkus is reeds te lank uitgerek. |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Stef
Wat my waarskynlik die meeste hinder is die gebrek aan gebrokenheid by die vier jongmans. `n Soort onaantasbaarheid word die afgelope jare uitgestraal. Waarskynlik sal die realiteit nou tot hulle kom namate die tronk naderkom. |
WATERKLOOF VIER, 11/05/2008, Connie Smit
Die foto van die Waterkloof 4 is afstootlik. Dit spreek van arogansie en meerderwaardigheid - tipiese moordenaars wat n hof bevind het hulle is. Hierdie behoort vir meer as 12 jaar uit ons samelewing verwyder te word. Maar soos dit is in die nuwe Suid-Afrika is ek oortuig dat ons hulle binne n maand of minder weer op vryevoet sal sien. Ek wil vra dat Rappport ons op die hoogte moet hou oor die tyd wat hulle in die tronk gaan wees. |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Nico Smit
Dit is die probleem met ons rykmans en bederfde jeug in die algemeen. Hulle glo hulle kan maak en breek sooos wat hulle behaag en as dinge verkeerd loop sal hul ouers se sogenaamde naam en geld dit wat krom is reg maak. Dit kon net so wel my of u kind gewees het wie huille dood geskop het. Daar is nie n ander uitweg nie - hulle moet die straf (al is dit lig) wat hulle verdien uitdien. |
Sluit hulle toe!, 11/05/2008, Johan
Ek hoop van harte dat die hof hul aansoek tot app?nie sal toestaan nie. Hulle behoort net soos alle moordenaars, soos plaasmoordenaars, te boet.
|
Waterkloof-4, 11/05/2008, Tom
Die foto van die Waterkloof-4, van Christoff Bekcker met sy hande in die sy en die ander wat met hoogmoedige arrogantheid neusie in die lug staan, toon dat daar nie 'n sweempie van berou by hulle te bespeur is nie. Dis uiters jammer want ware berou is dikwels die wegspringplek tot ware restitusie.
Hulle moord op 'n weerlose persoon is maar net nog 'n teken van die spiraal van geweld wat besig is om ons mooi land te teister. Dis tog ironies hoedat mense wat ewe manhaftig die vuis teen God bal die eerstes is om van die vrees te sidder wanneer hulle self die dood in die o?oet staar - en raai wat? . . . ons sterf almal. Die nuus is tans vol daarvan. |
Vergewe , 11/05/2008, George Adams
Ek dink hulle en hul families is al deur hel die afgelope klomp jare met die ding wat oor hul hang en ek dink nie mens moet hul oordeel oor hul gesigsuitdrukkings op die fotos nie. Ek is seker hul is baie spyt oor daardie aand en as hul die tyd kan terugdraai sou hul dit nie gedoen het nie. Laat hul gemeenskapdiens doen en aangaan met hul lewens. Daar word elke dag mense wreed vermoor in SA en meeste van hul kom skotvry daarvan af. Die staat moet nou die saak los en hul tyd en geld eerder op die nuutste misdadigers spandeer. |
Waterkloof 4 - Genoeg is genoeg, 11/05/2008, Johann
Sterkte vir die von Landsberg broers en sluit nou asb die vier bloedjies op. Jammer mens kan nie sommer van die skuldiges se Ma's ook saam opsluit nie. En gooi sommer hulle selfone ook weg! |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Trud
Dit is met absolute afgryse, dat ek lees dat eerlike mense 'gestraf' word. Ek is baie jammer, maar ek voel geensins jammer vir die 4 aangeklaagdes nie, wel vir die wat eerlik was en gepraat het. Ek was letterlik nou die dag uit die grond geloop deur 4 jongmans, wat gedink het dit is vreeslik snaaks.Geen respek vir ouer mense. Ouers wat nie hulle kinders goeie opvoeding gee nie moet maar die prys betaal vir hulle dade. |
Word wakker!, 11/05/2008, Charles Scheepers
Daar is nie genoeg plek in hierdie spasie om te reageer op al die onsin wat hier geplaas is nie. Daar is reuse gate in hierdie saak. Seriti het homself soveel keer weerspreek in sy uitspraak dat dit lagwekkend is. Gaan dit self na voordat julle so maklik oordeel uitspreek. Almal wil spyt sien oor wat gedoen is, maar niemand is gepla deur die blatante tekort aan stawende feite nie! Hoe kan jy spyt wees oor iets wat jy nie gedoen het nie? Verder moet julle onthou dat die fotos wat geplaas is deur die koerante gekies is om 'n sekere emosionele reaksie uit te lok. Al hierdie onsin is soos soetkoek opgevreet deur mense net soos julle.
Die omstandighede waaronder die broers staatsgetuies geword het is self verdag. Die saak is 'n sirkus van die begin tot die einde. Enige ongerief wat die broers ervaar is maar net 'n direkte gevolg van hulle bydra tot die fiasko. Hulle is nie onskuldig nie en hulle weergawe van die storie word glad nie ondersteun deur die feite nie. Dit is 'n storie gebore uit swak normes en afpersing en aangeblaas deur winde van blinde politieke ambisie ondersteun deur 'n nasie wat te gemaklik is om die feite te ondersoek maar geweldig gretig is om 'n oordeel te vel.
Soos jy oordeel, so sal jy ook veroordeel word! |
Waterkloof-4, 11/05/2008, Michelle Rabie
Was enigeen van julle wat die W4 so met genot veroordeel daardie aand daar? Weet julle wat werklik gebeur het? Was julle in die hof? Het julle ooit enige idee oor hoe en hoekom die Von Landsberg-boeties staatsgetuies geword het? Weet julle dat hierdie saak polities is en dat daar reuse gate in die staat se saak is? Of is julle bloot mediaslawe wat julle dikvreet aan die sensasie? Daar is honderde foto's van die W4 geneem, maar 'n selektiewe paar (waar hulle glimlag - want almal doen dit) word herhaaldelik gepubliseer. Julle durf nie oordeel nie - dis nie jou plek nie. En as jy nie anders kan nie, onthou, jy sal geoordeel word soos wat jy oordeel. |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Mariette Nicholson
Mnr Von Landsberg, jy kan baie trots wees op jou seuns! Hulle het die regte ding gedoen! Lida Pienaar....Liewe hemel vrou - uit watter era is jy??? Natuurlik is 'n kind van 16 al BLEDDIE slim (VERAL hier in SA waar geweld deel van ons daaglikse bestaan is!!!).... bo en behalwe enige gevolge, is dit vir my verskriklik dat daar nogsteeds mense is wat verwys na "ag, dis maar neg stout seuns"... Dis NIE normaal om iemand (wit OF swart) te wil slaan en skop dat hy moet smeek vir genade nie!!!(al WAS dit nie die itensie om hom dood te maak nie). Dan wil ek jou graag vra, Lida Pienaar, indien die Waterkloof 4 (of enigiemand anders) JOU kind so aangerand/vermoor het, sou jy NOGSTEEDS gedink het 'n bietjie gemeenskapswerk is in orde vir straf????
Myns insiens het die 4 seuns nog GEEN berou getoon nie!!! Die enigste rede hoekom hulle "jammer se", is omdat hulle prokureur hulle adviseer dat dit sal goed klink in die hof! Op al die foto's van die 4 in die media lyk dit of hulle vir die Men's Health-tydskrif poseer! In fact, hulle lyk trots daarop om daar te wees!!!! Nee, ek wens NIE die 4 alle hel toe in die tronk nie - dis sal net wonderlik wees dat reg geskied en hulle boete doen vir hulle dade....en miskien eendag berou ervaar en toon! |
WATERKLOOF 4, 11/05/2008, Martie
Sedert die eerste berig in die koerante het ek ontstellend besef dat hierdie kinders gaan boet vir hul daad. Hul arrogansie en hul hanteer van hul nuwe "status" was vir hulle 'n beter "kick" as dwelms. Hul het nog op borgtog in klubs gekuier tot laatnag met jong meisies wat hul bewonder het vir hul "status". Hul het met hul lewens aangegaan en elke dag opnuut getoon dat hul verhewe is bo die konsekwensies vir hul daad. Hulle het met hul lewens voortgegaan want hul het "NIKS" verkeerd gedoen nie. Hoekom? hul ouers het hul laat glo hulle is onskuldig en dat ander vendettas teen hul voer agv hul status. KERN: Kinders maak nie foute nie, dit is die ouers wat die fondament le vir onvoorwaardelike onskuld van hul kinders se dade. En die hartseer van dit alles, die kinders wat moet boet vir hul ouers se geloof in ons is verhewe bo almal,en ons maak nie foute nie, julle moet weet wie ons is selfs in dit wat verkeerd is. "Charity begins at home!!!" |
Waterkloof vier, 11/05/2008, Jan
Dit is die arogansie van wit mense met geld wat op hierdie vier se gesigte gesien kan word. My pa sal betaal vir wat ek aanvang, julle het geen mag nie. Dit is die houding wat die meeste van die kinders het wie se ouers welaf is. Van skoolvlak is dit duidelik sigbaar. Hulle het 'n strafregtelike daad gepleeg, iets wat hulle van kliens af geleer word mag nie gedoen word nie, nou moet geld hulle uit die tronk hou. Hoe kommerwekkend. |
Waterkloof vier, 11/05/2008, anita
Hoekom moet hulle vrygespreek word net omdat hulle ouers geld het en dit terwyl ander in die tronk sit. Dit het nou lank genoeg aangehou en dit mors net die staat se geld en tyd.
Dink hulle nou regtig hulle is beter as ander mense!! |
Waterkloof-4 se 'verklikkers' betaal duur vir hul eerlikheid, 11/05/2008, Chrissie
Nonsens kinders van 16 is nie so onnosel nie. Wat dit eintlik vir jou s?s dat die ouers nie meer verantwoordelikheid aanvaar vir hulle kinders se dissipline nie en dat dit maar net aan die skole oorgelaat word. Dan wil ek net vir die ouers s?Sies" gelukkig as julle eendag in die hemel kom sal julle verantwoording moet doen voor ons Liewe Vader oor dit wat jy jou kind en die samelewing aangedoen het. |
die fantastiese 4, 11/05/2008, pjv
Waneer sluit hulle die 4 nou op? Ek kan nie wag om te sien hoe daai grynslag van hulle gesigte verdwyn nie. Dit is belaglik dat die saak so lank trek. Maar aan die ander kan stel hulle net hulle vrylating uit. Jis, kyk hoe lekker pose hulle daar. Windgatte... |
WK 4, 11/05/2008, Wiets
Ek stem saam met Mnr Van Loggerenberg. Almal kry die 4 bloeitjies jammer. Niemand dink aan die persoon wat daar gele en smeek, wat gebloei het, die leiding wat hy gehad het, Mense moet dink voordat hulle iets doen. Daar is gevolge. DIt is die probleem met ons land. |
Jy kry wat jy verdien, 11/05/2008, Pieter
In n land waar misdaad seevier is dit goed om te weet dat hierdie vier mans die kanse wat hulle in die lewe gekry het nie benut het nie en nou moet slaap in die beddens wat hulle vir hulle self opgemaak het, Ons will graag n ophef maak van ras maar om te sien dat ons wit bevolking nie verhewe bo die wet is nie is ietwat gerusbarend.Nogtans is daar genoeg tekens dat swart op wit geweld as normaal aanvaar word en dat wit op swart geweld as die GROOTSTE euwel nog is. Miskien eendag sal ons n regverdige regstelsel he... OK varke sal ook eendag vlieg. |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Lida Pienaar
Die kinders was net 16 en het nie gedink aan die gevolge wat tot 'n mens se dood gelei het nie. Straf moet hulle definief kry maar ek dink gemeenskapsdiens sal baie beter wees as tronkstraf wat hul net sal verder vernietig siende dat die saak al so lank sloer. |
Waterkloof 4, 11/05/2008, Tony Archer
van Landsberg verdien 'n medalje. Dit kos moed om dit te doen - die vier ander was net lafaards wat nie die woord moed verstaan nie. Wel gedaan! |
Waterkloof vier, 11/05/2008, Miggie
Hoekom is dit altyd so moeilik vir mense om net die waarheid te praat, dit is iets om op trots te wees om te weet jou kinders het die ordentlikheid gehad om die waarheid te praat, wat my aanbetref is dit iets baie wreeds gewees wat hulle almal gedoen het, maar net die feit dat hulle jammer was daaroor en dit herken het maak dit beter om te hanteer. Ek s?aar altyd jy het 'n keuse en net jy kan besluit watter pad jy wil loop en jou seuns het die regte besluit geneem. |
Waar is die spyt?, 11/05/2008, Watter Kloof
Ek vra asb. haal vir my een berig aan waar die spyt van die kinders op die fotos gesien kan word. Hulle poseer op al wat foto in hul pragtige pakkies.
Nie vir een oomblik het ek op die foto's oor die afgelope 7 jaar, spyt op die gesigte van die 4 gesien nie!
Ek sak my kop in skaamte! Mnr. Von Landberg is reg! Almal het die kans gehad! |
 |
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
 |
|