News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Saambou-saak kos hom R4 m.
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Charles Edwards, gewese finansiële direkteur van Saambou, gesels oor die pad wat hy moes stap om sy naam in ere te herstel. (Foto: Lisa Hnatowicz)

Verwante Berigte
  • Koerantberig lei tot bank se ineenstorting

  • Pretoria

    Sewe jaar van sy lewe en regskoste van meer as R4 miljoen.

    Dit is wat mnr. Charles Edwards, gewese finansiële direkteur van Saambou, moes betaal om te bewys hy het nie R640 miljoen gesteel of veroorsaak dat die bank in duie stort nie.

    “Sewe jaar lank het ek net bates verkoop om geld in die hande te kry, eers vir my regsverteenwoordiging in die ondersoek van die Raad op Finansiële Dienste (FSB) en toe vir my regskoste vir die verhoor in die Pretoriase hooggeregshof,” sê Edwards.

    Net verlede jaar moes hy sy wildplaas by Vaalwater duskant die Waterberge, die plek waarvoor Edwards en sy vrou, Elize, geleef het, verkoop om nog geld te kry vir regskoste.

    “Ek kon in dié tyd geen risiko’s loop nie, want ek kon dit nie waag om geld te verloor nie. Dit gaan ’n groot aanpassing wees om net weer normaal te begin dink,” sê Edwards.

    Die afgelope week het regter Willie van der Merwe hom en mnr. Anton de Clercq, sy medebeskuldigde wat ’n rekenmeester by Saambou was, in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek op dertien aanklagte van diefstal en bedrog.

    Ontslag op al die aanklagte is aan albei mans toegestaan nadat die staat sy saak gesluit het. Van der Merwe het in die opsomming van sy getikte uitspraak van 150 bladsye gesê hy sluit wyle mnr. Johan Myburgh, voormalige besturende direkteur van Saambou, daarby in.

    “Dit is moeilik om te begryp hoe Edwards en De Clercq ’n gemeenskaplike oogmerk kon gehad het om te bedrieg of valse voorstellings te maak waar die finansiële jaarstate telkens goedgekeur is,” het Van der Merwe bevind.

    Edwards sê hy hoop Van der Merwe se bevinding is “salf” vir al die voormalige personeel van Saambou wat hulle kan sus aan die wete dat nóg hulle nóg hul base “só sleg” was.

    Sedert die bank in 2001 onder kuratorskap geplaas is, kon nie een van dié mans jaarliks die reünies bywoon wat Saambou se personeel gereël het nie.

    Hulle is ingevolge hul borgtogvoorwaardes verbied om met 107 van hul destydse kollegas te praat wat potensiële staatsgetuies teen hulle was. “Dit het gevoel soos ’n familie wat uitmekaar geruk word,” sê Edwards.

    Hy sal nooit dié dag vergeet toe die Skerpioene om 07:00 by sy huis opgedaag en alles daarin, van ornamente tot sy klavier, tot ná 17:00 haarfyn deursoek het vir bewysstukke nie.

    Ook nie hoe vernederend dit was toe sy vrou nie met haar motor kon ry voordat die enjinkap ook vir “bewyse” deursoek is nie.

    Tog is Edwards nie bitter nie. “Dit was ’n slegte, baie swaar ervaring, maar ook ’n ongelooflike geestelike verdieping. Die Here was elke dag met ons,” sê hy.

    Edwards is wel bitter jammer dat Myburgh, wat verlede jaar sy stryd teen kanker verloor het, nie kon leef totdat sy naam ook in ere herstel is nie.

    “Selfs toe hy op sy siekste was, het hy gesê die saak moet voortgaan, al moet daar ’n videoverbinding tussen hom en die hof wees. Die saak het sy tol van ons almal, maar veral van Johan (Myburgh) geëis. Ons het geweet ons is onskuldig, maar was magteloos omdat ons oornag van ons geloofwaardigheid gestroop is,” sê Edwards.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Saambou, 12/05/2008, Ex Saambouer
    Aan Henk.. Lees die berig wat op 10 Mei 2008 gepubliseer is en gaan hoor by die betrokke joernalis waar jou geld is. Ek is bly om te hoor die ons ex-base nie skuldig is nie! Het dit altyd geweet! Saambou se base het altyd integriteit gehad. dis jammer so goeie bank is gesink agv een mens se wraagsugtigheid.
    saambouw, 12/05/2008, henk
    dit maakt nog niet goed dat die bank mij nog bijna een miljoen schuld
    Charles Edwards, 12/05/2008, Christa Cromhout
    Liewe Nig Elize en Charles Ek is baie, baie dankbaar dat alles verby is. Nou kan jul aangaan met jul lewens. Ons was altyd en sal altyd lief bly vir julle. Christa (tannie Lana)
    saambou - besigheid, 11/05/2008, Sakkie de Villiers
    ek baie graag met die betrokke heer - Mnr Edwards in aanraking kom inverband met besigheid. Kan eimand vir my help
    Sluiting van Saambou, 11/05/2008, Henk Els
    Hiermee wil ek graag nie net vir Charles Edwards nie, maar alle Saambou personeel s?at om 'n Saambou klient te kon wees, net een groot plesier was. Julle was altyd puik. Geluk met julle onskuldig bevinding, dalk sal hulle nou die ploitiek spelery los en na die werklike skuldiges begin soek.
    Afrikaner, 11/05/2008, Creedo
    Nou vra ek, waar is die Afrikaners as gemeenskap nou, om hierdie familie wat gestroop is van hul geloofwaardigheid by te staan en te ondersteun nie net geestelik nie, maar ook finansieel. NEE JULLE SKITTER IN JULLE AFWESIGHEID, DIE GROOTSTE KENMERK VAN ONS AS AFRIKANERS, VERLEKKER ONS IN ANDER SE PYN EN LEIDING, DAN NOEM DIE MEESTE VAN JULLE, JULLE CHRISTENE, SIT VOOR IN DIE KERK, BELAGLIK. ONS VERDIEN WAAR ONS SIT IN DIE NUWE POLITIEKE BESTEL. AMEN
    Saambou, 11/05/2008, Leona
    Well done, Oom Charles!!!!!
    Charles Edwards, 11/05/2008, Dr Jannie Lubbe
    Ek wil hierlangs vir Mnr Charles Edwards geluk weens dat hy onskuldig bevind is. Nou kan hy en Elize en die kinders voortgaan met hulle lewe. Ek was 'n geruime tyd hierdie familie se pastoor in Benoni. Charles en Elize was nog altyd, tot vandag, 'n inspirasie vir my. Tot vandag gebruik ek Charles se nederige en opregte gesindheid en houding in van my preke. Vir geen oomblik het ek hom verdink van oneerlikheid nie; hy en Elize was altyd eerlik en opreg. As christene was en is hulle tot vandag, onberispelik. Hulle was letterlik deur die hel van 'n hofsaak wat hulle ook finansieel mank en gewond gelaat het. Hulle het baie verloor maar ek glo hulle is geestelik sterker. Charles en Elize, God het nie elke dag 'n veilige reis belowe nie; Hy het wel 'n veilige aankoms in die Hemel belowe. Ek bid vir julle, en hoop dat julle my sal kontak per e-pos.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
        Stem
    Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
    Ja, beslis!
    Nee, beslis nie!
    Ja, maar...

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo