| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Winkel gryp in om hans seekoei te red Willem Pelser
Hoedspruit Die kettingwinkelgroep Woolworths het die afgelope week ingegryp in die herrie oor Jessica, die wêreldbekende mak seekoei van Hoedspruit. ’n Groenteboer wou haar skiet omdat sy op sy plaas gaan kos soek het. Mnr. Sybrand van Vuuren het by die departement van natuurbewaring in Limpopo aansoek gedoen om ’n permit om Jessica te skiet. Hy het nie wildwerende heinings nie en sy plaas grens aan dié van mnr. Tonie Joubert. Joubert en sy vrou, Shirley, het Jessica hans grootgemaak nadat sy in die vloed van 2000 van haar ma geskei is. Woolworths koop op groot maat groente by Van Vuuren en hulle het hom laat weet “Jessica mag nie leed aangedoen word nie”. Mnr. Julian Novak, hoof van Woolworths se kosafdeling in dié winkelgroep se hoofkantoor in Kaapstad, sê die groep was ook in verbinding met ander kettingwinkelgroepe wat produkte by Van Vuuren koop. Hulle het dié winkelgroepe versoek om ook druk op Van Vuuren uit te oefen om Jessica nie te skiet nie. Volgens Novak sal hulle “dit nie duld” dat hul verskaffers strydig optree met Woolworths se beleid oor die behandeling van diere nie. Van Vuuren het daarna die versekering gegee dat hy Jessica nie sal skiet nie. Joubert het gesê hy is baie tevrede met Woolworths se ingryping. Hy glo egter baie meer moet gedoen word om wilde diere te beskerm wat naby plase bly. “Ek het Woolworths gevra om ’n beleid te aanvaar wat boere by wie hy produkte koop verplig om hul plase met wildwerende heinings te omhein,” sê Joubert. Volgens hom het Woolworths die Trust vir Bedreigde Natuurlewe gevra om kenners te stuur om hierdie week na Jessica se geval te kom kyk met die oog op ’n permanente oplossing. Kommentaar kon nie van Van Vuuren bekom word nie. • Minstens een seekoei, ’n bul genaamd Charlie, is al geskiet deur boere in Joubert se omgewing. Charlie is deur ’n groenteboer in sy lande doodgeskiet. Benewens in talle koerantberigte is Jessica al onder meer gesien op die Animal Planet-televisiekanaal op DStv. Joubert het Vrydag gesê hy het jare gelede al aangebied om vir ’n wildwerende heining om Van Vuuren se lande te help betaal.
|
|||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|