News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Zoid se nuutste album ’n ‘satire vir vyfjariges’
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Karen Zoid. (Foto: Deaan Vivier)

Verwante Berigte
  • Video: Karen Zoid - Postmodern World

  • Johannesburg

    Karen Zoid, bekroonde Sama-rocker, sing kinderliedjies op haar nuutste album wat deur haar 15 maande oue babaseun, Ben, geïnspireer is.

    Want, sê Karen, sy kan as ma “net na soveel klokkies en xilofone luister”.

    Popster, die titel van haar kinderalbum, is “satire vir vyfjariges”, opvoedkundige musiek gemik op kinders tussen vyf en tien.

    Op die album, wat saam met die opvoedkundige vervaardiger Louise van Niekerk aangepak is, sing Zoid saam met verskeie kunstenaars, soos Jannie Moolman, oor onderwerpe soos die “goue woordjie”: asseblief.

    Ja, haar lewe het verander en dié stap is myle verwyderd van die tyd toe sy die ore laat tuit het met Suid-Afrikaanse rock-mylpale soos Afrikaners is plesierig.

    “As ek só iets (soos die kinderalbum) drie jaar gelede gedoen het, sou dit fake gewees het. Mense sou daardeur kon sien. Ek doen goed wat vir my iets beteken op die tydstip waarop ek my bevind.”

    En sy is eintlik “baie konvensioneel”, sê Zoid, wat verlede naweek by Sun City met ’n Sama-toekenning as die land se beste vroulike sanger vereer is.

    Sy beskou haarself as ’n Christen, ’n goeie ma vir haar seun, ’n goeie vrou vir haar man en ’n stoere ondersteuner van Helen Zille en die Demokratiese Alliansie.

    Sy word nie meer deur haar kritici veroordeel oor waaghalsige skoktaktiek soos toe sy met ’n oopgeknoopte broek in Potchefstroom die oë laat rek het nie.

    “Deesdae veroordeel mense my eerder op ’n sosiaal-politieke vlak. Daar is goed waaroor ek sterk voel en ek is nie skaam om dit te sê nie. Dit is soms net nie die moeite werd om diplomaties te wees nie.”

    Sy dink byvoorbeeld die ANC-leier, mnr. Jacob Zuma, is ’n “swak voorbeeld vir jong mense in Suid-Afrika”.

    “Vigs is orals in ons land. En dit is geen geheim dat hy verskeie bedmaats het nie.”

    Post Modern World, die album waarmee sy kunstenaars soos KB, Louise Carver, Tasha Baxter en Zonke in die kategorie vir beste vroulike kunste-naar uitgestof het, was ook ’n weer-spieëling van die tydstip waarop sy haar verlede jaar ná Ben se geboortebevind het.

    “Die meeste ouers sal met my saamstem dat jou idee van die wêreld verander sodra jy kinders het. As jy voorheen gekla het oor alles, wil jy nou die verandering maak.”

    En met Popster wil sy dié benadering verder voer deur kinders én hul ouers op te voed.

    “Jy kyk nie meer in jouself nie, jy kyk na die wêreld om jou.

    “En kinders leer hul slegte gewoontes by hul ouers aan. J? leer hulle jok. Kinders is nie rassisties of homofobies nie. Hulle leer dit by hul ouers.”

    Post Modern World, wat in 2007 uitgereik is, is ook haar eerste album wat net Engelse liedjies bevat – ’n teleurstelling vir sommige van haar Afrikaanse rockaanhangers, maar volgens haar ’n stap wat daartoe gelei het dat meer mense wêreldwyd haar musiek kan geniet en verstaan.

    Sy wys daarop dat sy nie musiek maak wat ander mense en groepe moet “impress” nie. Sy wil en sál veelsydig wees.

    “So lief soos wat ek vir die mense is wat my ondersteun: I’d rather be hated for who I am than loved for who I’m not.

    “Ons het al ons aanhangers belowe ons sal ná Post Modern World ’n vollengte Afrikaanse album opneem, maar die kinderalbum is seker nie presies wat almal in gedagte het nie,” sê sy met ’n stoute laggie.

    Miskien sal die album ná Popster weer meer lawaaierig wees, “tyd vir maskara en boots”.

    Maar nou gaan sy, haar man, Don, en hul band eers alles in hul vermoë doen om die Sama-toekenning tot hul voordeel te gebruik.

    “Ons moet nou die toekenning vat en as ’n tool gebruik om nóg deure oop te maak. Miskien gee dit ons ’n groter kans dat nóg meer mense na ons werk sal luister.”

    • ’n DVD van Post Modern World word volgende week uitgereik.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
        Stem
    Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
    Stille diplomasie
    Militêre ingryping
    Uitgebreide sanksies

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo