| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Bose Roelien groet vir eers om ‘ander dingetjies’ te doen Karin Burger
Kaapstad Ná wat sy aan die Binneland-kliniek se geliefde dr. Rico Martins gedoen het, is Roelien loshande die mees gehate televisiekarakter in die land. En Sarahann Doherty, die aktrise wat die rol van die bose rooikop in die sepie Binnelanders speel, voel dit aan die bas. Sy oorweeg dit al om vir ’n ruk in haar huis weg te kruip, het Sarahann die afgelope week laggend gesê. “My vriende vertel hulle hoor gereeld hoe mense sê hulle gaan Roelien omry as hulle haar ooit op straat sien,” sê sy. Sarahann se laaste dag op die stel van Binnelanders was vroeg in Maart, maar haar Roelien-karakter gaan kykers “nog ’n paar dae” kwaad maak. In Binnelanders het Roelien die ontvoering van haar eie kind gereël om ’n losprys van haar pa en man te eis. In die proses skiet sy ’n medepligtige dood én sy probeer haar vriend Martins (James Alexander) vermoor. Haar pa (gespeel deur Hans Strydom) doen nou alles in sy vermoë om haar uit die tronk te hou. Vrydagaand is episode 401 uitgesaai. Sarahann, wat sewe jaar in Amerika gestudeer het voordat sy vier jaar gelede na Suid-Afrika teruggekeer het, sê dit is nou tyd om “ander dingetjies” te doen. “Ek was drie jaar in Binnelanders. Boonop is Roelien só ’n sterk karakter dat as ek haar te lank speel, gaan mense my altyd as Roelien sien.” Die moontlikheid bestaan wel dat sy na die reeks kan terugkeer. “Die base is ongelooflik en die ander akteurs is my beste vriende – ons is soos ’n familie,” vertel sy. Sarahann fokus nou op The Playhouse, haar toneelskool in Boksburg waar sy meestal hoërskoolleerlinge en jong volwassenes die fyner kunsies van toneelspeel leer. Sy open binnekort nog ’n skool in Johannesburg. • Elsje Stark, wat saam met haar man, Friedrich, die vervaardigers van Binnelanders is, sê die publiek is woedend vir Roelien. “Ek dink dis dalk ’n uitlaatklep vir ander frustrasies ook. Nou moet die Roelien-karakter dit ontgeld,” verduidelik sy. “Mense is lief daarvoor om iemand te haat.” Sy gee die versekering dat die opwinding beslis nie minder raak wanneer Roelien en Rico die reeks verlaat het nie. “Daar kom nog baie interessante storielyne,” sê sy geheimsinnig.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|