| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Oubaas se honne kom tuis ná lang hofstryd Maryna van Wyk
Bethlehem Een van die land se bekendste beroepsjagters, wat daarvan aangekla is dat hy sy trop jaghonde mishandel het, kon Vrydag ná twee jaar sy geskutte honde huis toe neem. Al nege honde is plaas toe – Rosie, Rommel, Worsie, Laksman, Kaptein en die ander – asook ses kleintjies wat gebore is by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) waar hulle geskut is. Die DBV het die saak teen mnr. Johan Strydom van Bethlehem aanhangig gemaak. Maar Strydom is onskuldig bevind op vier aanklagte van die verwaarlosing van nege van sy jaghonde. Hy is skuldig bevind aan ’n vyfde aanklag deurdat hy ’n DBV-beampte wat ’n hofbevel gehad het om beslag te lê op sy honde verhinder het om dit te doen. Hy is gevonnis tot ’n boete van R4 000 of ses maande tronkstraf waarvan R2 000 of drie maande vir vier jaar opgeskort is. Strydom se uitgerekte hofstryd met die DBV het in Mei 2006 begin toe daar op nege van sy jaghonde beslag gelê is. ’n Woedende Strydom het probeer keer dat sy honde verwyder word. Landdros Ria Visser het bevind die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat Strydom sy honde verwaarloos het nie. Strydom teel al dertig jaar jaghonde. Volgens Visser was toestande in die hondekampe op sy plaas, Lucia, ook van so ’n aard dat dit nie nodig was om al 72 honde wat Strydom destyds gehad het, te verwyder nie. En dis duidelik dat hy nie onverskillig is oor die mediese versorging van sy honde nie omdat hy derduisende rande daaraan bestee. Twee veeartse, drs. Sunelle Strydom en Ben Potgieter, het vroeër vir die staat getuig dat die honde waarop beslag gelê is in ’n swak toestand was. Party was glo siek en ondervoed. ’n Verligte Strydom het ná die uitspraak dadelik reëlings getref om sy honde by die DBV in Bethlehem te gaan oplaai. Hy sê die hofsaak het hom R100 000 gekos. Sy gastehuis, kroeg, restaurant en jagbedryf het ook groot finansiële skade gely. “Ek is as ’n dieremishandelaar gebrandmerk voordat ek my onskuld kon bewys. My honde het al twee keer my lewe tydens luiperdjagtogte gered. By my gaan my honde op pensioen dood,” sê hy. Strydom sê hy wil nou graag hê die DBV moet elke maand sy hondekampe besoek. Die nege jaghonde is volgens hom tans oorgewig, maar sal oor twee maande weer aan ’n jagtog kan deelneem. Hy sê ’n goed opgeleide jaghond is sowat R50 000 werd. Mev. Mara van Vuuren, voorsitter van die DBV, het hartseer van die honde afskeid geneem. “Ek is teleurgesteld oor die uitspraak,” het sy gesê. “Ons het gehoop Strydom sou sy honde nie terugkry nie. Hy gebruik hulle om ander diere, veral groot katte, te jag. Dit is oneties.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|