| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Britte ontdek biltong-vreugde Pieter Malan
Londen Dis so Suid-Afrikaans soos braaivleis en Springbokrugby; wie sou dus ooit kon droom dat die Engelse ’n voorliefde vir biltong sou ontwikkel? Tog is biltongmakers in Brittanje dit eens dat al hoe meer Britte besig is om die vreugde van biltong saam met bier of as peuselkos op die lang pad te ontdek. Selfs die room van dié land se weermag, die Royal Marines, het verlede jaar biltong saamgeneem om hulle krag te gee op ’n uitmergelende ekspedisie om sowel die Suid- as die magnetiese Noordpool te voet te bereik. In die verlede moes biltong-eters hulle wend na winkeltjies wat ook in ander eg Suid-Afrikaanse produkte, soos Niknaks, Ouma-beskuit en Klipdrift-brandewyn, spesialiseer. Maar deesdae sien mens pakkies gesnyde biltong in menige Britse hoekkafee en vulstasiewinkel. Een van die mense verantwoordelik vir dié revolusie is Colin Parker, die onwaarskynlikste biltongamassadeur denkbaar. Parker is so Engels soos ’n ale met vis en tjips. Hy het geen Suid-Afrikaanse familielede nie en was nog nooit in Suid-Afrika nie. Maar desondanks is hy een van die grootste biltongprodusente in Brittanje. Saam met sy vriend en vennoot Andy Parry, wat ook geen Suid-Afrikaanse bande het nie, produseer en verkoop hul onderneming Coan Biltong elke maand 5 ton bil-tong. Anders as die meeste ander biltongmakers fokus hulle glad nie op die duisende “Saffas” in Brittanje om dié berg biltong op te eet nie. “Daar is oorgenoeg sake – dis nie nodig om net op Suid-Afrikaners te fokus nie,” sê Parker oor hul besluit om die lekkerny ook aan Britte te bemark. Parker is meer as tien jaar gelede aan biltong bekend gestel deur ’n Suid-Afrikaanse meisie met wie hy ’n vakansieromanse gehad het. Vandag is hy nie eens meer heeltemal seker wat Paula se van was nie, maar sê hy is haar baie verskuldig. Hy en Parry het aanvanklik skyfies, neute en – danksy Paula – biltong gesmous. “Die biltong het só goed verkoop dat ons drie jaar gelede besluit het om ’n fabriek te be-gin en uitsluitlik daarop te fokus.” Larry Susman, wat al meer as 30 jaar lank by Newhaven, suid van Londen, biltong maak, stem saam. As alleenleweransier aan die luukse afdelingswinkels Harrods en Selfridges is Susman die man wat die Engelse high society se biltonglus bevredig. Hy sê biltong se gewildheid neem toe veral vanweë die groot aantal Britse toeriste wat Suid-Afrika besoek en terugkom met ’n groot biltonghonger. Deesdae het hy ook ’n hele paar Engelse rugbyspelers en Premierliga-sokkerspelers as klante. Hulle is deur Suid-Afrikaanse spanmaats daaraan bekend gestel en hou van die hoë protein-inhoud en die feit dat dit soveel lekkerder smaak as die proteinstafies in Britse gesondheidswinkels. • Die Britse departement van omgewingsake sê biltong mag beslis nie van Suid-Afrika na Brittanje gebring word nie. Doeane-amptenare het verlede jaar meer as 73 ton vleis (wat biltong insluit) op Britse lughawens gekonfiskeer.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|