News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:09  - (SA)  
Meeste van SA topskole op nuwe lys is nié private skole
Carien Kruger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Gladys Matolong leer die gr. 9's van Cornerstone College, een van die skole op die Allan Gray Orbis-stigting se lys van topskole. Links is Tshepo Rakomane en regs Khotso Tshikare. (Foto: Lisa Hnatowicz)


Pretoria

Suid-Afrika se goeie openbare skole is die enjin van die land se akademiese prestasie en moet gekoester word.

Só sê mnr. Anthony Farr, uitvoerende hoof van die Allan Gray Orbis-stigting, oor die byna 60% openbare skole op sy lys van 73 top- hoër skole.

Dit is die eerste keer dat die organisasie ’n lys van uitnemende skole (Circle of Excellence) saamstel.

“Dié skole is nasionale bates wat erken en ondersteun moet word. Ons kan hulle nie net as vanselfsprekend aanvaar nie,”sê Farr.

Daar is net enkele Afrikaanse skole op die lys omdat net skole met ’n redelike vlak van diversiteit ingesluit is.

Mnr. Allan Gray, stigter van die beleggingsmaatskappy Allan Gray, het die stigting in 2005 op die been gebring om jong mense met entrepreneurspotensiaal te identifiseer en te help ontwikkel.

Op hoërskoolvlak is 12 leerlinge reeds deel van die program en op universiteitsvlak 140 studente.

In die proses om die regte jong mense vir die program op te spoor, het die stigting besef 60% van die leerlinge wat in die laaste twee jaar die finale stadium van keuring bereik het, kom van 40 skole.

Dit strook met navorsing deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemerskap (CDE) waarvolgens 70% van die matrieks wat wiskunde in die hoër graad slaag, uit 11% van die land se 6 500 hoër skole kom.

Verskeie Wes-Kaapse skole is op die lys, soos die Afrikaanse Hoërskool D.F. Malan in Bell-ville, die Hoërskool Tygerberg in Parow en die Paul Roos-Gimnasium in Stellenbosch.

Gauteng, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal spog ook met ’n hele klomp skole op die lys, maar geen skool in Mpumalanga het die paal gehaal nie.

Die Eunice-meisieskool in Bloemfontein is die enigste Vrystaatse skool op die lys en die Khanyisa Education Centre en die Tiger Kloof Educational Institution die enigstes in onderskeidelik Limpopo en Noordwes.

Kliek hier vir die volledige lys van skole wat op die Circle of Excellence-lys verskyn.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Meeste van SA se top skole is nie privaat skole nie., 11/05/2008, 14/05/2008, Lampies Cornelius
Stem saam met die kommentaar wat reeds gelewer is en vind veral die gevolgtrekking in die artikel rakende die relatiewe posisie van staat/privaat skole ondeurdag. Om die kwaliteit en effektiwiteit van skole ewewigtig te meet is uiters moelik. Een of ander kriterium word altyd vooropgestel. Die rede waarom daar so min Afrikaanse skole is word byvoorbeeld gegee as "... net skole met ?n redelike vlak van diversiteit ingesluit is." Wat beteken dit? Wat is diversiteit in skoolverband? Is Afrikaanse skole se "diversiteit" "onredelik" omdat dit wyd is?
Circle of exellence schools, 13/05/2008, Helena Schreuder
Het al die skole kans gekry om deel te neem aan die ondersoek? Wat was die kriteria? Ek is 'n ouer van 'n seun in 'n Afrikaanse skool in PMB, wat definitief op die lys hoort!As alle skole nie die kans gekry het om deel te wees van die ondersoek nie - wil ek net noem dat hulle benadeel word agv publisiteit wat die ander wel kry!!!!
Circle of excellence skole, 12/05/2008, Daan Pienaar
Kriteria wat die topskole van Pretoria, Paarl, Potchefstroom en die platteland uitsluit, behoort dringend hersien te word. Is die prestasies van leerders na Matriek gemeet? Indien nie, kan die bevindigs van die ondersoek nie as geloofwaardig beskou word nie.
"TOP" Skole?, 12/05/2008, Michelle Mar?r> Ek is erg ontsteld dat daar nie noemenswardig kennis geneem is van ons uitstekende Afrikaanse skole nie. Top skole so Ho?kool Bekker wat die enigste landbouskool in Gauteng is en Ho?Tegniese Skool Nic Diederichs. Ek is Engels gebore en woon tans in die Johannesburg-area en kan getuig dat van die sogenaamde "TOP" Engelse Skole nie naastenby op dieselfde standaard is van die twee skole hier genoem.
Topskole, 11/05/2008, 12/05/2008, Wessel van Tonder
So 'n berig behoort nie geplaas te word as die kriteria waarvolgens vergelyk is, nie ook vollediglik gepubliseer word nie. Tans skep die berig 'n skewe / verdraaide beeld van die stand van skole in Suid-Afrika. 'n Skool soos Die Ho?kool Menlopark is landwyd bekend vir volgehoue uitmuntende prestasies op velerlei terreine. Daar is byvoorbeeld net enkele skole in Suid-Afrika wat, op grond van Wiskunde-prestasie, in die Minister van Onderwys se Klub 100 ingesluit is - waarvan Menlopark een is. As uitmuntende prestasie nie die kriteria is nie, wat is daar dan wat die misleidende(?) term "topskole" regverdig?
SA Top Schools- criteria ?, 12/05/2008, Karen Pearson
Why are there no Afrikaans medium schools on this list, only English medium schools ? Is there a seperate list of Afrikaans medium schools. If there is no seperate list - it will be interesting to find out what the criteria are, to qualify for this Circle of Excellence list. Please would you publish the criteria.
Top skole, 12/05/2008, Colin Campbell
Sluit die Afrikaanse Ho? en Laerskole se akademiese prestasies uit en hierdie organisasie sal agterkom dat die totale prestasie beduidend sal afneem.Afrikaanse Ho? en Laerskole wat ook al gedwing is om parallelmedium skole te word se akademiese prestasies is oorwegend beter as die ander taalgroepe, veral op die platteland. Gee erkenning aan skole, maar onthou 'n plattelandse Afrikaanssprekende Laerskool se kriteria is moeilik meetbaar teenoor die in in ryk stadsgebiede. Kriteria moet eerlik wees en moet dien as opbouende kritiek, en nie politieke ens. vooroordele nie.
Top-skole, 12/05/2008, Hanlie Mostert
Baie geluk aan die skole wat wel mnr. Gray se lys gehaal het. Sou graag wou weet hoe (en of hulle wel) onderskeid tref tussen makro, medium & klein skole. Ons skool het 'n trofee vir beste plattelandse skool vanaf Minister v Onderwys ontvang en is by uitstek uitnemend en behaal groot diversiteit. Wonder maar net?
Uitstekende akademiese opvoeding, 11/05/2008, Lida Keet
As ouer van 'n leerder aan een van die AFRIKAANSE KAAPSE HO?KOLE wat die lys vir akademiese uitnemendheid gehaal het,net 'n vriendelike teregwysing aan die ouer wat sy kind eerder in 'n Paarlse skool wil plaas: hier leer ons nie net Wiskunde nie, ook Afrikaanse spelling.Ek is trots op die skool waar akademie sy besigheid is!
TOP SKOLE, 11/05/2008, Dave van der Walt
Besef die samestellers dat daar puik skole op die platteland is? Hier by ons dink ek dadelik aan HS Oudtshoorn, HS Outeniqua, ens. Stel asb die kriteria bekend sodat ons kan sien waaraan skole gemeet word.
Waaruit word die uiteindelike lys saamgestel?, 11/05/2008, Henrietta Klaasing
Word daar ooit gekyk na die uiteindelike tersiere prestasies van skoliere? Dit is een ding om op skool te presteer, maar iets heel anders om uiteindelik op Universiteit klaar te maak en sigself in die wereld daar buite te handhaaf, sonder om 'n " politieke aanstelling" te wees.
Top Skole, 11/05/2008, Ben Chowles
Dit is duidelik dat as Afrikaanse skole ingesluit is, hulle die top 10 of 20 plekke sou oorheers het en dit sal nie goed afgaan in 'n omgewing waar diversiteit ten koste van prestasie gepromoveer word nie. Ek stem saam met 'n ander reaksie: Skoenmaker hou jou by jou lees...
top skole, 11/05/2008, vdmerwe
stem glad nie saam waar is ons top afrikaanse skole .hoe party skole hier kom weet net die organisasie hulle is nie top skole nie
Grey College, Bloemfontein, 11/05/2008, Chris Human
Waarom is Grey College (Bloemfontein),een van die beste skole in die land, nie op die lys nie?
Wat van Afrikaanse skole, 11/05/2008, Edmund Hattingh
Ek sal graag wil weet of u glad nie Afrikaanse skole oorweeg het nie omdat dit nie divers genoeg is nie. Hoekom moet Afrikaans oor die hoof gesien word.
SA Top skole, 11/05/2008, Johan Lubbe
Dis ironies dat die skool wat die heel beste wiskunde punte gehad het en ook deur die Dept van Onderwys erkening gekry het as die Wiskunde skool van 2007 nie op Mnr Gray se lys is nie! Mnr Gray sit die pot heeltemal mis ! Gelukkig is sy organisasie nie te sleg met beleggings nie ! Skoenmaker hou jou by jou lees!!
Top-Skole, 11/05/2008, Judy de Jager
Waar is Ho?kool Waterkloof wat vir die 2de agtervolgende jaar aangewys is as die top skool in die land met die hoogste slaagsyfer in Wiskunde HG?
Meeste van SA se top skole is nie privaat skole nie., 11/05/2008, Anja Engelbrecht
Dit is dan slegs Engelse skole. Wat is die kriteria waaran voldoen moet word?
Top skole, 11/05/2008, Johan Muller
Dit is onbillik / onregverdig / onlogies as lys van top skole gepubliseer word tewyl Afrikaanse skole ??? (bestaan dit nog ???) uitgesluit word. U motivering om dit so te doen is lagwekkend en hou nie water nie.
Circle of Excellence schools for 2008, 11/05/2008, Herman Klopper
Hoe word die lys saamgestel en wat is die kriteria?Dit lyk vir my na meeste Engelse skole.
Meeste van SA top skole ..nie privaatskole nie., 11/05/2008, Andre Groenewald
Wat beteken "redelike vlak van diversiteit" om die absurde afwesigheid van Afrikaanse skole te motiveer. Dit kan tog nie taaldiversiteit wees nie. Dit sal die navorsingsinstansie loon om byvoorbeeld die Afrikaanse skole van die Wesrand te bekyk om "diversiteit" beter te verstaan. Indien sg Afrikaanse skole by die navorsing ingesluit word, sal dit die geldigheid en waarde van hulle "navorsing" dramaties toeneem.
Top skole, 11/05/2008, Kobus Viljoen
Wat was die kriteria.....sal eerder my kinders in Paarl Gimnasium of Paarl Hoer Joggensskool(Boy's High) sit as party van die Kaapse skole op die lys.
Top Skole, 11/05/2008, Helmien Slabber
Watter kriteria is gebruik? Dis onmoontlik dat sekere skole hierdie lys kon haal. Hoe is dit moontlik dat ons skool 99.4% matriekevrystelling gekry het en die Departement het ons as een van 11 skole in die land bestempel met ons Wiskunde uitslae vir 2007?! Ons het 14 jaar nou al 'n 100% slaagsyfer. Wat van al die Afrikaanse skole wat jaar na jaar die beste resultate kry? Hier is groot fout!
Circle of Excellence schools, 11/05/2008, J Fourie
Hoewel dit veblydend is dat skole wat presteer erkenning geniet is dit egter te betreur dat die maatstawwe wat hiervoor gebruik word nie terselfdertyd bekend hemaak word nie. Skole wat erkenning as top tien skole in Gauteng geniet maak dit nie volgens hierdie peiling nie. Gesien in die lig dat die meeste skole wat hul sout werd is na uitnemendheid streef is dit nogal demotiverend om jou skool se naam nie hier te sien nie - dit terwyl duistere maatstawwe/kriteria 'n oordeel oor jou vel. Die Gauteng Departement van Onderwys is self skuldig omdat maatstawwe vir die jaarlikse Top Tien skole nie algemeen bekend is nie. Waarom word d?wat vir die Departement van Onderwys belangrik is en dit waaraan skole gemeet word nie deursigtig hanteer en aan die skole (wat indirek deelnemers is aan die "kompetisie") bekend gemaak nie. Indien dubbelmedium, veelrassigheid, vrystellingspersentasie, buitemuurse betrokkenheid en prestasie, aantal Wiskunde kandidate en so meer dan die kriteria is, sal skole dit verwelkom om daarvolgens self te kan bepaal waarom hulle dan nie as uitsonderlik in die een of ander maatstaf onderskei word nie.
Meeste van SA se top skole is nie privaat skole nie., 11/05/2008, Johan Snyman
Indien die kriteria waarvolgens 'n skool die lys van 100 haal ook genoem word in die artikel plus hoedanig elke skool daaraan voldoen en of alle skole ge-evalueer is kan die stelling nie gemaak word nie. Daar is heelwat meer staat skole as privaat skole en sou 'n persentasie dalk 'n beter prentjie geteken het. Veral as dit nie elke skool in die land insluit nie!
Top-Skole, 11/05/2008, smit
Stem saam met van die skole, maar wonder net waar is die afrikaanse top - skole van pretoria?
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo