| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Stuur tjek na LAG en word kubusman se genoot Marlene Malan
Kaapstad Die sogenaamde “Afrikaanse Genote” van die oud-kubusbaas, Adriaan Nieuwoudt, belowe om jou te vrywaar van swaarkry in Suid-Afrika. Dit gaan jou vir “die stryd” mobiliseer. En terselfdertyd gaan dit ook sommer kitsrykdom bring wanneer jy mede-eienaar word van ’n reuse-kuierplek “iewers aan die Oranje of in Botswana”. Dis in die Noord-Kaap, in Garies met sy paar honderd inwoners, waar Nieuwoudt met sy nuutste skema bedrywig is – ná sy mislukte, omstrede kubusskema en kaolienmynplanne. Die man wie se vrotmelk-piramide-bedryf die land in die 1980’s op hol gehad het, is druk besig om antwoorde vir Afrikaanssprekendes te vind, luidens ’n advertensie wat al die afgelope maand in dagblaaie verskyn. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede na Garies te SMS, en jy’s bestand teen “moord”, “verkragting”, “vrees” en “swak paaie” wanneer jy in dié toeristekompleks gaan wegkruip. Jou belegging van “ ’n minimum van R1 000 en ’n maksimum van R5 000” verdubbel nie net binne ses weke nie, maar jy skep, saam met “al die Afrikaanse mense in een liggaam”, ’n “ekstra land”. Rapport is in besit van die mate-riaal wat goedgelowiges binne tien dae deur die pos kry as hulle by dié liggaam registreer. Hulle registreer deur hul naam en posadres na die geadverteerde selfoonnommer te SMS. Nieuwoudt se plan is “die waterskeiding tussen bly of ry”. “As ons geld het, kan ons oral leef. As ons niks het nie, kan ons nêrens leef nie,” sê die brein agter “Die Meesterplan vir Afrikaanse Mense”. Dié keer wil hy “met die uitreiking van hierdie Grondwet vir die Afrikaanse Genote, ons geloof en ons geldmag as ons enigste wapen, nou gesamentlik ons voortbestaan verseker”. “Hiermee verklaar ons die mobilisering van die stryd en vra al die Afrikaanse mense om ’n bydrae te maak deur mondelinge of geldelike steun.” Derduisende mense het al geregistreer, sê ene Riana as jy die nommer bel. ’n Hele 16 000 Afrikaanses, om presies te wees. Binne tien dae kry jy die meesterplan, grondwet en jou Genoot-lidnommer deur die pos. Al verdere verpligting op jou as geregistreerde Afrikaanse Genoot is om dan jou Genote-geldjie in hooflid Nieuwoudt se bankrekening te belê. Die grondwet stippel dit duidelik uit: “Ek gee opdrag aan Adriaan Nieuwoudt van Garies om hierdie bydraes na sy goeddunke, tot bevordering van die saak van die Genootskap, te gebruik. Ek is bewus dat dié bydraes onder meer gebruik sal word om vroeëre bydraers mee te vergoed. “Ek sal ’n vergoeding van nie meer as my eie bydrae, plus 100% binne ses weke vanaf datum hiervan, aanvaar.” Nog ’n klousule sê dis moontlik dat jy nooit enige vergoeding vir jou bydraes gaan kry nie – net aandele in ’n “te stigte publieke maatskappy van die Afrikaanse Genote wat ’n reuse-toerismekompleks vir buitelandse toeriste wil oprig”. En indien jy vergeet het wie Adriaan Alettus Nieuwoudt is, verduidelik hy dit self: “Ek is bewus dat Adriaan Nieuwoudt die Kubusman is wat in 1984 R140 miljoen met die kubussage versamel het. Dat die staat dit stopgesit het en dat 88 sente in die rand aan die deelnemers uitbetaal is en dat die deelnemers die AVB verloor het wat aan die Staat betaal was. “Alhoewel niemand dus geld verloor het nie, word hy (Nieuwoudt) steeds deur Rapport en al die koerante van die Media24-groep belaster. “Al wat jy doen, is om jou tjek uit te maak aan: LAG (Liggaam van die Afrikaanse Genote...”
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|