| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Nóg ’n vrou in hofgebou aangeval Sonja Carstens
Pretoria ’n Blinde telefoniste van die Pretoriase landdroshof is in haar kantoor beroof ’n paar dae voordat ’n aanklaer wat veertien keer met ’n mes gesteek is, die departement van justisie vir R2 miljoen dagvaar oor die gebrek aan veiligheidsmaatreëls by die hof. Me. Jeanette Meyer, wat 5% sig het, was Vrydag in etenstyd besig om met haar skootrekenaar te studeer toe drie mans in haar kantoor op die grondverdieping ingestap het. Me. Lizelle Dreyer, ’n vriendin van Meyer, sê die mans het die skootrekenaar, met spesiale programmatuur ter waarde van R10 500, gegryp. Die programmatuur omskep die teks in klank. Die erg getraumatiseerde Meyer (34), wat deur haar kantoorbestuur verbied is om met die media te praat, het vergeefs probeer om die hofgebou se veiligheidsbeamptes te bel. “Dit was etenstyd en niemand het die telefone geantwoord nie,” sê Dreyer. Volgens Dreyer is Meyer afhanklik van dié skootrekenaar en die programmatuur om haar regstudie voort te sit. “Sy het gespaar vir die rekenaar en van haar vriende het geld bymekaar gemaak om die programmatuur vir haar te koop. Dit is van geen waarde vir die rowers nie, maar is vir haar uiters belangrik. Sy sal nooit genoeg verdien om dit te vervang nie,” sê Dreyer. Volgens Dreyer het Meyer se bestuur ná die voorval aan haar gesê die departement van justisie kan nie verantwoordelik gehou word as haar persoonlike artikels uit haar kantoor geroof word nie. Sy moes nie die skootrekenaar kantoor toe geneem het nie. “Dis uiters onregverdig. Die departe-ment trek net skouers op,” sê Dreyer. Meyer se kantoor is vier deure van die kantoor waar Sipho Mnisi (33) me. Marissa Booyse, ’n beheeraanklaer, in September 2006 veertien keer met ’n Okapi-knipmes gesteek en haar van haar selfoon beroof het. Die hofgebou se metaalverklikkers het daardie dag nie gewerk nie. Mnisi is verlede jaar in die Pretoriase hooggeregshof vir vyftien jaar tronk toe gestuur weens die aanval. Booyse, wat die aanval wonderbaarlik oorleef het, het gister aan Rapport gesê haar dagvaarding teen die departement vir hul nalatigheid sal vandeesweek beteken word. Sy kon sedert die aanval nog nie terugkeer na haar werk nie omdat sy sukkel om die traumatiese gebeure te verwerk. Booyse het ook pas gehoor dat haar regterhand vir die vierde keer ná die aanval geopereer moet word omdat een van haar vingers krom trek. “Nie net my hand nie, maar my hele lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Dis uiters ontstellend dat niks nog gedoen is om die veiligheid van die personeel in die hofgebou te verseker nie,” sê Booyse.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|